ʼn 38-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy glo sy vrou en baba in Delft, Kaapstad, doodgeskiet het.
Alles vir Donderdag 13 Maart 2014
Graad 4-dogters teen kanker ingeënt
ʼn Nasionale inentingsveldtog is Woensdag van stapel gestuur om servikale kanker in vroue te verhoed. Duisende graad 4-skooldogters is ingeënt.
E-toluitspraak gelewer
Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Donderdag ʼn aansoek om die e-tolwetgewing ongrondwetlik en ongeldig te verklaar, van die hand gewys.
Een miljoen kerse vir seuntjie met seldsame siekte
Die gemeenskap van Delmas in Mpumalanga het ʼn Facebook-groep gestig om Saterdag 1 miljoen kerse te laat brand vir die tweejarige Dihan Meyburgh wat in September 2013 ʼn beenmurgoorplanting ondergaan het.
Slegs matriek nodig vir pos van provinsiale hoof van misdaadintelligensie
Die minimum akademiese vereiste vir die pos van provinsiale hoof van misdaadintelligensie is slegs tot ‘n matrieksertifikaat verlaag, het Solidariteit Donderdag gesê.
Video: Sterftes by fees toe motor in skare injaag
Minstens twee mense is dood en 23 beseer, waarvan vyf kritiek, toe ‘n motor Woensdagaand tussen ‘n skare in Austin, Texas ingejaag het.
Puk-ondersoekspan bekend gemaak
Die name van die onafhanklike vyfpersoonspan wat ondersoek moet instel oor die Ontvangs- en Bekendstellingsprogram van eerstejaarstudente op al drie kampusse van die Noordwes-Universiteit is Donderdag bekend gemaak.
Meer voertuie deur slaggate beskadig
Die Johannesburgse Padagentskap (JRA) het Donderdag gesê daar is ʼn toename in die aantal motors wat deur slaggate beskadig word.
Departement swyg oor Pelgrimsrus-kontrakte
Die regering in Mpumalanga wou Woensdag nie bevestig dat tenderprosesse vir huurooreenkomste in die toeristedorp Pelgrimsrus gekanselleer is nie.
Taalreël: rimpel
Leer meer in vandag se Taaltoffie oor die gebruik van “rimpel” in sy letterlike en figuurlike betekenis
Man vermoor glo vrou, baba
ʼn Man het na bewering sy vrou en baba in Delft in Kaapstad doodgeskiet.
Nuuskommentaar: O Katrina, daar’s water – sommer baie water
Sommer amper in dieselfde asem word berigte van ‘n knellende droogte – die ergste sedert 1933 – opgevolg deur berigte van oorstromings, lewensverlies en skade.
E-tol uitspraak word gelewer
Die Wes-Kaapse hooggeregshof sal na verwagting Donderdag uitspraak lewer of e-tolwetgewing ongrondwetlik en ongeldig is.
Bloulig-tiener: Bestuurder vandag gevonnis
Joseph Motsamai Semitjie, wat daarvan beskuldig word dat hy die tiener Thomas Ferreira met ʼn blouligmotor omgery het, sal na verwagting Donderdag sy lot in die Krugersdorpse landdroshof hoor.
‘High five’ na aanranding van voormalige vlootsoldaat
Blayne Shepard het ʼn voormalige vlootsoldaat in die Royal Marines glo geskop voor hy ʼn vriend ʼn ‘high five’ gegee het op 23 Maart verlede jaar na ʼn Superrugby-wedstryd tussen die Haaie en die Melbourne Rebels op Kings Park in Durban.
‘Stryd teen misdaad verskerp,’ sê minister
Die regering het sy stryd teen ernstige misdade verskerp, het Jeff Radebe, minister van justisie, Woensdag gesê.
Herschelle Gibbs gekap oor Oscar-twiet
Die voormalige Protea-kolwer Herschelle Gibbs het Woensdag onder skoot gekom weens ʼn twiet oor die Oscar Pistorius-moordverhoor.
Gedagte vir die dag: Die Here vergewe en maak jou gesond
Psalm 103:3 – Dit is Hy wat my vergewe as ek verkeerde dinge doen. Hy maak my gesond. Sonder verwoes. Kant en klaar. Dis hoe…