China het pas die bou van ʼn verhoogde prototipe bus voltooi wat as’t ware “bo-oor” verkeersknope gaan ry.
Alles vir Vrydag 5 Augustus 2016
Gert Johan Coetzee gee beurse vir mode-entoesiaste
Drie studente staan vanjaar die kans om ʼn Gert Johan Coetzee-beurs vir modeontwerp en modekommunikasie aan die Northwest School of Design in Klerksdorp te ontvang. Aansoeke vir dié beurse word nog ingewag tot 15 Augustus.
DA vat glo wyke by ANC in eThekwini
Hoewel die amptelike stemuitslae vir die eThekwini-metro (Durban) nog nie deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) gefinaliseer is nie, hou die DA vol dat hy die ANC in tien wyke onttroon het.
Voortrekkers trek oor Drakensberge vir 85ste verjaarsdag
Die Voortrekkers skop op 6 en 7 Augustus hul twee maande lange reeks verjaarsdagvieringe vir hul 85ste bestaansjaar af met die grootste trek oor die Drakensberge sedert die Groot Trek 179 jaar gelede.
Stappe kom teen studente ná UJ-ouditorium afbrand
Die Universiteit van Johannesburg (UJ) sal voortgaan met dissiplinêre stappe teen ʼn groep studente wat na bewering die universiteit se ouditorium op die Aucklandpark-kampus in Mei aan die brand gesteek het.
ToekomsVenster: Ken die krag van die Gees
ʼn Kragtelose geloofsgemeenskap is ʼn anomalie. Alle gelowiges behoort in en deur die krag van die Heilige Gees te lewe! God se werk in jou is nie afgehandel toe jy tot geloof gekom het nie! Jy is geroep om die evangelie van Christus se redding met krag te bedien en nie slegs te ontvang nie! Laat toe dat die Heilige Gees in jou ʼn honger na sy buitengewone seën en gawes wakker maak.
[Verkiesing] Waarnemers tevrede, maar …
Waarnemers van die Verkiesingsinstituut vir Volhoubare Demokrasie in Afrika (Eisa) het Donderdag die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) geprys vir ʼn “geloofwaardige” munisipale verkiesing.
Snaakse afskoptyd vir uitsoek-wedstryd
Wat altyd een van die uitsoek-wedstryde in die Curriebeker was, dié tussen die Blou Bulle en die Westelike Provinsie, sal Vrydagmiddag na verwagting voor ʼn kleinerige skare gespeel word.
‘SA vertrou steeds op die ANC’
Die voorlopige uitslae van die 2016 munisipale verkiesing dui daarop dat Suid-Afrikaners steeds die regerende party vertrou, het Jackson Mthembu, die ANC se hoofsweep, Vrydag gesê.
Woord: parlement
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die woord “parlement”
Voetganger in Vanderbijlpark doodgery
ʼn Man in sy 20’s is Donderdagaand in Vanderbijlpark in Gauteng doodgery.
Nuuskommentaar: Begin die kaartehuis nou inmekaar tuimel?
Gaan die ANC die eerste regerende party ter wêreld wees wat sy vallende kaartehuis weer kan oprig terwyl dit aan bewind is, of gaan die momentum voortduur ongeag planne om dit te stuit? Binne die demokrasie is egter sekere dinamika’s waaraan min gedoen kan word en elke krimpende party raak.
Transvaal wás die eerste Superkampioen
Was dit die ware Jakob?
SA se Amaglug-glug verras teen tuisspan Brasilië
Die Suid-Afrikaanse sokkerspan, Amaglug-glug, het een van sy beste vertonings ooit gelewer in Donderdagaand se openingswedstryd op vanjaar se Olimpiese Spele.
Heli-treurspel: ‘Dit sou gesinsuitstappie wees’
“Hy het altyd mense gehelp. Hy was baie lief vir die Here en het die gemeenskap gedra. Almal gaan hom rêrig baie mis.”
Zephany Nurse-saak: Slotbetoog binnekort aangehoor
Barkhuizen het gesê van die 155 kinders wat in 1997 as vermis aangemeld is, is 148 weer teruggekry. Sewe word steeds vermis.
[Verkiesing] DA kortkop voor in Tshwane
Die DA was vroeg Vrydagoggend ʼn kortkop voor die ANC in die Tshwane-metro ná 68% van die stemme in hierdie metro getel is.
Gedagte vir die dag: Gee ons vandag ons daaglikse brood
‘Ek is die lewende brood wat uit die hemel gekom het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy ewig lewe. En die brood wat Ek sal gee, is my liggaam. Ek gee dit sodat die wêreld kan lewe.’ (Johannes 6:51)