Die ongewone ysskaatsbaan is egter as “wreed”, “walglik” en “minagtend van lewe” beskryf.
Alles vir Maandag 28 November 2016
‘Carols by Candlelight’: Musiek, liefdadigheid én meer
Verlede jaar se Carols by Candlelight-liefdadigheidsvertonings het verseker dat meer as R60 000 en 289 bokse speelgoed vir behoeftige kinders ingesamel word. Nou word dié inisiatief van Spar en JacarandaFM vanjaar wéér in Johannesburg (3 Desember) en Pretoria (1 Desember) aangebied.
Egpaar vas oor dwelms in baba se broek
ʼn Egpaar is in hegtenis geneem nadat die polisie hul huis deursoek en dwelms in hul baba se broek gevind het.
Kuba: Fidel Castro, einde van ʼn era
Castro se dood sluit ʼn era af, maar omdat hy reeds geruime tyd nie meer polities aktief was nie, afgesien van ʼn onderhoud of koerantartikel so nou en dan, behoort dit min invloed op die land se politiek te hê. Eers wanneer sy broer Raoul sterf, sal daar waarskynlik politieke skommelinge kom wat die huidige stelsel drasties kan verander.
Wayde, Caster wen groot
Wayde van Niekerk en Caster Semenya was die groot wenners tydens Sondagaand se Suid-Afrikaanse sporttoekenningsgeleentheid in Bloemfontein.
[Resep] Thaise groenkerrie
Beïndruk jou gesin met dié maklike resep vir die lekkerste groenkerrie.
Steve kap na ‘analfabeet, manteldraaier en werfbobbejaan’
Die sanger Steve Hofmeyr het Saterdag ʼn skare op Kerkplein in Pretoria toegespreek en onder meer uitgevaar teen pres. Jacob Zuma, die DA-leier Mmusi Maimane en die EFF-leier Julius Malema.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 28 November 2016
Georic Lomas se liedjie “Bazaruto” bly vir die tweede week in nommer 1.
Entrepreneurskap: Geleenthede in die jagbedryf
Tyd vir ʼn bykomende vraag-en-antwoordbonus van Jacques Basson van Klipkouers se onderhoud met Michiel Els.
Jurgens maak sy allernuutste Classique en Exclusive bekend
Die huidige Jurgens-reeks is al 14 jaar in Suid-Afrika beskikbaar en is sonder twyfel die markleier in luukse woonwaens. Die nuwe ontwerp stem meer ooreen met die luukste Europese karavane.
Saru-hoof: ‘Ons het julle in die steek gelaat’
Mark Alexander, president van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru), het in ʼn sterk bewoorde verklaring glad nie doekies omgedraai oor die stand van rugby in Suid-Afrika nie en beloof ʼn omkeerstrategie is nou die topprioriteit.
Allister se rekord sal onder die mat ingevee word
Wanneer die Suid-Afrikaanse rugbybase oor ʼn paar dae oor die toekoms van die Springbokafrigter, Allister Coetzee besin, sal hulle baie diep moet nadink.
Nuuskommentaar: Zuma en Kuba
Die ANC het vandag ’n unieke geleentheid om die land ’n reuseguns te bewys. Maar dis nie eintlik in die ANC se aard nie …
SA se gholfspan, junior hokkievroue sak uit
Die Wêreldbeker-gholftoernooi het Sondag in Melbourne ten einde geloop met die Suid-Afrikaanse span van Jaco van Zyl en George Coetzee wat in ʼn gedeelde 13de plek geëindig het.
Polisieminister verkla oor kontrak van miljoene rande vir vriendin
“In die afwesigheid van duidelike verantwoordbaarheid sal die verhouding tussen Nhleko se departement en Indoni steeds as verdag beskou word en sal dit geloofwaardigheid gee aan die voorstel dat die minister toelaat dat die slaapkamer sy raadsaal-besluite beïnvloed.”
Saak oor SA se onttrekking aan Strafhof aangehoor
Maite Nkoana-Mashabane, die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het in Oktober ʼn kennisgewing van onttrekking onderteken.
Abrahams en Kie. moet vandag sê
Die organisasies het gesê die president is by magte om hierdie beamptes te skors en meen dit sal “irrasioneel” vir hom wees om dit nie te doen nie.
ANC-vergadering verleng, Zuma se lot onseker
Die vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee is met ʼn dag verleng.
‘Nuwe OB dans na Zuma se pype’
Die nuwe openbare beskermer (OB) is daarvan beskuldig dat sy na pres. Jacob Zuma se pype dans nadat sy glo strafregtelike klagte teen haar voorganger, adv. Thuli Madonsela, ingedien het.
Poppie-saak: Stiefpa vra vir borgtog
Poppie van der Merwe het in ʼn hospitaal aan haar beserings beswyk nadat haar stiefpa haar glo erg geskop het.