Is dit moontlik om by Trump se omstredenhede verby te kyk na sy voornemens om sake soos belastinghervorming deur te voer – sake wat Suid-Afrika gebiedend nodig het?
Alles vir Maandag 27 Maart 2017
Soektog na gekaapte Maserati duur voort
Die soektog duur voort na die luukse Maserati-sportnutsvoertuig wat Saterdag in ʼn skynbare ontvoeringsdrama by ʼn handelaar in Johannesburg gesteel is.
Vandag se sportnuus
Die Wêreldgholfkampioenskap se Putjiespeltoernooi in Austin, Texas, is voltooi.
[Resep] Lettie se skoolkerrie
“Ek het die resep meer as 30 jaar gelede gekry by ʼn dierbare vriendin, Lettie de Swardt, wat onlangs oorlede is. Die resep was gewild by kermisse en skoolfunksies. Baie vriendinne gebruik dit nog,” skryf Rochelle Carstens, ʼn Maroela Media-leser.
Williamson gee Kiwi’s ʼn wenkans in derde toets
Suid-Afrika is na dag drie van die derde kriekettoets wat grootliks deur Nieu-Seeland oorheers is, genoeg in die moeilikheid dat ʼn neerlaag ʼn Hamilton ʼn moontlikheid is.
‘Huurmoordkomplot’: Familie hoop op antwoorde 5 jaar ná man se moord
Die familie van ʼn man wat in 2012 op ʼn kleinhoewe buite Bronkhorstspruit in Gauteng vermoor is, hoop om nou antwoorde oor sy dood te kry nadat sy weduwee in hegtenis geneem is in verband met die beweerde beplande moord op haar nuwe man.
Matie‑satelliet op pad na Internasionale Ruimtestasie
ʼn Nanosatelliet wat deur die Universiteit Stellenbosch (US) en Cubespace ontwikkel is, word Dinsdag saam met 27 ander nanosatelliete gelanseer met die Internasionale Ruimtestasie (ISS) as bestemming.
Man geskors ná uitlating oor Spur-voorval
ʼn Werknemer van die Mangaung-metro in Bloemfontein is geskors weens uitlatings wat hy glo op sosiale media gemaak het in verband met die onlangse voorval by ʼn Spur-restaurant in Johannesburg.
Stellenbosch-bylmoorde: Henri pleit vandag
Henri van Breda, wat aangekla word van die moorde op sy ouers en broer op die De Zalze-gholflandgoed buite Stellenbosch, se verhoor begin Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof.
Motorfietsryer sterf naby Groot-Brakrivier
ʼn Man, vermoedelik in sy 50’s, is dood in ʼn motorfietsongeluk Sondagmiddag naby Groot-Brakrivier in die Wes-Kaap.
Die ANC is die nuwe koloniste
Daarom streef die Solidariteit Beweging as eietydse Helpmekaar-beweging vir grondwetlike selfstandigheid en kulturele vryheid. Afrikaners is net soveel geregtig op vryheid as enige ander persoon of gemeenskap in die wêreld.
Gedagte vir die dag: Dit is volbring!
Toe Jesus die suur wyn proe, het Hy gesê: “Dit is nou afgehandel!” Toe het Hy sy kop vooroor laat val en sy asem uitgeblaas. (Johannes 19:30)