As daar al ʼn swakker Superwedstryd op Kingspark gespeel is as Saterdagaand toe die Sharks en Rebels met 9-elk gelykop gespeel het, moet dit in 2004 gewees het toe die Reds met 6-5 teen die Sharks gewen het.
Lees meerAlles vir Saterdag 22 April 2017
WP-man se Switsers klop Blou Bul se Pole
Switserland, met ʼn Westelike Provinsie-man as hulpafrigter, het Saterdag die Pole, met ʼn Blou Bul-man as hoofafrigter, in die reeks om die Rugby Europatrofee geklop.
Bulls klop Cheetahs in powere wedstryd
Twee spanne wat heelwat, maar hoofsaaklik van kantlyn tot kantlyn, gehardloop het, swak opsies en power vaardigede het Saterdagmiddag op Loftus in ʼn naelskraapse 20-14-oorwinning van die Bulls teen die Cheetahs geëindig.
Verashni Pillay bedank as redakteur van HuffPost SA
Verashni Pillay, redakteur van The Huffington Post SA, het met onmiddellike effek uit haar amp bedank.
Persombudsman sê oor HuffPost-blog
Die persombudsman het Saterdag uitspraak gelewer nadat The Huffington Post SA by die organisasie verkla is oor die publikasie en verdediging van ’n artikel genaamd “Could it be time to deny white men the franchise?”
Lions toer sonder beseerde Kriel na Doer Onder
Die Lions se Springbokflank Jaco Kriel gaan nie saam met die span Australië toe vir die drie wedstryde teen die Force, Rebels en Brumbies nie.
[Foto’s] Groot vrolikheid by nasionale biddag
Die verrigtinge, wat geskeduleer was om 12:00 te begin, is vertraag aangesien daar gewag word op nog mense wat glo te voet vanaf Bloemfontein op pad is.
Naweek agter tralies ná sy glo R24 miljoen by MTN steel
ʼn Vrou wat MTN glo met R24 miljoen bedrieg het, moet die naweek agter tralies deurbring, weens klanktoerusting wat nie wou werk nie.
Crusaders vernietig Stormers met blitsaanval en agt drieë
Die Stormers se aanslag is Saterdag binne 29 minute in die eerste helfte vernietig toe die Crusaders vyf van hulle agt drieë gedruk en hulle die Stormers in Christchurch met 57-24 geklop het.
Nog ʼn wending in die skolegodsdienshofsaak
Die hoofbestuur van die Suid-Afrikaanse Onderwysunie (SAOU) het Vrydagoggend besluit om as vriend in die hofsaak oor die behoud van godsdiens in skole te onttrek.
R420 000 ingesamel vir Vrystaat-plaasveiligheid
Die VKB-groep en Vrystaat Landbou het ʼn bedrag van R420 000 ingesamel vir die ondersteuning van landelike veiligheid in die Vrystaat.
Nasionale biddag: Australiërs bid saam
ʼn Groep Afrikaanssprekendes het Saterdag in Brisbane, Australië, byeengekom om ook vir die toekoms van Suid-Afrika te bid.
Minstens 140 soldate sterf tydens Taliban-aanval
Minstens 140 soldate is Vrydag by ʼn weermagbasis in Afghanistan dood tydens ʼn aanval deur Taliban-militante, wat in weermaguniforms geklee was.
SAUK gee Motsoeneng die koue skouer
Die tussentydse raad van die SAUK het Vrydag gesê het hersien die besluite wat deur die voormalige uitvoerende bedryfsbeampte, Hlaudi Motsoeneng, geneem is, en gaan ook voort om die pos te adverteer en van sy omstrede beleide te hersien.
[Foto’s] Derduisende stroom na Angus Buchan-biddag
Op ʼn koel Vrystaat-oggend is die plaas Wilde Als net buite Bloemfontein ʼn miernes van bedrywighede soos derduisende mense die terrein binnestroom vir Angus Buchan se “It’s Time”- nasionale biddag.
AfriForum bring PAIA-aansoek teen DWS oor Kubaanse ingenieurs
Dit het aan die lig gekom dat Nomvula Mokonyane, die minister van water en sanitasie, ’n verhoging van R11,3 miljoen aan Kubaanse ingenieurs betaal het te midde van gerugte dat die departement bankrot is.
UV-taalbeleid dalk weer in die hof
Solidariteit en AfriForum vra die konstitusionele hof om die Universiteit van die Vrystaat se besluit om ʼn nuwe taalbeleid te aanvaar, tersyde te stel.
Verdagte doodgeskiet tydens rooftog by juwelierswarewinkel
Een verdagte is tydens ʼn skietery met die polisie dood ná ʼn rooftog by ʼn bekende juwelierswarewinkel by die Oak-sentrum in Ermelo, Mpumalanga.
Hofsaak oor geheime stemming moet wye steun geniet
“Indien die president oortuig was van sy parlementslede se getroue lojaliteit en steun, sou hy dit sekerlik nie nodig geag het om die aansoek om ʼn geheime stemming teen te staan nie.”
Gedagte vir die dag: Geloof gee jou hoop vir die toekoms
Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ’n toekoms gee, ’n verwagting! Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor. Julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra. (Jeremia 29:11–13)