Verlede week op 2 November, om presies te wees – net mooi ’n eeu gelede dat ’n kort brief van die Britse minister van buitelandse sake, lord Balfour, aan die Joodse bankier lord Rothschild, ’n knuppel in die hoenderhok gegooi het.
Alles vir Maandag 6 November 2017
Mooinooi-skietery: Nóg ʼn beloning om vermiste man op te spoor
Die Noordwes-polisie het ʼn R100 000-beloning uitgeloof in ʼn poging om Tebogo Ndlovu (24) op te spoor wat sedert Augustus vermis is nadat hy glo op ʼn plaas buite Mooinooi in Noordwes geskiet is.
Grondoudit: Populistiese mites nou nek omgedraai
Tog wonder talle gewone Suid-Afrikaners of die regering die syfers in die grondoudit sal glo en of die oudit nie net in nog ʼn politieke speelbal sal ontaard nie.
Vandag se sportnuus
Irvette van Zyl het die vrouewedloop in die Old Mutual Soweto Marathon in ʼn tyd van 2:41.06 gewen en in tennisnuus moes Rafael Nadal hom voor sy kwarteind-kragmeting by die Parys Meesters onttrek nadat hy ʼn kniebesering opgedoen het.
Parys-boere-saak hervat
“Dit was wild gewees. Soos twee honde op ʼn haas; hulle het inligting gesoek.”
26 mense in Texas-kerk doodgeskiet
Ten minste 26 mense is Sondag doodgeskiet en 20 gewond toe ʼn jong aanvaller in swart veiligheidsdrag en ʼn koeëlvaste baadjie met ʼn aanvalsgeweer op kerkgangers in Texas losgebrand het.
Vrou dood ná motor boom tref, bestuurder gering beseer
ʼn Vrou in haar dertigs is Sondagoggend dood toe die motor waarin sy ’n passasier was teen ʼn boom gebots het.
Man vas ná vals kaping-aantygings
ʼn 29-jarige man verskyn Maandag in die Port Elizabeth-landdroshof op aanklagte van meineed nadat hy ʼn kaping aangemeld het wat nooit plaasgevind het nie.
Man op bodem van munisipale swembad aangetref
Die voorval het by Vanderbijlpark in Gauteng se munisipale swembad plaasgevind.
Gedagte vir die dag: Jy behoort aan die Here
Ons het nie finale seggenskap oor onsself nie – of ons lewe of sterwe. As ons leef, leef ons mos vir die Here, en as ons sterf, sterf ons vir Hom. Of ons dan lewe of sterwe, ons is volkome sy eiendom. (Romeine 14:7-8)