Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag gesê sy regering is vasbeslote om korrupsie wat die staat en sy instellings kaap ʼn nekslag toe te dien, aangesien dit een van die grootste hindernisse is vir belegging en werkskepping in Suid-Afrika.
Alles vir Vrydag 5 Oktober 2018
Brandhulp vir bejaarde boer ná Facebook-plasing
“Ek was maklik 20 000 keer op die Facebook-plasing ingesluit. Dan móét ʼn mens reageer.”
Uitspraak gelewer ná uitlatings oor wit mense
Die gelykheidshof het uitspraak gelewer in die saak teen Velaphi Khumalo, die man wat gesê het die land moet van wit mense gereinig word nes Adolf Hitler met die Jode gemaak het.
Video: Trok vat vlam ná ongeluk op N3
Brandbestryders is op die toneel op die N3 naby Durban in KwaZulu-Natal waar ʼn vragmotor in ʼn ernstige ongeluk betrokke was en aan die brand geslaan het.
Man sterf ná wrede aanranding op kleinhoewe
Die man wat Donderdag in die vroeë oggendure op ʼn kleinhoewe in die Senekal-distrik in die Vrystaat deur twee aanvallers aangerand is, het Donderdagaand gesterf.
Eerste Liga se rondomtalie op die spits gedryf
Die Curriebeker- Eerste Liga se rondomtaliefase word dié naweek op die spits gedryf met die halfeindstryd-bepalings nog wawyd oop.
Ramaphosa: Uitroei van korrupsie, staatskaping is sleutel tot werkskepping
“Een van die grootste hindernisse vir belegging, groei en werkskepping is korrupsie binne alle sfere van die regering, ondernemings in staatsbesit en maatskappye.”
Video: Mooiste herfs-skouspel!
Die noordelike deel van Utah in die VSA beleef vanjaar een van die mooiste herfsseisoene nog – en beeldmateriaal daarvan lyk byna vervals, so mooi is dit.
Redakteursbrief: Hoekom laat ons nog kommentaar toe?
Hoekom laat Maroela nog kommentaar toe? Susan Lombaard, uitvoerende hoof, neem die kwessie onder die loep.
Ongeluk in wildtuin eis 2 lewens
Twee mense is Donderdag laatmiddag in ʼn ongeluk die Krugerwildtuin dood.
Video: Feeskos in oorvloed op Aardklop 2018
Maroela Media het vir Aardklop-feesgangers gevra wat hul gunsteling-feeskos is. Kyk hier wat hulle gesê het.
‘Huishou’ ʼn juweel op Aardklop
Die emosie en toneelspel is só rou en geloofwaardig dat dit die moeite werd is om dié toneelstuk te sien.
Poemas kan Wallabies verder afknou
Wanneer ʼn rugbyspan in die laaste loopgraaf lê, kies `ʼn mens jou beste span om jou daaruit te kry.
Ekonomie: Donker prentjie geskets
Dit wil voorkom asof talle hekkies die Suid-Afrikaanse ekonomie steeds in die gesig staar voor dit werklik aan die gang gaan kom.
MIV-positiewe ma skenk deel van lewer aan terminaal siek baba
Volgens die universiteit is dit vermoedelik die eerste keer ter wêreld dat daar bewustelik ʼn leweroorplanting gedoen word waar die donateur ʼn MIV-lyer is op ʼn ontvanger sonder die virus.
Leon van Nierop se resensie: The house with a clock in its walls
Daar word te veel truuks uitgehaal en te min storie vertel. Daar kan net soveel pratende stoele en woeste poppe en horlosies wees voordat ʼn mens begin gaap.
Toets: Kan weerlig twee keer dáár slaan?
Hoe is dit moontlik dat die wêreld se beste rugbyspan in ʼn hoek vasgekeer is?
Leon van Nierop se resensie: The Forgiven
Wees gewaarsku: dit gaan jou laat debatteer, sekere standpunte inneem, en skok met sy realistiese taalgebruik. Maar uiteindelik sal jy nie onaangeraak hier uitstap nie.
Resep: Vla-roomys
Probeer gerus hierdie roomys. Dit is immers naweek!
Ry nou verder as ooit – sonder petrol!
Dit gaan beteken dat ʼn mens reise see toe sal kan onderneem van Gauteng … in ʼn elektriese voertuig.