Die Pretoriase hooggeregshof het gehoor die portefeuljekomitee oor polisie sal Donderdag gereed wees met sy besluit of Robert McBride se kontrak as hoof van die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) hernu gaan word of nie.
Lees meerAlles vir Dinsdag 26 Februarie 2019
DA angstig oor Steinhoff-sperdatum
Die Demokratiese Alliansie het Dinsdag gesê hy het die Steinhoff-maatskappy versoek om te bevestig dat ʼn agterstallige verslag oor ʼn forensiese ondersoek deur die ouditeursfirma PricewaterhouseCoopers teen Donderdag afgehandel sal wees.
Nog geen vergoeding vir talle Esidimeni-eisers
Die Demokratiese Alliansie het Dinsdag gesê 365 eisers van die Life Esidimeni-tragedie het nog nie enige vergoeding ontvang soos bepaal deur regter Dikgang Moseneke nie.
Vonke spat oor SAUK se politieke rol
Die hare het vandag behoorlik gewaai toe die parlement se portefeuljekomitee oor kommunikasie vergader het om ‘n kortlys op te stel sodat die SAUK-raad weer ‘n kworum kan hê en kan funksioneer.
BLF-bankrekening gevries ná grondgryp-interdik
“Ons neem kennis dat die BLF blykbaar hierdie geld wou gebruik om vir die verkiesing van 2019 te registreer, maar gaan nie afsien van ons verhaling van die koste nie.”
Moloto-ongeluk: Transitovoertuig het glo beheer verloor
“Alle pogings word aangewend om die naasbestaandes van die oorledenes op te spoor en in kennis te stel.”
Mabe en Kodwa het vrywillig bedank, sê ANC
Die ANC het Dinsdag aangevoer sy woordvoerders Zizi Kodwa en Pule Mabe het vrywillig bedank ná bewerings van onbehoorlike gedrag.
ToekomsVenster: Hy is in volle beheer
Ons is nie gemaak vir die grafte nie. Ons is nie grafbewoners nie. Moenie toelaat dat die bose jou in die mate intimideer nie.
Parlementêre komitee gaan nié teen OB optree
Dit volg na John Steenhuisen, DA-hoofsweep, die komitee versoek het om met die proses te begin om Mkhwebane uit haar pos te verwyder na aanleiding van die hooggeregshof in Pretoria se verdoemende bevindings teen haar.
Juanita nié vanjaar by Afrikaans is Groot
“Dit is absoluut my eie keuse om dit net eers ʼn blaaskans te gee.”
Kinderhuis-drama: Klag oor video ‘lankal afgehandel’
“Die video is nou in die kollig nadat iemand dit gelek het. Of die departement besluit het om die kinders op grond van dié video te verwyder, weet ek nie.”
Kommissie hoor oor ‘ongerymdhede’ met Eskom-steenkool
Mark van der Riet, Eskom se beste steenkoolspesialis ooit, sou destyds na Brakfontein reis om te sien hoe die steenkoolmonsters versamel word, maar kort voor dit het Matshela Koko, uitvoerende hoof van Eskom, glo aan Van der Riet gesê om nié te reis nie.
Woon en skryf vir ʼn maand in Somerset-Oos
Met sy sjarmante ouwêreldsheid, ruim kamers, houtvloere en lowergroen tuin, bied die huis die ideale geleentheid vir skrywers om in ʼn inspirerende omgewing aan hul manuskripte te werk.
Jong ma, kind sterf in Centurion-huisbrand
“Dit was te warm. Sy het tussen die bed en die bedkassie vasgesit en hulle kon nie by haar uitkom nie. Hulle kon haar hoor gil.”
Die wêreld in foto’s – 26 Februarie 2019
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Kapteins gaan Jukskei-derby misloop
Die Lions en die Bulls sal nuwe kapteins moet soek vir die komende naweek se Jukskei-derby.
Selfoonverskaffers ‘systap’ pogings om datakoste te verlaag
Die nuwe regulasies, wat op 1 Maart in werking tree, bepaal egter nie hóé data oorgedra moet word en of diensverskaffers ʼn tarief daarvoor mag hef of nie en daarom blyk dit dat verbruikers se data-kopseer steeds nie verby is nie.
Bloedoortapping in baarmoeder red baba se lewe
Babas met dié toestand het slegs ʼn 90% kans op oorlewing.
Luister in 3 minute: Eskom en DA-verkiesingsmanifes
Drie sakekwessies wat die afgelope week opslae gemaak, is die begrotingsrede, Eskom en die DA se verkiesingsmanifes.
Video: Wend jou grimering só reg aan
“Moet asseblief nooit jou onderlaag met jou vingers aanwend nie! Jy gebruik baie meer van die produk, want soos jy dit aansit, haal jy dit ook met jou vingers af.”