“Mense het altyd gesê ek klink soos Juanita du Plessis of Andriëtte, en al wat ek wou hê is my eie stem.”
Alles vir Dinsdag 7 Maart 2023
Ons boer aanlyn, beurtkrag of te not
Beurtkrag mag ons dalk vir ʼn hele paar ure per dag in duisternis hul, maar dit stuit Suid-Afrikaners geensins om seker te maak dat al die selfone in die huis (betyds) gelaai is voor die ligte afgaan nie.
Sikloon Freddy kry tweede asem
Meteoroloë beskryf hierdie onverwagte draai van ’n tropiese sikloon as “’n rare verskynsel”.
‘Vergroting van kabinet nie die antwoord’
“Twee bykomende ministers sal die regering meer geld uit die sak jaag, met die minister van elektrisiteit wat ʼn bykomende R74 miljoen by die regering se openbare loonrekening sal voeg.”
Kabinet: ‘Gebreekte eiers in dieselfde mandjie rondgeskuif’
Volgens die politici is daar geen kundigheid uit die privaat sektor in die kabinet gebring nie en geen gevolge vir ministers wat klaaglik in hul bestaande rolle misluk het nie.
Fase 4 en 5 tot verdere kennisgewing
Fase 4-beurtkrag sal daagliks van 05:00 tot 16:00 ingestel word.
Gedagte vir die dag: Heiligheid
Eers was julle ook ver van God af. Met verkeerde dade het julle gewys dat julle Hom vyandiggesind is. Maar nou het Hy julle met Homself versoen deurdat sy Seun as mens gesterf het om julle voor Hom as sy eie mense te laat staan, skoon en foutloos. (Kolossense 1:21-22)