Eie ego’s behoort nie nou bo landsbelang gekies te word nie, want dan doen die DA presies dit waarvan die ANC beskuldig word.
Alles vir Donderdag 16 Maart 2023
ʼn Verrassende wending in die Berlynse politiek
Vir die stad is dit ʼn nodige stap: te veel probleme soos swak infrastruktuur, verkeersknope, onbekwame administrasie, te min en te duur huurbehuising, stedelike verval en misdaad is deur die linkse koalisie geïgnoreer.
Solidariteit oor #NationalShutdown: ‘Ons sal werk’
Die taxivereniging Santaco het intussen ook gesê dat hy nie Maandag aan die beoogde betogings gaan deelneem nie en soos gewoonlik sal sake doen.
#JongStemme: Waar daar ʼn rokie is, is daar ʼn vuurtjie: Beàtha, die NWU en omstredenheid
Soos ʼn stout kind wat op heterdaad betrap is, kom dit voor asof die NWU verleë na die grond staar en nie ʼn idee het wat om te doen nie.
Nadal gaan weer in Monte Carlo afslaan
“Rafa was die eerste speler om aan te dui dat hy sal wil speel.”
Dié lesers wen ‘n dubbelkaartjie na die Fijnwyn-kosmark
Vyf lesers het die kans gestaan om elkeen ʼn dubbelkaartjie na die Fijnwyn-fees te wen.
DA verwelkom enige lede wat leiersposte wil beklee
Bitter min is bekend oor die 35-jarige Lungile Phenyane, ʼn lid van die DA in Tshwane, wat haar vir elke posisie in die DA se federale raad verkiesbaar gestel het.
Nehawu-staking verby
Die DA vra dat die Mensregtekommissie die staking, wat glo regstreeks met die dood van minstens vier pasiënte verbind kan word, moet ondersoek.
Krok skuil by Harties-riooldam
Die stigter van die Owl Rescue Centre skerts dat as alle ander pogings misluk, hulle dalk ʼn outydse tegniek sal moet inspan en met die krokodil moet stoei om hom te vang.
Taalgebruik: loods
Die woord “loods” word deesdae al hoe meer in die verkeerde konteks gebruik. Taaltoffie ondersoek die korrekte gebruik en bied ʼn paar alternatiewe.
Nuwe spelers kan hul kans kry
“Ons hoofprioriteit is altyd om die reeks te wen, maar ons wil ook vir spelers geleenthede gee om hul stempel af te druk.”
Rustenburg-rioolpyp herstel
“Ons is ongelooflik dankbaar dat die kontrakteur so spoedig gewerk het om die probleem op te los.”
Mkhwebane getuig oor ‘polities gemotiveerde heksejag’
Volgens Mkhwebane is dit eerder ’n rasgemotiveerde veldtog wat gebore is uit die vrees vir werklike verandering wat in werklikheid die armste en mees gemarginaliseerde lede van die publiek, wat hoofsaaklik swart is, kan bevoordeel.
Seer enkel kry Daniil nie onder
“Die wedstryd was pure malligheid en ek kan seker vir ʼn goeie 15 minute daaroor praat.”
LIV wil, maar Will wil nie
Die 26-jarige Zalatoris, tans no. 8 op die wêreldranglys, het glo reeds twee aanbiedinge van die LIV-reeks van die hand gewys.
Madeleine McCann: Poolse vrou se DNS tans getoets
Die private ondersoeker dr. Fia Johansson het bevestig dat daar tans bewyse is wat toon dat die Poolse vrou deur ’n internasionale sekshandelgroep van ’n ander land na Pole verhandel is.
Malawi vra hulp ná sikloon Freddy
“Die vlak van verwoesting waarmee ons hier te doen het, oortref die hulpbronne wat ons tot ons beskikking het.”
‘Afrikaans is Groot’ nie vanjaar in Kaapstad
“Die span is besig om die nodige borgskappe te verseker om die konsert weer in die toekoms in Kaapstad aan te bied.”
Gedagte vir die dag: Die krag van God
Hulle het nie die land met hulle swaarde verower, of die oorwinning deur eie krag behaal nie. Dit was deur u krag, deur u teenwoordigheid en u goedheid, omdat U hulle liefhet. (Psalm 44:4)