Die geloof is ’n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ’n bewys van die dinge wat ons nie sien nie. (Heb 11:1, 1953-vertaling)
Alles deur die skrywer Annelize Brits
Gedagte vir die dag: Stiltetyd
My onderrig kom na julle toe soos reënwater, my woorde verkwik julle soos dou, soos sagte reëns op die grassies, soos reënbuie op die graan. (Deut 32:2)
Gedagte vir die dag: Vrede
Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie. (Joh 14:27)
Boek: Franse Vlegsel
Christien Neser se reeks tienerboeke oor die wel en wee van Elle Kroon is baie gewild, met selfs volwasse lesers wat nie kan wag om elke nuwe Elle-avontuur te verslind nie. Die sesde boek in die reeks beloof om net so skreeusnaaks, aweregse en romanties soos sy voorgangers te wees.
Gedagte vir die dag: Almal beleef mislukkings
Die Here bepaal die koers van die mens met wie se pad Hy te vrede is, en Hy ondersteun hom. As so iemand val, bly hy nie lê nie, want die Here help hom op. (Ps 37:23-24)
Boek: Ontdek die boodskap van die Nuwe Testament
In Ontdek die boodskap van die Nuwe Testament bespreek Jan van der Watt en Francois Tolmie die hoofmomente van die Nuwe Testament een vir een; op só ’n manier dat ’n leser ontdek wat die Nuwe Testament vandag vir gelowiges te sê het.
Gedagte vir die dag: Doring in die vlees
Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. (2 Kor 12:9)
Gedagte vir die dag: Wanneer dit donker word om my
U, Here, laat my lamp helder skyn; my God gee lig as dit donker is om my. Met u hulp loop ek ’n oormag storm, met my God by my is geen stadsmuur vir my te hoog nie. God omgord my met krag; Hy maak my pad voorspoedig. Hy maak my voete soos dié van ’n ribbok; op hoë plekke laat Hy my stewig staan. (Ps 18:29-30, 33-34)
Boek: Plons
Plons is ’n heerlik humoristiese storie vir lesers van 9-12 jaar oud.
Boek: Afrdraaipad
Afdraaipad is ’n verhaal oor verkeerde besluite en pynlike gevolge. Van opstaan en oor begin. Is daar hoop as jy jou rug op God gedraai het? Lize se reis is een wat jou sal bybly.
Gedagte vir die dag: God wat lewe gee
U is die bron van die lewe, deur u lig lewe ons. (Ps 36:10)
Boek: Die Coolste Ouma Op Aarde
Ontmoet ’n paar moderne, ongewone en fantastiese oumas in hierdie prettige nuwe prenteboek uit die pen van Marita van der Vyver!
Boek: Wie is ek?
Vir eeue worstel die mens al met die vraag: “Wie is ek?” In hierdie boek van Louis Awerbuck en Lise Swart word jy as leser op ’n verkenningstog van jouself, jou persoonlikheid en jou menswees geneem.
Gedagte vir die dag: Is God in beheer?
Almagtige God, kyk tog uit die hemel af en ontferm U weer oor hierdie wingerdstok, neem hom weer onder u sorg. Almagtige God, laat dit weer met ons goed gaan, verskyn tog tot ons redding! (Ps 80:15, 20)
Gedagte vir die dag: God kan storms stil maak
Skielik het daar ’n hewige storm op die see losgebars, sodat die golwe oor die skuit geslaan het. Maar Jesus het geslaap. Hulle kom toe en maak Hom wakker en sê: “Here, red ons! Ons vergaan!” Hy sê vir hulle: “Waarom is julle bang, kleingelowiges?” Daarna het Hy opgestaan en die wind en die see hard aangespreek, en dit het doodstil geword. (Matt 8:24-26)
Gedagte vir die dag: Geloof, hoop en liefde
En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde! (1 Kor 13:13)
Boek: Ewebeeld
Ewebeeld is geskryf vir mense wat Siende blind en Raaiselspieël geniet het en daar is geen twyfel dat “gewone” lesers weer hierdie boeke gaan opraap nie.
Gedagte vir die dag: God hou jou vas
Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou. Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand, Ek sê vir jou: Moenie bang wees nie, Ek help jou. (Jes 41:10, 13)
Boek: ’n Ontdekkingsreis deur die Bybel- vir kinders
Dié boek sal kinders help om sin te maak van die Bybel deur vir hulle praktiese, lekker en interessante maniere te wys om dinge oor die Bybel te leer.
Gedagte vir die dag: Sagmoedigheid as lewenswyse
Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig. (Matt 11:28-30)