Die perfekte motor is amper ʼn mite. Daar bestaan nie so iets nie – of tog wel?
Alles deur die skrywer Brendon Staniforth
Padtoets: Pure BMW-rygenot
Nie net is hy rats nie, maar as mens mooi ry, kan mens 4 ℓ/100 km handhaaf. Dit wil gedoen wees, skryf Brendon Staniforth.
Bekendstelling: Kattebak, of eerder olifantbak?
Toyota posisioneer die Rush onder die Fortuner. Ek kan sien waarheen hulle op pad is daarmee, die feit dat die Rush ook agterwielaangedrewe is, met 220 mm grondvryhoogte – maar, die Rush het nie vierwielaandrywing nie, en is ook glad nie met sewe sitplekke beskikbaar nie.
Bekendstelling: Só lyk die verfrissende nuwe MINI
MINI het in 2004 ʼn reusestap gewaag om die MINI uit die oude doos te neem en te vernuwe. Nou is dié gewilde ryding weer ʼn keer opgeknap.
Padtoets: Dié Mahindra-enjin beïndruk
Die Mahindra is beslis nie die mooiste bakkie met die eerste oogopslag nie, maar darem ook nie die lelikste nie. Dit is tog uit die aard van die saak ʼn bakkie. Tog bied dié bakkie ʼn aangename verrassing, skryf Brian Cheyne.
Bekendstelling: Só vervoer jy ʼn gesin
Die nuwe H1 het ʼn opgeknapte sierrooster, buffer, mis- en hoofligte. Die kantprofiel is onveranderd en in die kajuit is die slim inligtingstelsel nou standaardspesifikasie.
Bekendstelling: Opgekikkerde Figo beïndruk
ʼn Mens verwag dat die gehalte in dié segment nie heeltemal sal kan kers vashou by die gewone B-segment nie. In die meeste gevalle is dit beslis so, maar die opgekikkerde Figo voel regtig solied en van ʼn goeie gehalte, skryf Brendon Staniforth.
Padtoets: Dís nou ʼn ware klein sportnutsvoertuig
Hy het ʼn appeltjie te skil met motorvervaardigers, skryf Brendon Staniforth.
Bekendstelling: Nissan se nuwe Micra beïndruk
Stormwinde en stortreën kon nie die Micra van spoor gooi nie. Die wind het beslis probeer – maar hy moet bieg, die Micra het met sterk stewels die 340 km-roete aangedurf, boonop sonder enige kwale, skryf Brendon Staniforth.
Padtoets: Die McGuyver-mes
Indien jy ʼn veelsydige luikrug soek wat ook jou broek aan die brand kan steek met sy spoed, én ʼn ysige, modderige of nat pad kan baasraak, lees hiér wat skryf Brendon Staniforth.
Bekendstelling: Toyota stel sy Hilux Dakar-reeks bekend
Die vervaardiger Toyota het pas sy jongste Hilux Dakar-reeks bekend gestel.
Porsche word 70
Ongeveer 1 500 Porsche’s van alle kleure, groottes en ouderdomme het uit alle hoeke van die land opgedaag.
Padtoets: Stylvol – selfs in draftekkies
Dit is vir hom een van die mooiste, luukse binneruime wat tans in die mark is, skryf Brendon Staniforth. Die vervaardiger probeer jou nie beïndruk met knoppies en fieterjasies nie – steeds is alles daar.
Bekendstelling: Só lyk die nuwe Swift
Net ʼn 1.2? Ja, hy was ook aanvanklik skepties – maar, die Swift weeg ʼn anoreksiese 875 kg, skryf Brendon Staniforth.
Bekendstelling: Die voorvader se kleinboet …
Kyk, dié motor is ʼn wenner. Ek’t nog nie met een motorjoernalis gesels wat nie so dink nie, skryf Brendon Staniforth.
Padtoets: Tweede skoot in die kol
Subaru het ʼn paar jaar gelede die eerste XV bekendgestel. Hulle was baie trots op hul voertuig – maar hy was nie oortuig met die ontwerp nie, skryf Brendan Staniforth. Nou is die nuwe XV beskikbaar – en dit lyk stukke beter.
Padtoets: Hou matigheid voor oë
Wat presies is die Captur? Dink aan Renault se Clio – bietjie opgepomp, beter grondvryhoogte en effe groter… dis hy daardie, skryf Brendon Staniforth.
Padtoets: Met ouderdom kom wysheid
Die Golf GTD is steeds ʼn Golf, in sy modieuse pak. Jy kan met die eerste aangesig sien dit is nie net ʼn gewone Golfie nie, maar eerder een met beter maniere en sportiewe intensies.
Bekendstelling: Die baas van die baan
Daar is geen ander luikrug vandag op die mark in Suid-Afrika wat om ʼn renbaan sy man kan staan soos die Renault Clio RS18 F1 nie, skryf Brendon Staniforth.
Bekendstelling: Só lyk VW se nuwe handelsvoertuig
Sedert 1975 dien die VW Crafter as pakdonkie oor die hele wêreld. Die nuwe Crafter is die vierde weergawe en beweeg heeltemal weg van die ooreenkoms met Mercedes-Benz – dié Crafter is heeltemal nuut en 100% Volkswagen.