In vandag se Allegaartjie vertel Lani Snyman jou hoe om ʼn lekker koppie koffie tuis te maak. Ons gesels met Ilze Nieuwoudt oor die geskiedkundige besienswaardighede in Suid-Afrika en Anton Botha vertel ons meer oor sy nuwe orkes.
Alles deur die skrywer Esté Meyer Jansen
Allegaartjie 2 – Program 58
In hierdie Woensdag se Allegaartjie bring ons jou die laaste aflewering van ons gespreksreeks oor Demensie en Alzheimers. Ons gesels met die skrywer Louise Prinsloo oor haar boek ‘Kerkenberg tot Bloedrivier’ en kuier by Corlea Botha van De La Creme.
Allegaartjie 2 – Program 57
In vandag se Allegaartjie vertel Marlize hoe jy tuis kan oefen om jou rug te versterk. Susan Hepple van Neurolink bespreek stres se invloed op jou breinkrag en ons gesels met Corrie Smith oor haar projek wat ʼn mediasentrum in Hoedspruit red.
Allegaartjie 2 – Program 56
In hierdie Maandag se Allegaartjie vertel Karin Venter jou meer oor ʼn grafiese ontwerper se beroep in Bobaasberoepe. Ons begin ʼn nuwe gesprekreeks oor persoonlike finansies en kuier by vanjaar se Mej. Suid-Afrika, Marilyn Ramos.
Allegaartjie 2 – Program 54
In vandag se Allegaartjie bring ons vir jou ʼn dubbeledosis gesprekke oor koffie – ons vertel jou alles oor die opleiding van baristas en gesels dan met ʼn man wat sy liefde vir ʼn goeie koppie boeretroos met Afrikaans gekombineer het om sy eie besigheid te begin. Ons kuier ook by die sprankelende Rinél Day, wat ons meer vertel oor haar sangloopbaan.
Allegaartjie 2 – Program 53
In hierdie Woensdag se Allegaartjie bespreek ons persoon gesentreerde versorging in ons gespreksreeks oor Alzheimers se siekte. Ons vertel jou meer oor Kraal-uitgewers se skoene-projek en gesels met Surika Beherns van PEN oor ʼn nuwe opleidingsentrum in die hoofstad.
Allegaartjie 2 – Program 51
In hierdie Maandag aflewering van Allegaartjie kyk Karin Venter na ʼn predikant se roeping in Bobaasberoepe. Ons vertel jou meer oor die Wêreldwyd-projek en kuier by die skrywer van die [email protected], Carina Diedericks-Hugo.
Allegaartjie 2 – Program 50
In vandag se Allegaartjie gesels Inge Strydom met die sangpaar Vivere. Hans du Plessis en Theresa Papenfus bespreek die Afrikaanse spanningsverhaal genre en ons kuier by Shannon Page wat die Highs School Superster talentkompetisie gewen het.
Allegaartjie 2 – Program 49
In hierdie Donderdag se Allegaartjie vertel ons jou meer oor die kompetisies vir baristas in ons koffiereeks. Daar is ook binnekort ʼn nuwe realiteitskookprogram met die naam Kokkedoor en ons gesels met die aanbieder en beoordelaars en ons praat met Michelle Botha en Edrien Erasmus oor die zef rap-groep, Die Vraag.
Allegaartjie 2 – Program 48
In vandag se Allegaartjie bespreek Denise Fredericks die versorgingsopsies vir pasiente in ons gesprekreeks oor Alzheimers en Dementia. Ons gesels ook weer met die Botha-broers van die ontwerpersetiket, F Wilson Mode, oor die Las Vegas Modeweek en vertel jou meer van vanjaar se Lekkerlit-kompetisie.
Allegaartjie 2 – Program 47
In ons Dinsdag-aflewering van Allegaartjie bespreek Marilize Grobbelaar die effek van ʼn langdurige sittery op die liggaam en sy gee ook wenke oor wat jy kan doen om dié effekte te voorkom. Susan Hepple bespreek neuronbane in ons gesprekreeks oor breinkrag en Burger Meyer gesels met ʼn animasie-ateljee oor nuwe tegnologie wat voordele inhou vir Suid-Afrika se rolprentbedryf.
Allegaartjie 2 – Program 46
In hierdie aflewering van Allegaartjie gesels Karin Venter met ʼn brilopmaker oor die optometrie-veld in Bobaasberoepe. Ons kuier ook by die sanger, Johan van der Merwe, en gesels met Sarel Fourie oor sy musiek en oor hoe Chris Chameleon sy rol vertolk het.
Allegaartjie 2 – Program 45
In vandag se Allegaartjie vind Inge Strydom ʼn geheim of twee oor Gys de Villiers uit in Vernames Verklap. Hans du Plessis en Theresa Papenfus bespreek die minder bekende skrywer HS van Blerk se boek, Los Donkies, en Burger Meyer bring vir jou ʼn verslag oor die Afrikaanse televisiereeks, Donkerland, wat binnekort uitgesaai sal word.
Allegaartjie 2 – Program 44
In hierdie Donderdag-aflewering van Allegaartjie begin ons ʼn splinternuwe gespreksreeks wat handel oor koffie. Ons gesels ook met een van Suid-Afrika se bekroonde sjefs, Chantell Dartnell en ons hoor by Quentin Meyer watter standbeelde hy beplan om volgende skoon te maak.
Allegaartjie 2 – Program 42
In vandag se Allegaartjie begin ons met ʼn splinternuwe gespreksreeks oor gesondheid – Marilize Grobbelaar gesels in die eerste aflewering oor die algemeenste oorsake van rugkwale. Susan Hepple bespreek die elektro-chemiese funksionering van die brein in ons praatjies oor breinkrag en ons gesels met Michael Barret, ʼn dirigent, oor koormusiek.
Allegaartjie 2 – Program 41
In hierdie Allegaartjie gaan vind Karin Venter van Bobaasberoepe meer uit oor spesiale onderwys. Ons gesels met Karin Hougaard en bring vir jou ʼn verslag oor die Fiësta-toekennings.
Allegaartjie 2 – Program 40
In vandag se Allegaartjie gesels Inge Strydom met Glaskas in Vernames Verklap. Hans du Plessis en Theresa Papenfus bespreek NP van Wyk Louw se boek Raka en Allegaartjie-joernalis, Burger Meyer, gaan kuier op die stel van die nuwe rolprent Musiek vir die Agtergrond.
Allegaartjie 2 – Program 39
In vandag se Allegaartjie gaan maak ons vir oulaas ʼn draai in Pretville waar Cilleste met Eddie Electric, oftewel Steve Hofmeyr, gesels oor sy gunsteling resep in Proe Pretville. Ons sluit ook ons reisprogram met Helen Ueckermann af en sy vertel ons van reisskrywer wees en Jakkie Louw kuier in die Allegaartjie-ateljee.
Allegaartjie 2 – Program 38
In vandag se Allegaartjie gesels Hettie Brittz in die laaste aflewering van Immergroen Ouerskap oor die manipulasiemonster. Ons bespreek hulp vir die versorger en lewensmaats in ons gesprek oor Alzheimer se siekte en Dementia, en Karin Venter gesels oor Helpende Hand se skaduwerk-veldtog wat binnekort afskop.
Allegaartjie 2 – Program 37
In hierdie Dinsdag se aflewering van Allegaartjie bespreek ons spanbousessies en kinderarbeid in die laaste aflewering van “Jou regte in die werkplek”. Susan Hepple praat oor vitamien-aanvullings en ons kuier by die skrywer, Deon Meyer.