“En hang vir Vader Krismis biltongstukkies,” sê hy. “Hou net die hond weg, anders het hy ook klaar sy Kersgeskenk gekry,” sê hy laggend.
Alles deur die skrywer Leonie Bezuidenhout
[Video] TBF: ‘Reis Kaap toe vir honde,’ droom Shemane
“As ek vir my honde ʼn Kersgeskenk kan gee, sou dit ʼn trip Kaap toe wees,” vertel aanbieder Shemane Harris. “Dan kan hulle sommer lekker deur die Karoo-vlaktes ook hardloop.”
[Video] TBF: ‘Ek het Kersvader as klein dogtertjie gesien,’ spog Cintaine
“Ek weet waarvoor ek wag,” sê aktrise Cintaine Schutte opgewonde. “Ek wag vir daai koekie wat half geëet is, daai glas melk wat half gedrink is en die voetspore.”
[Video] TBF: ‘My honde eet saam op Kersdag’
“My honde is absoluut my kinders in die huis, dus gee ek vir hulle alles wat hulle wil hê,” vertel Hannes van Wyk, bekende akteur en televisieaanbieder.
[Video] TBF: ‘Honde weet nie dis Kersfees,’ sê Dirk Stoltz
“Wat gaan ek hierdie jaar vir my honde koop vir Kersfees? Niks nie, want hulle weet nie dis Kersfees nie,” terg die veteraan akteur Dirk Stoltz.
[Video] TBF: Antoinette Louw gesels oor Kersvader
Sy het ook ʼn boodskap aan Kersvader gehad. “Ek was baie soet hierdie jaar, so ek verwag baie presente,” lag sy.
[Video] TBF: Neels gesels oor liefde, samesyn, pyn tydens Kerstyd
“Kersfees is ʼn interessante tyd,” sê Neels van Jaarsveld. “Saam met al die liefde en samesyn is daar ook ʼn mate van pyn, maar dis okay.”
‘ʼn Pawpaw vir my darling’, met iets in vir ons almal
“Daar is pyn saam met die goeie dinge in die lewe en almal skrop ʼn nes op hulle eie manier. Ons moet leer om mekaar te waardeer,” sê André. “Daar is iets in die rolprent vir almal – ons kan baie by mekaar leer.”
Buffelsfontein Baard-olie se groot skenking aan Helpende Hand
“Ons wil baie graag ons sukses met ander deel. Die impak wat regstellende aksie op ons mense gehad het, word dikwels onderskat. Die meeste mense sal hulle boeglam skrik as hulle sien in watse benarde posisie van ons volksgenote hulself bevind,” verduidelik Le Roux.
[Video] TBF: ‘Koop geskenke betyds vanjaar,’ sê Rian
“Soos gewoonlik gaan die winkels stampvol wees nét voor Kersdag,” waarsku hy speels, “en ek gaan soos altyd uitstel tot heel laaste. Ek wil asseblief nie in rye staan nie,” verduidelik hy.
[Video] TBF: ‘ʼn Groen Kersfees met natuurklanke,’ vra Ilse
“ʼn Groen Kersfees. Dís wat ek wil hê, vir almal van ons.” So sê aktrise en sangeres Ilse Roos. “Met heerlike kos, heilige wyn en natuurklanke.”
[Video] TBF: ‘Merrie Krismis, my tjomma,’ sê Sorina en die Flooze
Sy het haar alter ego, die Flooze, ook saamgebring om ʼn Kersstaaltjie te vertel. Sy vertel geesdriftig van haar kêrel wat een Kersfees vir haar ʼn angelier met ʼn liggie in gekoop het. “Die “batteries” kry ek Valentynsdag,” sê sy opgewonde.
Opening van solo-uitstalling ’n reusesukses, sê kunstenaar
Met die openingsaand van die jong kunstenaar, Martyn Schickerling, se solo-uitstalling by Longstreet Art Lovers 1932-galery in Waterkloof, Pretoria, kon ’n mens duidelik die energie soos elektrisiteit in die lug aanvoel.
[Video] TBF: ‘Ons mis gaafheid in Suid-Afrika,’ sê Marion
Marion Holm, een van Suid-Afrika se gewildste aktrises, sê ons kort gaafheid en vrygewigheid in Suid-Afrika. Haar hoop is dat mense hierdie Kersfees met mekaar sal gaaf wees.
Adam Tas oor Cash-album, Loopgraaf Films en Desember-toer
As jy nie ʼn aanhanger van Adam Tas óf Johnny Cash is nie, sal Adam se nuwe album, ’n Tas vol Cash, jou anders oortuig.
[Video] TBF: ‘Twaalf dae van Kersfees, nie twaalf weke,’ spot Kaz
“As jy voor die 13de ‘Jingle bells’ hoor, hardloop,” maan hy grappenderwys. “As jy ʼn Kersboom sien, loop ʼn wye draai en as jy ʼn Kersgeskenk kry, hou hom.”
[Video] TBF: Rina Nienaber se skreeusnaakse wenke vir die feesseisoen
Die veteraan aktrise Rina Nienaber stel voor dat jy hierdie Kersfees seker maak jy pos jou geskenkpakkies betyds. “Sodat die poskantoor dit betyds kan verloor,” vertel sy.
[Video] TBF: Baie foto’s en geen gemmerkoekies, vra CH2
“Kersfees is ’n tyd van gee en nie neem nie,” sê Leon Gropp, die een helfte van die talentvolle kitaarduo, CH2. “Al wat jy dié feesseisoen moet neem, is foto’s,” spot hy. Corneille Hutten-Burger, die ander helfte van die groep, skerts dat mense wat altyd vir hom gemmerkoekies koop, dit nie vanjaar moet doen nie.
[Video] TBF: Familie is tydens feesseisoen só belangrik, sê Jak
Jak de Priester is nie net ʼn sanger, skrywer en akteur nie, maar hy is ook ʼn groot gesinsman. “Kerstyd is die tyd wat jy by jou familie moet wees waar almal vir mekaar sê ons het mekaar lief,” vertel Jak.
[Video] TBF: ‘Skenk ons ʼn helder Somerkersfees,’ sing Karen Wessels
Karen Wessels, bekende aktrise en sangeres, is duidelik versot op haar twee hondekinders, Saartjie en Pieter. Sy het met hulle in haar arms ʼn kort a capella-stukkie van Somerkersfees deur Koos du Plessis vir Maroela Media op video vasgevang.