“Ek vrees vir my lewe” – Krejcir

Radovan Krejcir Foto: www.lidovky.cz

Radovan Krejcir Foto: www.lidovky.cz

Radovan Krejcir, die omstrede voortvlugtige Tsjeggiese besigheidsman, glo hy word aangeval en dat sy lewe in gevaar is, het EWN Vrydag berig.

“Ek het oor die afgelope tyd twee van my beste vriende verloor en ek is baie hartseer daaroor. Ek glo ek word aangeval, want sover was daar al twee pogings om my te vermoor,” het hy gesê.

Krejcir vermoed vandeesweek se bomontploffing by sy besigheid, Money Point in Bedfordview, was ʼn poging om hom te vermoor. Twee mense is in die ontploffing dood en drie is beseer.

Dit volg op ʼn vorige bisarre poging om hom te vermoor in Julie vanjaar toe ʼn voertuig wat met afstandbeheerde vuurwapens toegerus was, op hom losgebrand het in sy koeëlvaste voertuig in die parkeerarea van dieselfde kantoor.

“Hierdie week was veel erger. Ons praat nie hier van ʼn poging om ʼn enkele persoon se lewe te neem nie, ons praat van ʼn ernstige terrorisme-aanval, want hulle het bomme gebruik en nie omgegee of daar twintig mense of kinders daar binne was nie. Hulle was bereid om al die mense op te blaas. Ons praat hier van Al Qaeda-styl terrorisme.”

Hy het gesê gerugte dat hy die twee voorvalle “beplan” het om hom te help met sy vlugteling-bod is “walglik”.

Krejcir word aan ʼn aantal onopgeloste moorde in Suid-Afrika verbind en hy is tans in ʼn hofgeding met die Nasionale Vervolgingsgesag gewikkel om sy uitlewering aan sy land van herkoms teen te staan. Hy is vroeër in absentia in die Tsjeggiese Republiek aan geldwassery skuldig bevind en staar gevangenisstraf van 11 jaar in die gesig.

– SAPA

Lees ook:
Beeld-fotograaf moes foto’s uitvee
Krejcir swyg oor Bedfordview-ontploffing
Bom by Krejcir-onderneming eis twee
Nóg ‘n Krejcir-vennoot doodgeskiet
Krejcir-moordkomplot: Teenstrydighede in bewyse
Bedfordview-man by verkeerslig doodgeskiet; Krejcir ontken verbintenis
Krejcir-moordkomplot: Beskuldigde in hof
Krejcir-uitleweringsverhoor weer uitgestel
Krejcir weer in die hof
Krejcir se vermeende aanvaller dalk veiliger agter tralies
Krejcir se winkel beroof
Foto’s: Krejcir oorleef bisarre sluipmoordaanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Daan ·

Hy sal nie uitgelewer wil word dis veiliger hier as in sy eie land. Hy stel baie onskuldige mense om hom se lewens in gevaar.

Peter Se ·

Ek vra weer die vraag-Wat hou die man uit die tronk….Geld ???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.