Krejcir-prokureurs weet nie waar hy aangehou word nie

Radovan Krejcir Foto: www.lidovky.cz

Radovan Krejcir Foto: www.lidovky.cz

‘n Dringende hofbevel is aan Radovan Krejcir se prokureurs toegestaan om die polisie te dwing om hulle in kennis te stel waar dié sakeman van Tsjeggië aangehou word nadat hy in hegtenis geneem is.

“Ons is na die hof om die polisie te dwing om ons in te lig waar hy aangehou word,” het Eddie Classen, Krejcir se prokureur, Saterdag gesê. “In hierdie stadium weet ons nie waar hy is nie. Ons sal moet wag vir die perskonferensie.” Die polisie het Vrydagaand bevestig hulle sal Saterdag om 12:00 ‘n perskonferensie in Pretoria hou oor Krejcir se inhegtenisneming.

Classen wou nie sê in watter hof of wanneer die bevel toegestaan is nie. Hy sê hulle is na verskeie polisiestasies om Krejcir op te spoor.

Lt.gen. Solomon Makgale, woordvoerder van die polisie, en die Nasionale Vervolgingsgesag kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Die polisie het Vrydag bevestig Krejcir is in hegtenis geneem op klagtes van poging tot moord en ontvoering. “Krejcir is Vrydagaand ná 18:00 by sy huis in Gauteng in hegtenis geneem,” het Makgale Vrydagaand gesê.

Die polisie het bevestig dat, alhoewel hulle nie gewoonlik die name van verdagtes bekend maak voordat die persoon in die hof verskyn het nie, “is daar besluit om, gebaseer op die lasbrief en openbare belang dat die verdagte wel in hierdie geval uitgeken sal word”.

Twee mense is verlede Dinsdag dood en vyf beseer tydens ‘n ontploffing by Krejcir se onderneming, Money Point, in Bedfordview aan die Oos-Rand. Krejcir was in Julie die teiken van ‘n vreemde sluipmoordaanval buite Money Point. Afstandbeheerde vuurwapens is agter ‘n motor se nommerplaat installeer en het op hom begin vuur toe hy uit sy motor geklim het. Hy het ongedeerd van die voorval weggestap.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het verlede Vrydag gesê dat Krejcir se bates onder beheer van ‘n kurator geplaas is.

Lees ook:
Radovan Krejcir in hegtenis geneem
Polisieman van Oos-Rand het Krejcir-lening aangegaan
Krejcir se ma loof groot beloning uit
Krejcir-werknemer in die hof
“Ek vrees vir my lewe” – Krejcir
Beeld-fotograaf moes foto’s uitvee
Krejcir swyg oor Bedfordview-ontploffing
Bom by Krejcir-onderneming eis twee
Nóg ‘n Krejcir-vennoot doodgeskiet
Krejcir-moordkomplot: Teenstrydighede in bewyse
Bedfordview-man by verkeerslig doodgeskiet; Krejcir ontken verbintenis
Krejcir-moordkomplot: Beskuldigde in hof
Krejcir-uitleweringsverhoor weer uitgestel
Krejcir weer in die hof
Krejcir se vermeende aanvaller dalk veiliger agter tralies
Krejcir se winkel beroof
Foto’s: Krejcir oorleef bisarre sluipmoordaanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.