Krejcir-werknemer in die hof

Radovan Krejcir Foto: www.lidovky.cz

Radovan Krejcir Foto: www.lidovky.cz

ʼn Bestuurder van Money Point, omstrede sakeman Radovan Krejcir se maatskappy, en ʼn bankamptenaar het Maandag in die Johannesburgse gespesialiseerde handelsmisdaadhof verskyn.

“Ivan Savov, besigheidsbestuurder van Money Point, sal Dinsdag aansoek doen om borgtog,” het kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, gesê.

Die bankamptenaar se aansoek om borgtog is Maandag afgekeur.

Die twee word aangekla van bedrog en geldwassery nadat hulle Donderdag in hegtenis geneem is. Savov is by Money Point goud- en diamanthandelaars se kantoor in Bedfordview aan die Oos-Rand in hegtenis geneem.

Twee mense is verlede Dinsdag in ʼn ontploffing buite die perseel dood. Die klagtes teen die twee mans hou glo nie verband met die ontploffing nie.

Ramaloko sê die bankamptenaar het glo ʼn ongemagtigde oorplasing van R10 miljoen uit die sekuriteitsmaatskappy G4S se bankrekening gemaak. Die geld is glo na ʼn prokureur se rekening oorgeplaas voordat dit na Savov se rekening oorbetaal is. “Ons glo dit is deel van ʼn groter sindikaat,” het Ramaloko gesê.

Hy kon nie verdere besonderhede bekend maak nie.

Krejcir, wat sy uitlewering na Tsjeggië teenstaan, glo die ontploffing by Money Point was ʼn aanval op hom. ʼn Voertuig wat met afstandbeheerde vuurwapens uitgerus is, het vroeër die jaar by dieselfde perseel op hom losgebrand. Klik hier om meer te lees.

Hy het glo gesê dit is belaglik om voor te stel dat hy enige van dié voorvalle self georkestreer het om sy aansoek vir vlugtelingstatus te ondersteun.

Lees ook:
“Ek vrees vir my lewe” – Krejcir
Beeld-fotograaf moes foto’s uitvee
Krejcir swyg oor Bedfordview-ontploffing
Bom by Krejcir-onderneming eis twee
Nóg ‘n Krejcir-vennoot doodgeskiet
Krejcir-moordkomplot: Teenstrydighede in bewyse
Bedfordview-man by verkeerslig doodgeskiet; Krejcir ontken verbintenis
Krejcir-moordkomplot: Beskuldigde in hof
Krejcir-uitleweringsverhoor weer uitgestel
Krejcir weer in die hof
Krejcir se vermeende aanvaller dalk veiliger agter tralies
Krejcir se winkel beroof
Foto’s: Krejcir oorleef bisarre sluipmoordaanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.