Krejcir se ma loof groot beloning uit

Radovan Krejcir Foto: www.lidovky.cz

Radovan Krejcir Foto: www.lidovky.cz

Radovan Krejcir, die omstrede voortvlugtende sakeman van Tsjeggië, se ma het ʼn R2 miljoen-beloning uitgeloof vir inligting oor die twee pogings om sy lewe te neem, het The Star Woensdag berig.

Nadezda Krejcirova het Dinsdag in ʼn verklaring gesê sy bied ʼn R1 miljoen-beloning aan vir elke poging. Die inligting moet die polisie in hul ondersoek bystaan wat tot die suksesvolle inhegtenisneming en skuldigbevinding van die skuldiges lei.

Krejcirova word in die Prague Post gelys as een van die Tsjeggiese Republiek se rykste vroue.

Twee mense is verlede week dood nadat ʼn bom by Krejcir se besigheidsonderneming, Money Point in Bedfordview aan die Oos-Rand, ontplof het. Dit volg op ʼn vorige bisarre sluipmoordaanval in Julie vanjaar toe ʼn voertuig, wat met afstandbeheerde vuurwapens toegerus is, op sy koeëlvaste voertuig in die parkeerarea by dieselfde kantoor losgebrand het.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Vrydag gesê dat al Krejcir se bates onder die beheer van die balju geplaas is.

Krejcir word aan ʼn aantal onopgeloste moorde in Suid-Afrika verbind en hy is tans in ʼn hofgeding met die Nasionale Vervolgingsgesag gewikkel om sy uitlewering aan sy land van herkoms teen te staan. Hy is vroeër in absentia in die Tsjeggiese Republiek aan geldwassery skuldig bevind en staar gevangenisstraf van 11 jaar in die gesig.

Lees ook:
Krejcir-werknemer in die hof
“Ek vrees vir my lewe” – Krejcir
Beeld-fotograaf moes foto’s uitvee
Krejcir swyg oor Bedfordview-ontploffing
Bom by Krejcir-onderneming eis twee
Nóg ‘n Krejcir-vennoot doodgeskiet
Krejcir-moordkomplot: Teenstrydighede in bewyse
Bedfordview-man by verkeerslig doodgeskiet; Krejcir ontken verbintenis
Krejcir-moordkomplot: Beskuldigde in hof
Krejcir-uitleweringsverhoor weer uitgestel
Krejcir weer in die hof
Krejcir se vermeende aanvaller dalk veiliger agter tralies
Krejcir se winkel beroof
Foto’s: Krejcir oorleef bisarre sluipmoordaanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Justi ·

Seg ek stem saam, Krejcir moet eerder terug na sy eie land. As gevolg van hom het onskuldige mense moes boet met hul lewens.

Peter Says ·

seg, menende ??? Vraag is weer, waar kry sy ma die fondse, het sy ook n “besigheidjie “of 2 waarvan ons nie weet nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.