ʼn Voetganger, vermoedelik in sy laat 40’s, is in ʼn kritieke toestand nadat hy Saterdagmiddag ʼn paar meter ver onder ʼn taxi gesleep is op die R40 buite Riverside Mall in Nelspruit.
Goeie nuus: Nóg ʼn veer in Kaapstad se hoed
Kaapstad het pas die negende plek gehaal op Travel and Leisure se lys van beste stede in die wêreld.
Serena Williams wen sesde Wimbledon-finaal
Serena Williams het Saterdag Garbine Muguruza van Spanje geklop en haar sesde Wimbledon-trofee ingepalm.
Foto’s: Operasie Fiela werp vrugte af in Kaapstad
Altesaam 132 huise, 166 persone en 103 voertuie is Vrydagoggend in Parklands, Table View deursoek nadat misdaadintelligensie woonhuiskomplekse in dié deel as problematies uitgeken het.
Geskutte taxi’s nie afgehaal nie
Ismail Vadi, LUR vir paaie en vervoer in Gauteng en LUR vir gemeenskapsveiligheid Sizakele Nkosi-Malobane, het Saterdagoggend ure lank tevergeefs by ʼn perseel in Koedoespoort, Pretoria, gestaan en wag vir taxi-operateurs om hul voertuie op te eis.
Nelspruit-man sterf ná kaping
Ben van Wyk (53) van Nelspruit het Vrydagaand aan sy beserings beswyk nadat hy op 4 Julie gekaap en aangerand is.
Foto’s: 25 vas oor openbare geweld, brandstigting
Altesaam 25 persone is in Limpopo in hegtenis geneem op aanklag van openbare geweld, opsetlike saakbeskadiging, en brandstigting nadat twee tavernes en ʼn vragmotor, wat aan ʼn drankwinkel se pakhuis behoort, aan die brand gesteek is.
Pta-kleuter oorlede ná hy in swembad beland
Danté Stroebel, die driejarige kleuter van Pretoria wat verlede Sondag in die bure se swembad beland het, is Vrydag oorlede.
Duisende rykes het al SA verlaat
Meer as 8 000 Suid-Afrikaanse miljoenêrs het reeds sedert 2000 die land verlaat.
ANC behoort Ramokgopa te onthef
AfriSake meen die burgemeester van Tshwane Metro moet van sy pos onthef word na onthullings dat hy deeglik daarvan bewus was dat die metro se slimmeterkontrak met PEU Capital totaal onwettig was.
Valke ondersoek Fifa-sokkerskandaal; Amerika sal swye verbreek
Die Valke gaan die VF Plus se klag gaan ondersoek dat hooggeplaaste Suid-Afrikaners betrokke was by bedrog rondom Fifa se 2010-Wêreldbekersokkertoernooi.
Kar rol op snelweg
Een persoon is dood en drie ernstig beseer nadat ʼn motor Vrydagaand omstreeks 22:30 op die snelweg in Gauteng, waar die N1 en N3 verdeel, gerol het.
AfriForum veg vir Volksrust se naam
AfriForum het ’n nasionale veldtog, Keer dat Volksrust waai, van stapel gestuur ter behoud van dié dorp se naam.
Hartbeespoort-verdagte weer aangekeer
Een van vyf verdagtes wat uit polisie-aanhouding in Hartbeespoort in Noordwes ontsnap het, is weer in hegtenis geneem.
‘Verkragter’ hou slagoffer glo gyselaar
ʼn 22-jarige man is in hegtenis geneem nadat die 18-jarige vrou wat hy gyselaar gehou en verkrag het, kon ontsnap.
Akteur Omar Sharif sterf
Die bekende akteur, Omar Sharif, is Vrydag in Kaïro in die ouderdom van 83 oorlede.
450 kg-man op asemhalingsmasjien ná terugslag
Corrie le Grange (60), die man van Johannesburg wat 450 kg weeg, is aan ʼn asemhalingsmasjien gekoppel nadat hy Donderdag ʼn ernstige terugslag gehad het.
Baba Nico: ‘Die einde is in sig’
Ná maande lange se gewag en talle hofverskynings is ʼn verhoordatum uiteindelik in sig vir ʼn ouerpaar van Welkom in die Vrystaat wie se voormalige huiswerker glo hul babaseuntjie, bekend as baba Nico, aangerand het.
Ma sterf ná vakansie in geboorteland
ʼn Kaapse gesin se vakansie in Namibië, hul ma se geboorteland, het tot ʼn tragiese einde gekom toe hulle op pad terug in ʼn motorongeluk was.
Kgwadi gekap oor ‘persoonlike vetes’ en ‘afbreek van fondamente’
“Sedert sy benoeming as visekanselier het prof [Dan] Kgwadi hom uitdruklik daarop toegespits om die fondamente waarop die sukses van die NWU sedert 2005 gebou is, af te breek.”