Corrie le Grange (60), die man van Johannesburg wat 450 kg weeg, is in die waakeenheid van die Charlotte Maxeke- akademiese hospitaal opgeneem.
Ouers ry verby ongeluk waarin dogter dood is
Elzeth Gouws (30) het Vrydagmiddag verongeluk op pad na haar ouers se plaas buite Brits. Haar ouers het kort hierna verby die ongelukstoneel gery.
Man vas ná hy bank in rolstoel beroof
ʼn Man is in hegtenis geneem twee dae nadat hy ʼn bank in New York helder oordag in ʼn rolstoel beroof het.
Drie familielede sterf ná trok omslaan
Drie mense, glo familielede, is dood toe hulle motor teen die vrag van ’n vragmotor gebots het nadat die vragmotor omgeslaan het op die N3 in Hammarsdale, KwaZulu-Natal.
Kunstenaar se moordenaars gevonnis
“Toe julle hom vermoor het, het julle ʼn vrou en ʼn jong dogtertjie van die mees kosbaarste ding wat hulle het beroof; ʼn man en ʼn pa.”
Video: Baba gered ná sy wegdryf in see
ʼn Tien maande oue babadogtertjie is gered nadat sy op ’n opblaasmatrassie sowat ʼn kilometer ver van die strand af die see in gedryf het.
Baba in ouma se motor gebore
ʼn Babadogtertjie is Vrydagaand in haar ouma se motor in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, gebore.
Jeugliga wil Tafelberg vir inisiasies oormerk
Die ANC-jeugliga in die Wes-Kaap het versoek dat Tafelberg beskikbaar gemaak moet word vir inisiasieseremonies.
Drie dood, vier beseer in botsing
Twee mans en ʼn vrou is dood toe twee voertuie teen mekaar gebots het op die N2 buite Kaapstad.
UV: Studente se reuse-eis is ‘sonder meriete’
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het gesê Cobus Muller en Charl Blom, twee oudstudente, se eis van meer as R6 miljoen teen die universiteit en sy rektor, prof. Jonathan Jansen, is “sonder meriete”.
Foto’s: Vrou beseer toe dolfyn in boot spring
WAARSKUWING: Die foto’s in die berig kan sensitiewe lesers ontstel.
‘Kapers’ met polisie-uniforms vasgetrek
Die Johannesburgse metropolisie het twee vermeende kapers in hegtenis geneem.
Verdagte doodgeskiet tydens bankroof
ʼn Vermeende bankrower is Vrydag dood in ʼn skietgeveg met veiligheidswagte by die Oriental Plaza in Johannesburg.
EFF kla Ramaphosa van moord aan
Julius Malema, leier van die EFF, en ʼn afvaardiging het Vrydagmiddag verskeie klagtes van onder meer moord teen ses mense, waaronder adjunkpres. Cyril Ramaphosa, aanhangig gemaak.
Polisieman sterf in gewapende roof
ʼn Polisiebeampte is in ʼn gewapende rooftog in Mount Fletcher in die Oos-Kaap doodgeskiet.
Vyf geskiet in geweld oor busroetes
Vyf mense, insluitend ʼn Putco-busbestuurder, is Vrydag in Mamelodi geskiet en gewond gedurende geweld oor nuwe busroetes.
Jong krieketspeler byna vinger kwyt toe hond hom aanval
ʼn Elfjarige seun van Bela-Bela in Limpopo was byna ʼn gedeelte van sy wysvinger kwyt nadat hy Maandag deur ʼn hond aangeval is.
Sportnutsvoertuig beland in swembad
ʼn Sportnutsvoertuig het Vrydagoggend in ʼn inwoner van Rooseveltpark, wes van Johannesburg, se swembad beland ná ʼn botsing met ʼn ander motor.
VF Plus voor raad oor plaasmoorde en Afrikaans
Die VF Plus is Vrydag aan die woord voor die algemene raad van die Unrepresented Nations and Peoples Organisation (UNPO) in Brussel, België, waar voorleggings oor plaasmoorde en die amptelike diskriminering teen Afrikaans voorgelees en ingedien gaan word.
Ebola terug in Liberië
Die Wêreldgesondheidsorganisasie het Liberië sewe weke gelede as ebola-vry verklaar, maar dit blyk dat dié siekte terug is nadat ‘n man onlangs daaraan dood is.