Hannelie Groenewald, die Suid-Afrikaanse vrou wie se man en twee kinders die naweek in Kaboel in Afghanistan doodgeskiet is, glo God het haar lewe vir ʼn rede gespaar, het Beeld Dinsdag berig.
Video: Kaapse akteur uit motor geslinger, sterf
ʼn Kaapse akteur is dood nadat hy tydens ʼn gru-ongeluk op die N2 naby Langa uit die motor geslinger is. WAARSKUWING: Die video is grafies van aard en kan sensitiewe kykers ontstel.
Mediagroep-werknemer van poging tot moord aangekla
Independent Media het ʼn saak van poging tot moord teen een van sy werknemers aanhangig gemaak nadat hy glo ʼn kollega “wreed aangerand” het, het The Star Dinsdag berig.
Wynlandgoed-moord: ‘Ondersoek in bekwame hande’
Die aanval waartydens Anthea du Preez (64) vermoor is, is die eerste van sy soort in die Breedekloof-gemeenskap in die Wes-Kaap en die beste mannekrag ondersoek die voorval, het haar skoonseun Peter Basson gesê.
Video: Indiese susters klap buspeste vuurwarm, kry beloning
Drie Indiese mans wat waarskynlik gedink het hulle sal, soos talle landgenote, wegkom met die molestering van vroue op ’n bus, het hulle rieme behoorlik styfgeloop.
Nuuskommentaar: Number 1 kry 1/10
Daar is op die oog af betreklik min ontsteltenis of verbasing dat pres. Jacob Zuma en ’n paar van sy ministers vir hul “prestasies” die afgelope jaar een uit tien op hul DA-rapporte gekry het, skryf Herman Toerien.
Leading Lady ʼn groot treffer onder fliekvlooie
Leading Lady het die afgelope naweek op die grootskerm begin draai en het reeds meer as R1.368 miljoen by die loket ingebring.
Verkeer erg ontwrig ná Ballito-ongeluk
Twee voetgangers is Dinsdagoggend dood nadat ʼn motor hulle op die N2-snelweg tussen Ballito en Tongaat Mall in KwaZulu-Natal getref het.
Noordwes-man deur pofadder gepik
ʼn 45-jarige man is in ʼn ernstige toestand in ʼn hospitaal nadat ʼn pofadder hom Maandagmiddag in Rysmierbult in Roodraai in Noordwes gepik het.
Drie in hof na moord op KZN-boer
Drie mans het Maandag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal verskyn in verband met die moord op Timothy Green.
Man tronk toe na hy 14-jarige verkrag
ʼn 18-jarige man van Mpumalanga is skuldig bevind aan die verkragting van ʼn 14-jarige meisie en is tronkstraf opgelê.
Derby-Lewis se aansoek vir mediese parool aangehoor
Die hooggeregshof in Pretoria sal Dinsdag ‘n dringende aansoek hoor vir die vrylating van Clive Derby-Lewis op mediese parool, het Front Nasionaal gesê.
Gesteelde poolhonde met eienaar herenig
Dick Coetzer van Pretoria is met drie van sy vyf poolhonde herenig nadat hulle deur vroue wat hulself as DBV-inspekteurs voorgedoen het, gesteel is.
Polisieman gee hom oor ná moord
ʼn Konstabel het homself aan die polisie oorgegee nadat hy glo Sondagoggend ʼn vrou buite ʼn kroeg naby Witbank in Mpumalanga doodgeskiet het.
Nuwe Maties-rektor “wil terugploeg”
Prof. Wim de Villiers, die nuwe rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch, het gesê dit is nou sy verantwoordelikheid om terug te ploeg in sy alma mater.
Oudburgemeester-video: ‘Dis kwaadwillig en verdraaiing’ sê polisie
Die polisie in Noordwes het Maandag gesê die beeldmateriaal wat wys hoe polisiebeamptes Eugene Nel, ʼn oudburgemeester van Lichtenburg, hardhandig behandel voor hulle hom in ʼn vangwa inboender, is ʼn verdraaiing van wat werklik gebeur het.
Herschelle Gibbs in hegtenis geneem
Die voormalige Protea-kolwer Herschelle Gibbs is glo in hegtenis geneem.
DA: 1 uit 10 vir Zuma
President Jacob Zuma het versuim om Suid-Afrika te lei, het die DA Maandag tydens die bekendstelling van sy jaarlikse rapport oor Zuma en sy kabinet gesê.
Plaasmoord skok Rawsonville-gemeenskap
Die klein gemeenskap van Rawsonville in die Wes-Kaap is in skok oor die dood van ʼn bekende boer in die omgewing se geliefde vrou tydens ʼn vermeende plaasaanval.
Juffrou gesleep: Suzanne uit koma
Suzanne Leyden se dokters het haar Saterdag uit haar geïnduseerde koma begin wakker maak, en sy het Maandag selfs ʼn entjie geloop.