Meer as 9 000 gevangenes is as ambagsmanne opgelei, in ʼn poging om die land se vaardigheidstekort aan te spreek.
Nóg ʼn aardbewing in Amerika
ʼn Aardbewing wat 4.8 op die momentmagnitudeskaal gemeet het, het Yellowstone Nasionale Park in Amerika Sondag getref.
JHB-busbestuurders staak
Johannesburg se Rea Vaya-busbestuurder staak van Maandag af.
Krim-horlosies nou op Rusland-tyd
Die Krim-skiereiland stel Sondag dagligbesparing hul horlosies twee ure vorentoe om by Rusland in te val.
Sewe dood in Bloem-ongeluk
Sewe mense, insluitend ʼn eenjarige kind, is dood en vier ander beseer toe ʼn Toyota Fortuner en ʼn vragmotor Sondag in Bloemfontein gebots het.
Plaasaanval: Tzaneen-boer gemartel
ʼn Boer naby Tzaneen in Limpopo is Sondagoggend aangeval en gemartel.
Plaasmoord: Man en vrou dood aangetref
ʼn Man en ʼn vrou is dood aangetref op hul plaas in Lephalale (Ellisras), Limpopo.
Elektrisiteit gespaar tydens aarduur; bekende plekke afgeskakel
Suid-Afrikaners wat Saterdag deelgeneem het aan die wêreldwye aarduur het ʼn bydrae gelewer om die planeet te red.
Mense moet na ander provinsies trek as hulle werk wil hê
Solidariteit is oortuig dat swak raad deur die Kommissie vir Diensbillikheid (CEE), op wie se advies minister Oliphant die konsep-diensbillikheidskodes gepubliseer het, tot die skadelike inhoud van die kodes bygedra het.
Gratis vliegkaartjies vir afgetrede LPs
Afgetrede LPs behoort tot 24 gratis vlugte per jaar te kry vir 10 jaar, luidens ʼn voorstel wat voor die parlement gelê is, het die Sunday Times berig.
Video: Kenners waarsku studente teen medikasie
Sielkundiges is bekommerd daaroor dat al hoe meer studente glo stimulante gebruik in die hoop om beter te vaar op universiteit. Dit is blykbaar veral medikasie soos Ritalin, bedoel vir mense met aandagafleibaarheidsindroom, wat misbruik word.
Video: ZZ2 beoefen natuurboerdery
Die ZZ2-boerdery produseer byna 40% van die land se tamaties. Die plaas fokus op natuurboerdery en probeer verseker dat die omgewing nie onherstelbaar ontwrig word deur enige projekte nie.
Naskok tref Los Angeles
ʼn Aardbewing wat 4.1 op die momentmagnitudeskaal gemeet het, het Los Angeles Saterdag getref, een dag ná ʼn soortgelyke seismiese skok deur die gebied beweeg het.
Voorwerpe nié deel van vermiste vliegtuigwrak
Voorwerpe wat Saterdag uit die Indiese Oseaan gehaal is, is glo nie deel van die vermiste vliegtuig van Malaysian Airlines Vlug 370 nie.
PAC se bankrekeninge gevries
Die Pan Africanist Congress sukkel om verkiesingsveldtogte te hou, aangesien sy bankrekening gevries is, het die Sunday Times berig.
DA sal kantoorspasie vir R1 verhuur
Die DA sal kantoorspasie aan klein ondernemings in Gauteng uitverhuur teen R1 per jaar indien hy die provinsie in vanjaar se verkiesing wen, het Mmusi Maimane, die party se premierskandidaat in Gauteng, Saterdag gesê.
“Zuma moet tronk toe” – Malema
Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het Saterdag gesê pres. Jacob Zuma moet in hegtenis geneem word omdat hy staatsgeld gesteel het.
Ellisras-man word vermis
Jurie Hendrik (Danie) Joubert van Lephalale (Ellisras) in Limpopo word sedert Donderdag vermis.
ANC se verkiesingsveldtog by Kaapstadse Jazzfees
ANC-hoës sal na verwagting hul verkiesingshoede opsit tydens die Kaapstadse jazzfees wat hierdie naweek plaasvind.
Onderhoofseun sterf in fietsongeluk
Rudi Lettau, onderhoofseun van die Hoërskool Pretoria-Noord is Vrydagmiddag ná skool deur ‘n metropolisiebeampte op sy fiets doodgery.