Nie almal is lief vir aspersies nie, maar dié tert klink soos ʼn wenner. Probeer dit gerus en laat weet ons hoe dit smaak!
Kosblik-idees: Tamatiesmoor en plaatkoekies
“Gesonde keuses bly belangrik vir ʼn gesonde manier van eet. Dit beteken dat ons nie net seker kosse moet vermy nie, maar juis moeite moet doen om voedsame bestanddele deel te maak van ons etes,” skryf Heleen Meyer.
[Resep] Sosaties met vinkel, worsies en olywe
Hierdie lyk soos ʼn heerlike peuselhappie terwyl die res van die vleis gebraai word.
[Resep] Roosterkoek
Die lewe sou darem wonderlik gewees het as roosterkoek as ʼn groente getel het…
[Resep] Vir die kosblik: Tuna-en-eierbakkies
Om maaltye en kosblikke gebalanseerd en voedsaam te maak, moet jy probeer om deur die loop van die dag iets uit elke voedselgroep te eet. Hierdie kosblik is ʼn goeie voorbeeld daarvan, want daar is proteïene in die eierbakkies (die tuna en eier), stysel in die vorm van die boontjies en ook die appel en dan gesonde olies van die guacamole.
[Resep] Rys-en-mieliekoekies
Volgens Francois Ferreira is dié resep so gewild dat hy dit vir ʼn tweede keer in ʼn resepteboek laat publiseer.
Kosblik-idees: Hoenderslaai en kaas-en-mieliemuffins
Kosblik-pak vir die gesin behoort nie te moeilik of tydsaam te wees nie. ʼn Bietjie beplanning kan ʼn groot verskil maak, want as jy aandetes so beplan dat daar iets oorbly of op ʼn nuwe manier aangewend kan word, is die helfte van die werk reeds gedoen.
[Resep] ʼn Bederfie vir jou Valentyn
Sjef Izelle Hoffman deel drie heerlike resepte om jou Valentyn mee te bederf. Daar is niks soos ʼn gekookte maaltyd om te sê “Ek het jou lief” nie.
[Resep] Toebroodjies met guacamole en eier
Die kombinasie van guacamole (avo-puree) en eier is propvol gesonde olies, proteïen en ander voedingswaarde. Kies volgraanbrood vir ekstra vesel en maak seker dis nie net ʼn verfynde stysel nie. ʼn Vars vrug en bakkie neute is die perfekte peuselhappie vir later deur die dag.
[Resep] Lewerpatee
Dié resep behoort aan Vossie Kruger en sy meen dit is ʼn lieflike resep. Hierdie resep lewer ʼn groot hoeveelheid. Onthou om die patee goed te vries.
[Resep] Sampioene met knoffelbotter
ʼn Mens kan mos nooit verkeerd gaan met ʼn heerlike sampioengereg nie. Sit dit voor as ʼn voorgereg saam met tuisgebakte volgraanbrood of bedien dit as ʼn bykos.
[Resep] Vinnige volkoringbroodjie
Lekker by braaivleis as ʼn mens dit warm voorsit met botter.
[Resep] Jakkie se heerlike biltongslaai
Hierdie slaai is vullend en heerlik vir die werk of sommer ʼn maklike maaltyd by die huis.
[Resep] Kerrie-vrugteslaai
Hierdie resep mag dalk vreemd klink, maar kyk net wat is alles in dié slaai. Laat weet gerus indien jy hierdie outjie gaan voorberei, ons hoor graag van jou!
[Resep] Vinnige bykosse
Probeer hierdie heerlike bykosse wat vinnig is om te maak en boonop gesond en smaaklik is. Bedien dit saam met enige hoofgereg.
[Resep] Vyekonfyt
Ons deel graag hierdie heerlike konfytresep en sommer ook wenke oor algemene foute wat voorkom wanneer jy konfyt kook.
[Resep] Soetpatats
Hierdie bykos sal soos poeding proe – net soos jou ouma dit gemaak het.
[Video] Kikker kaas-en-wyn-kuiertjies op met dié toertjie
Kaas-en-wyn-partytjies kan opgedollie word, of dalk nie, met ʼn idee wat deur Popsugar Food gedeel is.
[Resep] Uitjies in foelie
Gebraaide uie is stroopsoet en die lekkerste bykos vir ʼn braai.
[Resep] Verruklike Kersfees-spyskaart
Hierdie spyskaart van Heleen Meyer, bekende gesig op Die Groot Ontbyt en ʼn koskonsultant wat mense graag aanmoedig om lekker en gesonder te eet, is perfek vir Kersfees. Haar resepte is geurig, maklik om te maak en daar is altyd iets vir elkeen se smaak.