Die derde verdagte wat vir die moord van Jayde Panayiotou (28) in hegtenis geneem is, was ten tyde van sy inhegtenisneming uit op borgtog.
Soekresultate vir: Jayde Panayiotou
Panayiotou-moord: Derde verdagte se naam bekend
ʼn Derde verdagte het Dinsdag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn in verband met die ontvoering en moord van Jayde Panayiotou (28).
Jayde Panayiotou-moord: Derde persoon in hof
ʼn Derde persoon wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op die onderwyseres Jayde Panayiotou, sal Dinsdag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn.
Jayde Panayiotou: Man in hof; bly in aanhouding
Jayde Panayiotou se man, Christopher (28), het Maandag in die Port Elizabeth-landdroshof op ʼn aanklag van moord verskyn en sal in aanhouding bly tot en met sy volgende hofverskyning.
Jayde Panayiotou: Man kry huldeblyk op internet
Jayde Panayiotou se man, Christopher (28), het gesê hy is nie goed met woorde nie en dat hy daarom die huldeblyk wat hy verlede Maandag by haar begrafnisdiens gelewer het, op die internet gevind het.
Jayde Panayiotou-moord: Familielid Maandag in die hof
Alle oë is Maandag op die Port Elizabeth-landdroshof gerig waar die familielid, wat in verband met die moord op die onderwyseres Jayde Panayiotou in hegtenis geneem is, in die hof sal verskyn.
Jayde Panayiotou se man glo vas
Die polisie wou nie kommentaar lewer op berigte dat Jayde Panayiotou se man die tweede verdagte is wat in hegtenis geneem is in verband met haar ontvoering en moord nie.
Jayde Panayiotou-moord: Verdagte in hof
ʼn 31-jarige man het Donderdagoggend in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn in verband met die ontvoering van en moord op Jayde Panayiotou.
Twee vas oor Jayde Panayiotou se moord
Die polisie het bekend gemaak dat twee verdagtes in hegtenis geneem is in verband met die ontvoering en moord op Jayde Panayiotou. Intussen word daar berig een van die verdagtes is glo ʼn familielid.
Jayde Panayiotou: ‘Reuse-deurbraak’ gemaak
Die polisie het bekend gemaak dat hy ʼn “reuse-deurbraak” gemaak het in die ondersoek na die ontvoering en moord op Jayde Panayiotou, die onderwyseres van Port Elizabeth wat verlede Dinsdagoggend verdwyn het.
Nog ʼn vrou in Oos-Kaap ontvoer
ʼn 25-jarige vrou van Jeffreysbaai in die Oos-Kaap is Maandag deur drie verdagtes gekaap en ontvoer, enkele dae nadat Jayde Panayiotou van Port Elizabeth ontvoer en vermoor is.
Jayde se man lewer roerende huldeblyk
“Jayde is nie weg nie; sy is oral.” Só het Christopher Panayiotou hulde gebring aan sy vrou Jayde, wie se liggaam verlede week gevind is kort nadat sy verdwyn het.
Geen verdagte vas vir moord op PE-onnie
Niemand is nog in hegtenis geneem vir die moord op Jayde Panayiotou (28), die onderwyseres van Port Elizabeth wat verlede Dinsdagoggend verdwyn het, nie.
PE-moord: Identikit uitgereik
Die polisie het Sondag ʼn identikit uitgereik van ʼn man wat moontlik verbind kan word met die ontvoering en moord van Jayde Panayiotou (28), die onderwyseres van Port Elizabeth wat Dinsdagoggend verdwyn het.
Jayde Panayiotou: Gedenkdiens by skool gehou
ʼn Gedenkdiens is Vrydag by die Riebeek College Girls’ High School in Uitenhage gehou vir Jayde Panayiotou (29), die onderwyser van Port Elizabeth wat vroeër die week ontvoer en vermoor is.
Moord op PE-onnie: Wees op die uitkyk uit vir hierdie juwele
Die polisie het foto’s uitgereik van die vermoorde Port Elizabeth-onderwyseres, Jayde Panayiotou (28), se verloof- en trouringe wat tydens haar ontvoering en moord gesteel is.
Ope brief: Hoeveel meer, mnr. President?
Ruik jy die reuk van moord, van verkragtings, van barbarisme. Hoor jy die skote van baie lewens wat eindig, die geskreeu van ’n nasie wat nie meer die geweld kan ervaar nie, vra Armand Cloete in ‘n ope brief aan pres. Zuma.
‘Jayde sou nie gaan sonder om te baklei’
Jayde Panayiotou (29), die vermoorde onderwyser van Port Elizabeth, sou nie haar lot net aanvaar het sonder om terug te baklei nie, het ʼn vriend gesê.
PE-onnie is doodgeskiet; polisie soek na 2 verdagtes
ʼn Voorlopige ondersoek na die moord op die Port Elizabeth-onderwyseres Jayde Panayiotou (28) dui aan dat sy geskiet is.
Moord op PE-onnie: Polisie ontken gerugte oor verdagte
Die polisie het gerugte ontken dat ʼn man wat twee maande gelede in hegtenis geneem is in verband met ‘n kaping en op borgtog uit was, nou met die moord op Jayde Panayiotou (28) verbind word.