Mrs. T, ʼn 90-jarige skilpad, is nou twee keer so vinnig danksy ʼn nuwe stel wiele.
Lees meerAlles vir Dinsdag 28 April 2015
Wonderkind jongste ooit om musiekgraad te ontvang
Die 11-jarige wonderkind, Curtis Elton, is die jongste persoon ooit om ʼn graad in musiek te ontvang.
Video: Ma gee seun oorveeg tydens Baltimore-betogings
ʼn Ma het haar seun regstreeks op die televisie ʼn oorveeg gegee en hom huis toe gejaag toe sy ontdek dat hy een van die betogers in Baltimore, Maryland in Amerika is. Dié video word wyd op sosiale media gedeel.
Foto’s: Veghonde tydens klopjag gered
Ses mans is in hegtenis geneem en 12 veghonde is in Ennerdale, Gauteng, gered tydens ʼn klopjag van die Dierebeskermingsvereniging se spesiale ondersoekeenheid. WAARSKUWING: Die foto’s onderaan die berig is grafies van aard en nie geskik vir kinders of sensitiewe lesers nie.
Leeus verskeur man by Oos-Londen-dieretuin
ʼn Besoeker is Dinsdagoggend by die dieretuin in Oos-Londen in die Oos-Kaap deur leeus verskeur.
ToekomsVenster: Hy bring lewe uit die dood
Is daar hoop vir gebroke mense, kerke, leraars, kerkleiers en lidmate? Kan daar lewe kom wanneer tradisie of weerstand teen verandering alle lewe dooddruk? Ons teksgedeelte sê: Ja, beslis.
Oorsaak van graad 1-seun se dood steeds ʼn raaisel
Die oorsaak van Divan Joubert se dood is steeds ʼn raaisel, maar die gesin weet genoeg om gerugte en spekulasie in die kiem te smoor. Divan, ’n graad 1-seun van Laerskool Standerton in Mpumalanga, is verlede Maandag by die skool dood.
Luister: Stadsboer boer met musiek en woeker met woorde
As jy nog nie Stadsboer se musiek gehoor het nie, kan jy gerus nader skuif en die moeite doen om na ʼn liedjie of twee van dié Pretoriase musiekgroep te luister.
Man glo deur kameelperd doodgetrap op wildplaas
Die Limpopo-polisie begin dié week met ʼn geregtelike doodsondersoek nadat ʼn man vermoedelik op ʼn wildsplaas naby Bela-Bela (Warmbad) deur kameelperd doodgetrap is terwyl hy gaan fietsry het.
Bouwerk vir ‘nuwe stad’ het begin
Die Chinese konglomeraat Shanghai Zendai het reeds begin met konstruksiewerk aan die nuwe R84 miljard-stad in Modderfontein, Johannesburg, berig Africa Property News.
Geen verdagte vas vir moord op PE-onnie
Niemand is nog in hegtenis geneem vir die moord op Jayde Panayiotou (28), die onderwyseres van Port Elizabeth wat verlede Dinsdagoggend verdwyn het, nie.
Foto’s: ʼn Grondyskas sonder elektrisiteit
Floris Schoonderbeek, stigter van die Nederlandse ontwerpmaatskappy Weltevree, het ʼn yskas ontwerp wat ondergrond installeer word.
Gebrande hout nog bruikbaar, meen kenners
ʼn Simposium oor boskultuur en die bestuur van droëlandwoude is in Maart op Stellenbosch gehou, waartydens die bruikbaarheid van gebrande bome bespreek is.
Die tannie se boeke en die toekoms van Afrikaans
Ek sien die verlede en die toekoms van Afrikaans in haar oë. Ek verstaan presies, en voel lus om haar te salueer. Ek maak die deur vir haar oop, en terwyl hulle wegtrek, wonder ek of daar nie so iets is soos ʼn Taalmisdaad teen die Mensdom nie.
Resep: Ma Sarie se Piesangbrood
Staatmaker piesangbrood resep wat ‘n ereplek as bobaas-brood verdien.
Tot 10 000 dalk dood in Nepal-aardbewing
Hoewel die amptelike dodetal in die Nepalese aardbewing nou reeds op meer as 4 300 staan, vrees die Nepalese premier, Sushil Koirala, dat die syfer tot 10 000 kan styg.
Drie vas vir bejaarde non se moord, verkragting
Drie verdagtes is in hegtenis geneem weens die moord en beweerde verkragting van Getrud Tiefebacher, ʼn 86-jarige non van Ixopo in KwaZulu-Natal wie se liggaam twee weke gelede in haar kamer aangetref is.
Oom Herrie se kerrie: Erg knyp weens Engels
By die Bloem Show is als komende van die bestuur mos vanjaar in Engels – die kennisgewingborde, die webwerf, die program…
Afrikaans 90: Toekomstaal
“Dis die taal waarin jy leer praat het, die taal waarin jy leer lees het en die taal waarin jy leer somme maak het. Dis die taal waarin jy grappe maak en waarin jy huil…” Lees wat skryf Theuns Eloff oor Afrikaans.
Trokdrywer in hof ná egpaar se fietsry-tragedie
ʼn Vragmotorbestuurder sal na verwagting Dinsdag in die hof verskyn in verband met ʼn voorval waartydens ʼn Baaise egpaar van hul fietse af gery en die vrou dood is.