ʼn Politieke ontleder gee sy indrukke oor die ANC se afgelope verkiesingskonferensie.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "ANC-konferensie 2017"
ANC se nuwe NUK aangekondig
Van die lede wat deur meer as 4 000 afgevaardigdes tot die ANC se nasionale uitvoerende komitee gekies is, sluit in Zweli Mkhize, Nkosazana Dlamini-Zuma, Bheki Cele, Pravin Gordhan, Malusi Gigaba, Jackson Mthembu en Zizi Kodwa.
Video: Joernalis by ANC-konferensie uitgeboender
ʼn Suid-Afrikaanse joernalis is Dinsdag glo deur ʼn veiligheidsbeampte hardhandig behandel en by die ANC se nasionale verkiesingskonferensie by Nasrec in Johannesburg uitgeboender.
ANC-bestuur swyg oor vermiste stemme
Soos die einde van die ANC se nasionale verkiesingskonferensie by Nasrec in Johannesburg naderkruip, het die bestuurskomitee van die ANC teen Dinsdagaand nog geen aankondiging gedoen oor wat gaan gebeur rondom die 68 vermiste stemme van afgevaardigdes wat deel van die duisende was wat vir die nuwe ANC-leierskap gestem het nie.
‘ANC het vroue in die steek gelaat’
Bathabile Dlamini, president van die ANC-vroueliga, het gesê die ANC het Suid-Afrikaanse vroue in die steek gelaat toe Cyril Ramaphosa verkies is bo Nkosazana Dlamini-Zuma, om die regerende party te lei.
‘ANC staar ʼn strategiese dilemma in die gesig’
“Met die gelykopverdeling binne die top-ses sal Ramaphosa die mededingende politieke belange moet balanseer. Hy sal baie energie en politieke kapitaal moet gebruik om hulle te bestuur. Dit is tyd wat hy eerder kan gebruik om deurslaggewende stappe te doen om sy ekonomiese visie in te stel.”
Ramaphosa se kans om ʼn groter, sterker en beter ekonomie te bou
Is Ramaphosa die regte leier binne die ANC om beleggersvertroue in Suid-Afrika te herwin?
ANC-konferensie: ‘Vrae oor vermiste stemme’
Die ANC se bestuurskomitee het glo Dinsdagoggend vergader oor beweerde “vermiste stemme” met betrekking tot die stemproses vir die party se nuwe sekretaris-generaal.
Nuuskommentaar: Kan Cyril 2019-neerlaag afweer?
Gaan die blokke aan die been waarvoor die ANC gesorg het Cyril Ramaphosa toelaat om aan die verwagtinge te voldoen sodat die ANC in 2019 ’n byna seker stembusneerlaag kan afweer, of gaan Ramaphosa sterk genoeg wees om van die blokke los te breek? Dit is nog te vroeg om te sê, maar intussen verdien Suid-Afrikaners om hulle minstens ’n ruk te baai in die optimisme dat die Zumakrasie bloedneus geslaan is.
ANC-konferensie: Partye reageer
“Ramaphosa se verkiesing sal op die kort termyn beleggersvertroue ʼn hupstoot gee en selfs ʼn verdere afgradering na rommelstatus kan voorkom, maar indien hy langtermyn-vertroue wil skep, sal hy ʼn aantal drastiese stappe moet doen.”
Nuwe ANC-president: Só sê die kenners
“Ek dink die politieke klimaat sal meer positief wees en die rand sal ʼn goeie indikator wees van hoeveel meer positief. Die kredietgraderings behoort ons ook nou te los waar ons is met die eerste hersiening wat Maart 2018 sal plaasvind.”
ANC-konferensie: Hier is nuwe top-ses
Die ANC het Maandag die uitslae van die verkiesing by sy 54ste nasionale konferensie by Nasrec in Johannesburg bekendgemaak.
ANC-konferensie: Wat nou van Zuma?
Terwyl die laaste stemme vir die ANC se nuwe president nog Maandagmiddag by Nasrec-sentrum in Johannesburg getel is, het talle Suid-Afrikaners begin wonder wat gaan nou met president Jacob Zuma gebeur as die regerende party se nuwe leier eers aangewys is.
Ses vas oor vuurwapen by Nasrec
Ses verdagtes verskyn binnekort in die Johannesburgse landdroshof nadat hulle buite Nasrec, waar die ANC se nasionale verkiesingskonferensie tans aan die gang is, met ʼn vuurwapen betrap is.
Mantashe se raad aan nuwe ANC-leierskap
Die ANC het omstreeks 12:00 Maandag op Twitter bevestig dat die stemproses afgehandel is.
ANC-konferensie: Nog ANC-hoës steun Ramaphosa
Terwyl die stemproses steeds by die ANC se nasionale verkiesingskonferensie by Nasrec in Johannesburg aan die gang is, het nog senior ANC-lede openlik hul ondersteuning van adj.pres. Cyril Ramaphosa verklaar.
ANC-konferensie: Stemmery het begin
Die stemmery vir die nuwe top-ses van die ANC het Maandag in die vroeë oggendure by Nasrec in Johannesburg begin.
ANC-konferensie: Hier is benoemings vir top-ses
Die ANC het Sondagaand by die nasionale konferensie wat by Nasrec in Johannesburg gehou word die lys bekendgemaak van aanspraakmakers vir die top-posisies in die party.
ANC-konferensie: Nee vir twee adjunkpresidente
Benoeming vir die ANC-top-ses sal Sondag vroegaand begin.
ANC-Vroueliga staan by Dlamini-Zuma
Bathabile Dlamini, president van die ANC Vroueliga (ANCVL), was Sondag steeds oortuig dat hul voorkeurkandidaat die stryd om die presidentskap van die party sal wen ondanks die verlies aan stemme in sleutelondersteuningsgebiede.