ʼn Week gelede is intensiewe gesprekke met Denel se aandeelhouerverteenwoordiger, die nasionale departement van openbare ondernemings en die nasionale tesourie gehou oor die maatskappy se “ernstige likiditeitsuitdagings”.
Alles vir die sleutelwoord "Denel"
Strafregtelike klag teen Denel-hoës
“Die hoof- finansiële beampte het dit goedgedink om 100% van sy toegelate prestasiebonus teen Maart 2018 aan homself uit te betaal.”
Party eis antwoorde oor Denel se geldsake
Volgens vakbonde het Denel se geld opgeraak en is die maatskappy nie in staat om sy verskaffers en nagenoeg 4 000 werknemers hul salarisse vir Desember te betaal nie.
Denel-werknemers dalk Desember-salarisse kwyt
“Die maatskappy benodig nog sowat R130 miljoen nét om sy salarisuitbetalings vir Desember te kan doen. Dit is benewens die enorme bedrae skuld wat ook nou deur sy krediteure geëis word.”
Solidariteit en Numsa betoog by Denel
Verskeie lede van Solidariteit en Numsa wat by Denel aan die Oos-Rand en in Pretoria werksaam is, neem sedert verlede week aan sporadiese protesaksie oor die wapenvervaardiger se beoogde laat betaling van prestasiebonusse deel.
Denel ontken Gupta-invloed
Die staatsbeheerde verdedigingskonglomeraat Denel het Donderdag gerugte ontken dat die Gupta-familie hom oorgehaal het om ʼn R1 miljard-kontrak aan VR Laser in plaas van LMT Holdings toe te ken.
Presidensie bevestig opening van wapenfabriek
Die presidensie het Vrydag bevestig dat Suid-Afrika se wapenvervaardiger Denel in samewerking met Saoedi-Arabië se militêrenywerheidskorporasie (Samic) ʼn wapenfabriek in die Midde-Ooste land geopen het wat glo bomme sal vervaardig.
Somalië-ontploffing: Denel-werkers se name bekend
Die werknemers van Denel wat Woensdag in ʼn selfmoordbomontploffing in Somalië dood is, se name is Donderdag bekend gemaak.
Twee Denel-werkers sterf in Somalië
Twee Suid-Afrikaners wat vir Denel, ‘n maatskappy wat verdedigingstoerusting vervaardig, werk, is Woensdag dood tydens ‘n ontploffing in Somalië.
Video: Honderde vliegtuigkundiges kry trekpas
Middeljarig met jare se gespesialiseerde vaardighede – maar binnekort werkloos.
Nuwe kontrak vir vliegtuiginstandhouding
Die vakbond Solidariteit het Woensdag bekend gemaak dat die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM) en Denel Lugvaart/AMG ʼn nuwe kontrak vir vliegtuiginstandhouding gaan sluit.
Aflegging van Denel se 523 vliegtuigspesialiste bevestig
Die vakbond Solidariteit het Donderdag ’n skriftelike afleggingskennisgewing ontvang wat bevestig dat die moontlikheid bestaan dat tot 523 vliegtuigspesialiste by Denel Aviation/AMG afgelê gaan word.