Marine le Pen, moontlik Frankryk se volgende president, het gesê met Brexit en Donald Trump se verkiesing tot Amerikaanse president is ’n nuwe wêreldorde ingelui. Maar is dit heeltemal so eenvoudig?
Alles vir die sleutelwoord "Duitsland"
Kersmark-tragedie: Duitse polisie het dalk ‘verkeerde man’
Owerhede in Duitsland het Dinsdag hul kommer uitgespreek of hulle die regte verdagte in hegtenis geneem het nadat ʼn vragmotor deur ʼn besige Kersfeesmark in Berlyn gejaag het.
12 sterf toe vragmotor deur Kersmark in Berlyn ry
Minstens 12 persone is Maandagaand dood en 48 beseer toe ʼn vragmotor deur ʼn skare by ʼn Kersmark in Berlyn gejaag het.
Uitdagings hoop op vir pragmatiese Merkel
Soos sake nóú staan – let op die voorbehoud – sal Merkel Duitsland aanstaande jaar weer met haar interessante mengsel van beginselvastheid en pragmatisme lei, skryf Leopold Scholtz.
Frankryk en Duitsland: Beslissings vir Fillon, Merkel
Frankryk hou volgende jaar, op 23 April, sy presidentsverkiesing. Die president word deur die bevolking gekies en daar is twee rondtes: die eerste rondte waar ʼn groot verskeidenheid van groot en klein partye se kandidate staan en die uitkloprondte, waar die wenner en naaswenner teen mekaar te staan kom.
Einde van WOI beteken begin van WOII
Die einde van die Eerste Wêreldoorlog word vandag, 11 November 2016, wêreldwyd gevier. Flip Buys ondersoek waarom die einde van die Eerste Wêreldoorlog met reg as die begin van die Tweede Wêreldoorlog beskou word.
[Video] Dié sambreel skrik nie vir wind, weer of swaar reën
Kom wind, kom weer, kom oseaan – die Duitse maatskappy Suprella het pas die sambreel herontwerp en dié nuwe ontwerp sal glo verseker dat jy nooit weer sukkel om ʼn sambreel vinnig oop en toe te vou en papnat word wanneer die reënwater op jou drup nie!
[Foto’s] Lughawe-hond ‘neem’ Duitse weldoener aan
Nadat die Duitse lugwaardin Olivia Sievers vroeër vanjaar ʼn geruime tyd in Buenos Aires met ʼn straathond deurgebring het, het dié hond geweier om haar te verlaat, selfs wanneer sy na ander lande gereis het. Die hond het eindelik ses maande lank getrou op die lughawe verwyl om eindelik weer met Sievers herenig te kon word.
Moeder Merkel kry teenstand in Duitsland
Selfs al staan Merkel en wen haar CDU die 2017-verkiesing, is die toekoms van Duitsland onseker. Wat egter seker is, is dat die Moslem-immigrante en moontlike verdere terrorismeaanvalle Duitsland onherroeplik verander het.
Vlugtelinge in Duitsland – eenvoudige oplossing maar moeilik uitvoerbaar
Dit was verlede week– om presies te wees, op Woensdag, 31 Augustus – presies ʼn jaar gelede dat bondskanselier Angela Merkel ʼn sinsnede geuiter het wat haar moontlik vir die res van haar lewe gaan agtervolg. Wir schaffen es (vry vertaal: “Ons sál slaag”), het sy op ʼn perskonferensie in Berlyn gesê.
Duitsland beleef ‘Sicherheit über alles’
Die meeste Duitsers hou nog somervakansie, maar Duitse regeringspartye se retoriek oor veiligheidsake raak ook oorverhit. Die reeks politieke geweldsaanvalle en gefnuikte aanvalle in Duitsland die afgelope paar maande speel daarin ʼn belangrike rol.
Op die altaar van ‘politieke korrektheid’
Verlede week is die Duitse historikus Ernst Nolte in Berlyn oorlede. Die gemiddelde leser sal sy naam nie ken nie – maar moenie ophou lees nie, want al was dit slegs by implikasie, was sy werk nogal van belang vir Suid-Afrika.
Afrikaanse Wikipedia: Duitser leer homself Afrikaans
Sören Pfauder van Brandenburg is ʼn Duitser wat passievol oor Afrikaans is en homself dié taal leer praat het, hoofsaaklik deur sy betrokkenheid by die Afrikaanse Wikipedia.
Bloedbad by Duitse winkelsentrum
Volgens berigte is 15 mense dood en talle beseer in ʼn skietery Vrydag by ʼn winkelsentrum in München, Duitsland.
Duitse egpaar verhoor oor babalykies
ʼn Egpaar se verhoor het in Beiere, Duitsland, begin nadat agt babalykies in hul woonstel gevind is.
Turkye kap Duitsland oor Herero-volkslagting
Duitsland moet voordat hy vinger wys na Turkye sy eie volksmoorde verwerk.
Turkye onttrek sy ambassadeur uit Duitsland
Turkye het duidelik gewys hy is ontevrede nadat die Bundestag, die Duitse parlement, die massamoord op Armeniërs deur Ottomaanse Turke van 1915 tot 1917 as volksmoord verklaar het.
Duitse komediant aangekla oor gedig
Die Turkse regering het ʼn klag teen die komediant Jan Böhmermann ingedien.
Rekordbedrag in Duitse lotery gewen
ʼn Man uit die weste van Duitsland het ʼn rekordbedrag van €76.9 miljoen (sowat R1.3 miljard) ontvang nadat hy die grootste bedrag nog in die Duitse lotery gewen het.
2 miljoen immigrante in Duitsland in 2015
Owerhede in Duitsland het Maandag bevestig dat die departement van statistiek 2 miljoen immigrante in 2015 in dié land geregistreer het.