Floris Groenewald het na die splinternuwe gesinsfliek Meerkat Maantuig gaan kyk. Kyk hier wat hy daarvan gedink het:
Alles vir die sleutelwoord "fliekresensie"
Leon van Nierop se resensie: Downsizing
Natuurlik vra ʼn mens nie vir volkome realisme in ʼn satire wat op ʼn skerp, ontledende en bytende wyse na die werklikheid kyk nie, maar in hierdie geval word die swart komedie te ver gevoer, skryf Leon van Nierop.
Leon van Nierop se resensie: Meerkat Maantuig
En dis waaroor die fliek gaan – om jou onmoontlike drome te verwesenlik, die dood te verstaan en aanvaar, troos by mekaar te vind maar bowenal vinnig groot te word en jou emosies onder die knie te kry sodat jy kan voortgaan met jou lewe …
Leon van Nierop se resensie: Loving Vincent
As jy ʼn Van Gogh-bewonderaar is en afdrukke van sy werke jou aantekeningboeke of mure versier, sal jy hierdie unieke rolprent, gedeeltelik geanimeer, nooit vergeet nie, skryf Leon van Nierop.
Leon van Nierop se resensie: The Disaster Artist
James Franco het die gebeure agter die skerms gedramatiseer en met ʼn sterk satiriese aanslag, maar tog ook ʼn dodelike erns verfilm, wat dit nog snaakser maak. Moet nooit probéér snaaks wees nie, het hy geleer, en hier werk dit uitstekend! skryf Leon van Nierop.
Leon van Nierop se resensie: Breathe
“Dit is ʼn onbeskaamde, bewonderende huldeblyk veral aan weergalose liefde,” skryf Leon van Nierop.
Leon van Nierop se resensie: Vuil Wasgoed
Toegegee, nie almal sal in die paadjies rondrol en na hul asem snak van die lag nie, maar dit bly (vir my in elk geval!) die snaaksste Afrikaanse rolprent wat ek nog gesien het, en dit sluit Jamie Uys se klassieke “Daar doer in die bosveld” in.
Dié flieks moet jy in Desember sien
Desember is gewoonlik die seisoen wanneer gesinne kans kry om saam te gaan fliek. Skuif die springmielies en die sodakoeldrank nader, Leon van Nierop het ʼn paar flieks uitgesoek wat op jy móét-sien-lysie moet wees.
Tuisfliek van die maand: Boetie gaan Border toe
Selfs vandag nog, 33 jaar nadat dit die eerste keer vertoon is, bly “Boetie gaan border toe” byderwets, cool, vol jong geite gevul met jeugdige manewales en streke, skryf Leon van Nierop.
Leon van Nierop se resensie: The Man With The Iron Heart
Dikwels moet ʼn mens ook na rateltaai flieks kyk wat die geskiedenis vanuit ʼn nuwe hoek benader, en ʼn skokkende kollig op gruwel-gebeure gooi, skryf Leon van Nierop.
Tuisfliek van die maand: Daar doer in die bosveld
Moet dus onder geen omstandighede dink dat “Daar Doer in die Bosveld” ʼn “outydse” film is wat by moderne rolprente afsteek nie. Dit het hart, maar ook respek vir sy karakters. Wys dit gerus vir die kleinspan sodat hulle kan sien waar ons vandaan kom, hoe ons ontwikkel het, maar beslis ook hoe ons komedies op ʼn hoogtepunt begin het.
Leon van Nierop se resensie: Spider-Man: Homecoming
Ouers hoef nie die kinders by die IMAX-teater af te laai en iewers gaan eet terwyl die kleingoed fliek nie. Gaan gerus saam. Dit is vol woema, pret, plesier, humor, avonture en spesiale effekte… Lees Leon van Nierop se volledige resensie.
Tuisfliek van die maand: Hollywood in my huis
Wat hier werk is die ongeaffekteerde en natuurlike spel van Van der Walt en Visser. ʼn Mens glo werklik in hulle as jongmense wat aan die verkeerde kant van die spoor grootgeword het en nou probeer om hul plek in die wêreld te vind, skryf Leon van Nierop.
Leon van Nierop se resensie: The Mummy
Daar is lekker humor in die film, alhoewel Cruise nie die regte akteur is om reg aan die donker kwinkslae te laat geskied nie.
Leon se resensie: Guardians of the Galaxy 2
Cool, uitspattige ruimtekaperjolle. Dit is wetenskapfiksie op sy vrolikste, skryf Leon van Nierop van Guardians of the Galaxy 2.
Tuisfliek van die maand: Klein Karoo
Rolprentresensent, skrywer, draaiboekskrywer Leon van Nierop resenseer maandeliks vir ons ʼn Afrikaanse rolprent wat op Showmax te sien is.
Tuisfliek van die maand: Knysna
Dit word aanbeveel as jy op ʼn Sondagmiddag sommer net op jou rusbank wil lê en probeer vergeet van wat alles tans in ons politiek aan die gang is.
Tuisfliek van die maand: Sink
Wat gebeur wanneer twee selftevrede jappies hul eie waardes moet herondersoek wanneer hul huishulp Rachel, se dogtertjie sterf?