Twee vroue is Woensdag in Amanzimtoti, KwaZulu-Natal beseer nadat die bestuurder ‘n epileptiese toeval gekry het.
Alles vir die sleutelwoord "foto’s"
Foto’s: Charlize Theron kuier in Kaapstad
Charlize Theron, Hollywood-ster en boorling van Benoni, is Woensdagmiddag by ‘n gewilde restaurant in Kaapstad opgemerk.
Foto’s: Reddingspoging van drenkeling
ʼn Man het Woensdag verdrink terwyl hy probeer het om die Illovo-rivier naby Amanzimtoti in KwaZulu-Natal oor te steek.
Foto’s: Sementvragmotor beland bo-op kar in Pretoria-Oos
Een persoon is dood en drie ander beseer toe ʼn sementvragmotor Woensdagmiddag omgeslaan en bo-op ʼn motor in Garsfonteinweg in Pretoria beland het.
Foto’s en video: St Francis-brand onder beheer
Die verwoestende vuur wat Sondag minstens 100 huise in St Francis vernietig het.[/caption]Die brand wat Sondagaand meer as 100 huise in St Francisbaai verwoes het, is onder beheer.
Foto’s: Nog geen spoor van vermiste vliegtuig nie
Daar is steeds geen spoor van Bryan Simms en sy seun, Rob, nadat hul vliegtuig 28 Oktober oor Mosambiek vermis geraak het nie.
Foto’s: Halloween-pret in die diereryk
‘n Eekhoring het onlangs tydens Halloween inwoners in Hampshire in die Verenigde Koninkryk vermaak toe hy die lekkernye uit ‘n grieselige masker probeer haal het.
Foto’s: Skoolmeisie kritiek na bakkie haar raakry
ʼn 12-jarige skoolmeisie veg om haar lewe nadat sy Dinsdagoggend deur ʼn voertuig in Kingsburgh, KwaZulu-Natal, raakgery is.
Foto’s: Snelweg in PTA gesluit ná ongeluk
Die N1-afrit in ‘n noordelike rigting op die R21-snelweg in Pretoria is Maandagmiddag gesluit ná ‘n vragmotorongeluk diesel op die padoppervlak gemors het.
Foto’s: Duisende stap vir Afrikaans
Duisende inwoners en kinders van Pretoria het Woensdagaand by die Voortrekkermonument bymekaargekom om hul trots en steun aan Afrikaans te wys.
Foto’s en video: Orkaan Sandy saai verwoesting
Miljoene mense in Amerika is Dinsdagoggend sonder elektrisiteit gelaat en minstens 38 mense is reeds in Amerika dood.
Fopfoto: Orkaan Sandy vs. die Statue of Liberty
ʼn Foto wat soos ʼn storm oor die kuberruim versprei waarin ʼn massiewe golf die Statue of Liberty tref en wat glo die volle mag van Orkaan Sandy uitbeeld, is ʼn foefie.
Foto’s: Nóg padskade verwag
Die Nelson Mandela Bay-munisipaliteit het Saterdag gesê ingenieurs verwag verdere skade aan paaie weens swaar reën regoor die Oos-Kaap verlede week.
Foto’s: Reën saai chaos in Oos-Kaap
Nooddienswerkers moes die naweek bontstaan om mense uit vloedgeteisterde gebiede in die Oos-Kaap te red nadat swaar reën oor dele van die provinsie geval het.
Foto’s: Hewige haelstorm oor JHB
ʼn Hewige haelstorm het Saterdagmiddag groot skade aangerig in dele van Johannesburg.
Foto’s: 1.2 km-hoë glasbrug in Sjina
Foto’s van ‘n 1.2 km-hoë glasbrug in Sjina.
Foto’s: Wat ’n ervaring by Huisgenoot-Skouspel!
Die 13de aanbieding van Huisgenoot-Skouspel is verby en dit het opnuut die invloed en diversiteit van Afrikaans en Afrikaanse musiek bevestig en gevier.
Waaghalsige sprong weer uitgestel
Felix Baumgartner het besluit om nie ‘n tweede poging aan te wend om Donderdag ‘n supersoniese sprong oor New Mexico uit te voer nie.
Foto’s: Bom by Garsfontein-polisiestasie ontlont
ʼn Gedeelte van die perseel by die Garsfontein-polisiestasie in Pretoria, moes Dinsdagmiddag afgesper word, omdat ʼn ploftoestel daar ontlont moes word.
Foto’s: Op die stel van Pretville
Pretville is Hartiwoord-films se splinternuwe Afrikaanse musiekrolprent.