Nie elke sewejarige kind sal vir jou kan sê wat nederigheid beteken nie. Ons eerste stap wanneer ons aan ons kinders se karakter wil bou en nederigheid by hulle wil vestig, is daarom om dit vir hulle so konkreet moontlik te skets.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "hettie brittz"
Boek: Kweek kinders met heel harte
Kweek kinders met heel harte is ’n praktiese gids om jou kind reg groot te kry in vandag se tye – na siel en gees. Ouerskapkenner Hettie Brittz kyk indringend na kwessies soos die versorging van jou kind se liggaam, siel en gees, selfbeeldontwikkeling, die kweking van goeie karakter, die afleer van slegte gewoontes en die hantering van swak karaktereienskappe.
Losgeknoop
“Hoekom wil jy dit nou gaan doen?” het ’n goeie vriendin my laasweek gevra. “Ek glo nie in hartseer eindes nie,” was my antwoord. “En ek glo ook ’n mens moet ’n paadjie enduit stap.”
‘n Vrou en haar geloof
As ‘n vrou nie waaksaam is en dieper kyk nie, raak sy opgewonde oor die nuutste “how to” van geloof, “print” dit uit, plak dit iewers op, versier dit, Instagram en Facebook dit en voor ons weet, bou ‘n string van ons ons kosbare geloof op iets wat dikwels nie die gewig van die werklikheid kan dra nie…
Skoolgeveg-webtuiste ‘kweek gewetenlose wreedheid’
Hettie Brittz, hoof van Immergroen Ouerskap, sê die webtuiste wat video’s van gevegte tussen skoolkinders oplaai ‘kweek ‘n gewetenlose wreedheid onder die volgende generasie’.
Allegaartjie 2 – Program 208
Hettie Brittz bespreek kinders met afwykende gedrag, ons vind uit hoekom mediasie ʼn alternatief tot litigasie is en Oom Karoolus en Lente vertel ons alles van hulle nuwe rolprent.
Allegaartjie 2 – Program 203
Ons fokus weer op kinders se wangedrag – Hettie Brittz praat oor seksuele wangedrag by kinders. Ons bring ook vir jou die tweede deel van ons onderhoud met Janie du Plessis en Handré Hanekom wat gesels oor Can.cervive en ons kuier by die sangeres, Sharoney.
Allegaartjie 2 – Program 198
Hettie Brittz bespreek kuikenkonflik, ons gesels met Annelise de Jager oor die nuwe opleidingsprogram wat sy vir welsynsorganisasies aanbied en Jackie Grobler deel vir oulaas ʼn feit of twee uit die trekleier, Louis Treghardt, se dagboek.
Allegaartjie 2 – Program 193
Hettie Brittz gesels oor kinders wat aandag soek en hoe om dit te hanteer. Johannes Jordaan verduidelik wat die grootste uitdagings is rondom aftrede en Jackie Grobler vertel ons dat die Voortrekkers ook maar soms moeilike mense was.
Allegaartjie 2 – Program 188
Hettie Brittz praat oor verantwoordelikheid, Johannes Jordaan van Prima Tyd geen nog raad vir jou aftrede en ons begin ʼn nuwe gesprekreeks, wat handel oor Jackie Grobler se vertaling van die trekleier Louis Treghardt se dagboek.
Allegaartjie 2 – Program 183
Hettie Brittz gesels oor ongelukke en onvermoë as ʼn soort wangedrag by kinders. Ons praat met Johannes Jordaan wat die boek Prima Tyd geskryf het en kuier by Lindi en Wynand Delport van die groep, Anders Orkes.
Allegaartjie 2 – Program 178
Hettie Brittz bespreek emosionele onvolwasse gedrag, Dr Hannetjie van Zyl-Edeling gee nog wenke vir positiewe veroudering en Chris Vorster vertel ons meer van sy teaterstuk, Affairs vir Domkoppe.
Allegaartjie 2 – Program 173
Hettie Brittz bespreek manipulasie, Marisa Drummond vertel ons die goeie nuus van die Ons vir Jou teaterproduksie en Dr Hannetjie van Zyl-Edeling vertel ons meer van positiewe veroudering.
Allegaartjie 2 – Program 168
‘n Nuwe reeks met Hettie Brittz wat fokus op ouerskap en dissipline by kinders skop af. Ons plaas die kollig op gesonde eetgewoontes op ʼn knap begroting en gesels met die kosredakteur, Anke Roux, en sjef, Junelle Germishuizen, hieroor.
Allegaartjie 2 – Program 130
Martie Preller gesels oor haar nuwe jeugboek. Ons praat met Eileen de Jager, een van die Bloedsusters waaroor Ilze Salzwedel geskryf het en Hettie Brittz vertel ons ook meer haar boek.
Nuwe CD: “Mammas mag maar” deur Hettie Brittz
Hierdie CD vir ma’s is bedoel om ‘n ma diep te laat asemhaal en verlig te laat sug.
Allegaartjie 2 – Program 38
In vandag se Allegaartjie gesels Hettie Brittz in die laaste aflewering van Immergroen Ouerskap oor die manipulasiemonster. Ons bespreek hulp vir die versorger en lewensmaats in ons gesprek oor Alzheimer se siekte en Dementia, en Karin Venter gesels oor Helpende Hand se skaduwerk-veldtog wat binnekort afskop.
Allegaartjie 2 – Program 33
In vandag se Allegaartjie bespreek Hettie Brittz die verskillende gesagstyle van ouers in Immergroen Ouerskap. Denise Fredericks gesels met ʼn vrou wat met Vaskulêre-demensie gediagnoseer is en die lede van Dividable Grand kuier in die Allegaartjie-ateljee.
Allegaartjie 2 – Program 28
In vandag se Allegaartjie gesels Hettie Brittz oor die kinders wat ʼn kombinasie van twee of meer persoonlikheidsprofiele het. Denise Fredericks gee ʼn paar wenke oor watter stappe jy moet neem as ʼn geliefde met ʼn vorm van Dementia gediagnoseer word en ons gesels met die gospel-sangeres, Halrika Breytenbach.
Allegaartjie 2 – Program 23
In vandag se Allegaartjie verduidelik Hettie Brittz hoe jy jou kind kan motiveer as hy of sy ʼn palmboom-persoonlikheid het. Ons skop af met ʼn die eerste aflewering van ʼn reeks praatjies wat handel oor Alzheimer se siekte en Dementia en ons kuier ook by die komediant, Melt Sieberhagen.