Die ANC se steun in die Noord-Kaap het aansienlik verbeter terwyl die DA vanjaar die amptelike opposisieparty in die provinsie is.
Alles vir die sleutelwoord "verkiesing"
Verkiesingsuitslae: Só lyk Mpumalanga nou
Die tellery in Mpumalanga is 100% afgehandel en die ANC se steun in die provinsie het afgeneem terwyl die DA se steun effens verbeter het.
Ongeveer 1 miljoen meer DA-ondersteuners
Die Demokratiese Alliansie (DA) het reeds ongeveer een miljoen meer stemme tydens die 2014-verkiesing gewerf.
DA sê stembriewe in park is getel
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het bevestig dat hy ondersoek instel na bewerings van ongerymdhede nadat daar onder meer sakke vol stembriewe in ʼn park in Lynnwoodrif in Pretoria opgespoor is.
Nuuskommentaar: ‘n Kykie na die verkiesing
Suid-Afrika het nog reusestappe om te neem om tot ‘n volwasse grondwetlike demokrasie te vorder. Tot dan ontkieser baie kiesers hulself deur ander oorwegings as beginsels en beleid as norm te gebruik vir wie hulle stem.
OVK-sentrum aan die brand gesteek
ʼn Sentrum van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) is Donderdagaand glo deur inwoners van Alexandra in Gauteng aan die brand gesteek.
EFF haal die 1 miljoen kerf
Julius Malema se jong party, die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het Vrydagoggend reeds meer as een miljoen stemme in hul eerste nasionale verkiesing gewerf.
Gauteng-resultate: EFF beweer vuilspel
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het versoek dat ‘n oudit gedoen word van die verkiesing en stemtellery in Gauteng.
Verkiesingsuitslae: ANC het meer as 10 miljoen stemme
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het Vrydagoggend om 6:30 reeds meer as 94% van die stemtellery afgehandel.
Verkiesing: Só lyk die stemme nou
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het Donderdag om 19:15 reeds meer as 80% van die stemtellery afgehandel.
Sakke vol stembriewe glo opgespoor
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) ondersoek berigte dat sakke vol stembriewe in ʼn park in Lynnwoodrif in Pretoria opgespoor is, berig EWN.
Kasrils het nie stembrief bederf nie
Ronnie Kasrils, die oudminister van intelligensie, het nie tydens die verkiesing sy stembrief bederf nie, het City Press Donderdag berig.
Twee vas ná aanval by Tzaneen-stempunt
Twee mense is Woensdagaand in hegtenis geneem ná ʼn aanval by ʼn stempunt in Tzaneen, Limpopo.
Verkiesingsuitslae: ANC, DA en EFF oorheers in provinsies
Die ANC, DA en Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) oorheers tot dusver die top-drie posisies in meeste van die provinsies.
ANC en DA kop aan kop in Pretoria
Daar heers Donderdag teen middagete nog ʼn verbete stryd tussen die ANC en die DA om in Pretoria aan bewind te wees, gebaseer op die stemme wat reeds in vanjaar se algemene verkiesing getel is.
Verkiesingsuitslae: ANC reeds meer as 5 miljoen stemme
Die ANC het teen 12:30 reeds meer as 5 miljoen stemme op hom verenig.
EFF kry stemme in Orania
Volgens stemme wat tot dusver getel is, het Julius Malema se jong party, die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), altesaam vier stemme in Orania in die Noord-Kaap gewerf.
Verkiesingsuitslae: Dié partye gaan sover parlement toe
Die huidige kiesstelsel vir Suid-Afrika se nasionale parlement en provinsiale wetgewers is ‘n stelsel van regstreekse proporsionele verteenwoordiging.
SAUK voorspel minder setels vir ANC
Volgens die SAUK se verkiesingvoorspelling kan die ANC moontlik vanjaar 262 setels in die parlement bekom, wat ʼn geringe afname sal wees in die hoeveelheid setels wat die party in 2009 bekom het.
ANC-lid in KZN vermoor
ʼn ANC-ondersteuner is Woensdagaand buite ʼn stempunt in KwaDukuza, in KwaZulu-Natal, doodgeskiet.