Soos wat reeds verwag is, het die verkiesing tot die Europese parlement die bestaande politieke orde verder deurmekaargekrap. Daar was wel ’n paar duidelike tendense, skryf Sebastiaan Biehl.
Alles vir die sleutelwoord "verkiesing"
EU-verkiesing bevestig politieke diversiteit van Europa
Waarheen nou met Europa? Die boodskap wat kiesers die afgelope week aan die Europese Unie gestuur het, is dat een enkele politieke tendens in Europa nie bestaan nie en dat ʼn enkele politieke strategie vir die hele Europa eerder teenstand sal geniet.
’n Les uit Australië vir Trump en ander Westerse leiers
Indien Trump volgende jaar wil wen, moet hy eenvoudig die Amerikaners laat verstaan dat daar ’n ekonomiese risiko bestaan, sou hulle hom uitstem.
Aantal dubbele stemme ‘weglaatbaar klein’
Daar was tydens die verkiesing verskeie bewerings deur mense dat hulle twee keer, of in sommige gevalle selfs meer as dit, kon stem.
Redakteursforum sê joernalis se dubbele stem ‘in openbare belang’
“Sanef glo nie dat joernaliste bo die reg verhewe is nie en ons is bewus van die feit dat dit ʼn oortreding is om twee keer te stem.”
Blinde kiesers sukkel om stem geheim te hou
“Dit lyk of beamptes nie begryp dat blinde mense die reg op ʼn geheime stem het nie. Ek is verleë oor al die plasings op sosiale media oor die fasiliteite wat beskikbaar sou wees vir blindes om te stem, wat uiteindelik bloot nie beskikbaar was nie.”
Zim-hof beslis opposisieleier ‘is onregmatig’ in pos
Die hof het die party beveel om binne ʼn maand ʼn buitengewone kongres byeen te roep deur die 2014-strukture te gebruik.
Twee vas wat stembriewe glo beskadig
Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris in Limpopo, het inwoners verseker dat die polisie in die provinsie op strategiese plekke ontplooi is om ʼn vry en regverdige verkiesing te verseker.
Spanje: Verkiesing sonder ’n duidelike mandaat
In Spanje is (anders as in Suid-Afrika) die regse partye sentralisties ingesteld en die linkses meer toegewend teenoor etniese minderhede en streke.
Limpopo-skole bang om as stempunte te dien
In Suid-Afrika word verkiesingstyd gekenmerk deur ʼn toename in diensleweringsbetogings. Sommige gemeenskappe dreig ook om stemmery te ontwrig tot politici aandag aan hulle griewe gee.
Peiling toon kiesers nog onseker voor stemdag
Volgens die navorsers glo vier uit elke tien kiesers ook “dit is heel aanvaarbaar” om te betoog as jy ontevrede is met die vlak van dienslewering in jou gemeenskap.
Netanyahu wen die verkiesing in Israel
Die hoop dat daar vrede tussen Israel en die Palestyne en ander Arabiese buurstate gaan kom, het met die verkiesing verder vervaag. Dit is egter te begrype dat die kiesers ontnugter is, as ʼn mens kyk na die prestasierekord van sulke vredespogings.
EFF moet sê oor bewerings van korrupsie
Die Progressive Professionals Forum het ʼn beroep op die EFF gedoen om die waarheid te praat oor bewerings dat partyleiers geld van VBS Bank ontvang het.
Verkiesingsuitslae as barometer in ’n snelveranderende wêreld
Behalwe vir Suid-Afrikaners wat volgende maand na die stembus gaan, is die 2019-kalender volgepak met interessante verkiesings. Die belangrikste van die drie was die plaaslike verkiesing in Turkye.
Thailand: bring ’n verkiesing ’n nuwe bedeling?
In watter mate die verkiesing werklik ’n nuwe bedeling bring wat die behoefte aan orde, groei en stabiliteit, saam met demokratiese legitimiteit kan versoen, is ’n oop vraag.
Duarte vergader met nuuskanaal, redakteursforum ná uitbarsting
Die nuuskanaal eNCA het Woensdag met Jessie Duarte, adjunk-sekretraris-generaal van die ANC, en ander partyafgevaardigdes vergader nadat Duarte die kanaal se verslaggewer Samkele Maseko tydens ʼn nuuskonferensie oor die kole gehaal het.
’n Blik op Nigerië se verkiesing
Nigerië is ʼn reuseland met enorme uitdagings. Verbeel jou Suid-Afrika se probleme in die oortreffende trap. Nogtans kon dié land, ná dekades van staatsgrepe en militêre diktators, dit regkry om sedert 1999 ʼn demokrasie (met al sy beperkinge) te bly.
Verkiesing in Nigerië en die toekoms van Afrika se grootste ekonomie
Politieke verwikkelinge in Nigerië word tans fyn dopgehou deur talle waarnemers in die internasionale gemeenskap. Die vraag is: Wat maak Nigerië van belang vir die internasionale gemeenskap?
Amper 27 miljoen mag in Mei stem
Sowat 700 000 stemgeregtigdes het vir die eerste keer geregistreer en sal nou hul kruisies mag trek in die nasionale en provinsiale verkiesing.
Verkiesing in die Demokratiese Republiek van die Kongo
Die Demokratiese Republiek van die Kongo verteenwoordig alle probleme van Afrika in sy ergste graad en is ʼn gevallestudie van ʼn land met geweldige potensiaal vir wie egter alles sedert onafhanklikheid in 1960 verkeerd geloop het.