Twee van die wereld se oudste rugbyklubs het Maandag op Brookside in Kaapstad vir `n ware rugbyfees gesorg.
Lees meerAlles vir Saterdag 21 Mei 2016
Griffonsliga: Goue Bekerspan veg terug vir sege
Die Griffons se kampioen en Goue Bekerspan, Rovers van Welkom, moes Saterdag kwaai terugveg om sy derby teen Welkom in die Griffons-Luiperdsoorgrensliga te wen.
Limpopoliga: Potties oorrompel Louis Trichardt
Potgietersrus het hom goed van sy taak gekwyt en Louis Trichardt Saterdag 40-0 in die Limpopo Blou Bulle se Boet Fickliga oorrompel.
SWD-liga: Bridgton laat nog `n grote tuimel
Bridgton van Oudtshoorn, wat reeds die Suidwestelike Distrikte (SWD) se kampioen, Evergreens, op sy kerfstok het, het Saterdag nog een van die bond se grotes in die Premierliga laat tuimel.
Leeus se koppe, pote verwyder
Twee wit leeus is op ʼn plaas naby Stockpoort in Lephalale (Ellisras) vergiftig voor hulle koppe en pote verwyder is.
SA’ner vaar goed VSA-filmbedryf
Die Suid-Afrikaans gebore aktrise Malie Thekiso, se debuut kortfilm het nominasies ontvang by twee bekende filmfeeste in Amerika.
Twee verdrink in Vaalrivier
Twee mans, albei in hul 20’s, het Saterdagmiddag in die Vaalrivier in Vereeniging verdrink.
Een dood, drie beseer toe vullistrok omslaan
Een persoon is Vrydagmiddag dood en drie ander beseer toe ʼn vullisverwyderingsvragmotor in Somerset-Wes, ongeveer 45 km buite Kaapstad, omgeslaan het.
Snelweg weer oop ná brugrestaurant se dak instort
Die N1-suid is weer oopgemaak nadat ʼn gedeelte van die dak van die Steers by die Total Panorama Petroport Vrydag ineengestort het.
Facebook-blad om Gordhan te ondersteun
ʼn Facebook-blad, Hands Off Pravin Gordhan, is opgerig ter ondersteuning van die minister van finansies, Pravin Gordhan.
Polisie verskerp Vuwani-ondersoek
Tien verdagtes sal Dinsdag in die hof verskyn in verband met openbare geweld in Vuwani, Limpopo.
BBRU-liga: `gewis die strafste seisoen in jare’
Te oordeel aan die jongste beskikbare punteleer is die Carltonliga A duidelik die strafste in jare, sê Ben Eybers, die voorsitter van Harlequins.
Skooltoelatingsbeleid ʼn ‘slag vir Afrikaanse skole’
Die vakbond Solidariteit het Saterdag gesê die konstitusionele hof se uitspraak dat die finale besluit oor openbare skole se toelatingsbeleid by die staat berus, ʼn “slag vir vryheid van openbare skole” is en Afrikaans voor “een van sy grootste uitdagings nog” te staan bring.
Bestuurder vas wat glo oor kaping jok
ʼn Vragmotorbestuurder is in hegtenis geneem nadat hy beweer het hy is in Estcourt, KwaZulu-Natal, gekaap.
EgyptAir MS804: Jhb-inwoner was aan boord
ʼn Inwoner van Johannesburg was aan boord EgyptAir Vlug MS804 wat op 19 Mei in die Middellandse See neergestort het.
‘Om geboue af te brand is om die toekoms te verbrand,’ sê Zuma
President Jacob Zuma het Vrydag sy toespraak tydens die Universiteit van Fort Hare se eeufeesvieringe gebruik om diegene te veroordeel wat beweer hulle kan slegs deur geweld die regering se aandag trek.
Limpopo-reeksmoordenaar gevonnis
ʼn Voormalige student aan die Universiteit van Venda is Vrydag gevonnis op vyf aanklagte van moord en 4 aanklagte van verkragting.
[Video] Jan van Riebeeck het 2 000 jaar gelede in SA aangekom, meen ANC-LP
ʼn ANC-LP het in die parlement beweer Jan van Riebeeck het 2 000 jaar gelede in Suid-Afrika aangekom.
Vermiste mynwerker se liggaam na oppervlak gebring
Die liggaam van een van die twee mynwerkers van die Implats-myn in Rustenburg, Noordwes, wat ondergrond vasgekeer was, is Vrydag na die oppervlak gebring.
Griekwasliga: Hartswater jaag groot kanonne
Hartswater jaag nou die groot kanonne in Griekwas se Superliga (Oos) ná sy goeie sege Saterdag oor De Aar.