Altesaam 22 mishandelde varke moes Donderdag deur die DBV van kant gemaak word.
Lees meerAlles vir Vrydag 5 Oktober 2012
Voëlspesie vir eerste keer in SA waargeneem
ʼn Voëlspesie wat nog nooit vantevore amptelik in Afrika aangeteken is nie, is Donderdag in die Table Bay-natuurreservaat afgeneem.
Video: Groot pret in Pretville
Liefhebbers van Afrikaans musiekrolprente, borrelgom en melkskommels kan gerus ʼn merkie in hul dagboek maak vir wanneer Pretville op 23 November op die silwerdoek begin draai.
Pizza-afleweraar sterf
ʼn 24-jarige man is Vrydagmiddag dood nadat sy pizza-afleweringsmotorfiets in Kaapstad met ʼn voertuig gebots het.
Nuwe FAK-bundel besing 30 jaar van Afrikaanse musiek
Die FAK Sangbundel het reeds die afgelope 75 jaar tuis geword in die huise, harte en klaskamers van Suid-Afrikaners wat ’n passie vir Afrikaanse musiek het.
Man in hof ná aanval op bejaarde plaasopsigter
John Breedt (24) het Vrydag in die hof verskyn op ʼn aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer nadat hy glo ʼn bejaarde plaasopsigter aangerand het.
Video: Adele sing nuwe Bond-temalied
Die bekroonde sanger Adele, wat gekies is om die nuwe James Bond-rolprent, Skyfall, se temalied te sing, se liedjie is pas bekend gestel.
Plaasmoorde: Boodskap trek die wêreld in
Van die Uniegebou en deur-tot-deur van ambassades in Pretoria, is die boodskap besig om te versprei dat die kwessie van plaasmoorde aangespreek moet word.
Is Afrikaners rigtingloos?
En so gaan dit aan – om nie eens te praat van die politici – wat wel nie uitgesproke gebruikers van allerhande substanse was nie maar wie se bepalende besluite in krisistye mens ook laat wonder: “wat het hulle gerook?”
Sangoma gevang ná hy glo albino opgrawe
ʼn 54-jarige Sangoma en ʼn helper is in hegtenis geneem nadat hulle glo Vrydag in die vroeë oggendure ʼn albino se oorskot opgegrawe het.
Brand beïnvloed Kaapse treindienste
‘n Treinwa is Vrydagoggend verwoes nadat ʼn brand by ‘n Kaapstadse treinstasie uitgebreek het.
Rowers sny ma se keel af
Anzunette du Plessis (33) is dood nadat haar keel Donderdag tydens ʼn beweerde huisroof afgesny is.
Trein en taxi bots
Nege mense is ernstig beseer nadat ʼn trein Donderdagmiddag naby Rustenburg, Noordwes, met ʼn taxi gebots het.
Nuuskommentaar: Staat (of gebrek daaraan) van Anargie
Met die obsessie van pleknaamsveranderinge en die vind van gepaste name, is die moontlike naam, Anargie, so ver bekend nog nie voorgestel nie.
Griekwastad-moorde: Seun dalk weer agter tralies
Die staat het Donderdag verlof gekry om te appelleer teen die toestaan van borg aan die 16-jarige seun wat beskuldig word van die moord op die Steenkamp-gesin van Griekwastad.
Bejaarde in haar huis vermoor
Surina Kruger (62) is Woensdagaand in haar huis in Elsburg aan die Oos-Rand gewurg, vermoedelik verkrag en toe vermoor.
Eksvrou vas na moord op SA man in Thailand
Oswald Heinrich Duvel (50) se eksvrou, haar ma en nog ‘n man is in hegtenis geneem nadat Duvel se liggaam Sondag langs ʼn vlak graf aan die voetheuwels van die provinsie Saraburi, noord van Bangkok, gevind is.