Die hooggeregshof in Pretoria het vandag ʼn dringende aansoek deur die oud-Springbok Joost van der Westhuizen aangehoor om die vrystelling van ʼn boek wat glo “alles vertel” oor sy huwelik met Amor Vittone, te probeer verbied.
Alles vir die maand Oktober 2013
Baie is chronies honger – VN
Een uit elke agt mense op aarde ly aan chroniese honger en ondervoeding, aldus ‘n verslag van die VN se organisasie vir voedsel en landbou wat pas bekend gestel is.
Prof. Jansen se opmerkings oor Afrikaans krap
Opmerkings wat die rektor van Kovsies, prof. Jonathan Jansen, onlangs tydens die English Academy of South Africa se Percy Baneshik-gedenklesing op sy kampus gemaak het, het verskeie instansies warm onder die kraag.
Foto’s: Arno Jordaan se broer ook in ernstige ongeluk
Skaars ʼn paar maande nadat die sanger Arno Jordaan ʼn ernstige ongeluk oorleef het, het sy broer en agent, Dewald, ook ʼn noue ontkoming in Pretoria gehad.
OB kry uiteindelik Nkandla-inligting
Adv. Thuli Mandonsela, die openbare beskermer (OB), het uiteindelik die inligting ontvang wat sy benodig het om haar Nkandla-ondersoek te voltooi.
Baba-sterfte: Ouers kry 18 jaar
Die paartjie wat skuldig bevind is aan strafbare manslag ná die dood van hul tien maande oue babadogtertjie is Woensdag in Palm Ridge-landdroshof in Johannesburg tot 18 jaar tronkstraf gevonnis.
Nuuskommentaar: Transformasie en apartheid
Versoening is ‘n komplekse metodiek, waarvan die onderdele in bykans elke lewensfeer teenwoordig is. Maar vertrapping van dit wat vir ander dierbaar is, wat kos op sy tafel sit, is beslis nie deel van versoening nie.
Gert van Rooyen se seun moet gesteelde geld terugbetaal
Gerhard van Rooyen, seun van die berugte pedofiel Gert van Rooyen, het Dinsdag in die Pretoriase handelshof ‘n opgeskorte vonnis vir bedrog gekry, het Beeld Woensdag berig.
Skoolseun gee onderwyseres vuishou in die gesig
ʼn Johannesburgse laerskoolleerling het glo Dinsdag ʼn onderwyseres by Laerskool Jim Fouché in Brixton met ʼn vuis in die gesig geslaan, het Beeld Woensdag berig.
Montecasino-lyk: Albei verdagtes vandag in hof
Jean Pierre Malan (32) en Maruschka Robinson (24) verskyn vandag saam in die Randburg-landdroshof in verband met die moord op Dustan Blom (36).
AfriForum lê klag teen Oudtshoorn munisipale bestuurder
AfriForum het ’n klag van korrupsie, bedrog en finansiële wanbestuur by die SAPD se teenkorrupsie-eenheid, die Valke, ingedien teen die waarnemende munisipale bestuurder van die Oudtshoorn Munisipaliteit, Ronnie Lottering, verskeie ander amptenare en lede van die publiek.
Joost se dringende versoek om boek te keer vandag in hof
Die hooggeregshof in Pretoria sal na verwagting Woensdag ʼn aansoek deur die oud-Springbok Joost van der Westhuizen aanhoor om die vrystelling van ʼn boek wat glo “alles vertel” oor sy huwelik met Amor Vittone, te verbied.
Man aangeval by Amplats
ʼn Man is aangerand en sy motor aan die brand gesteek naby Anglo American Platinum (Amplats) in Rustenburg, Noordwes.
Nog ‘n leerling geskors na aanval op onnie
ʼn Leerling van die Glenvista High School in Johannesburg wat ʼn video geneem het van sy klasmaat terwyl laasgenoemde ʼn onderwyser aangeval het, is geskors.
Gedagte vir die dag: ʼn Vol lewe
Eksodus 20:13 – Jy mag nie moord pleeg nie. Wanneer mens oor moord dink – of soos dit ook vertaal is: doodslaan – kom die…
Meer as 100 000 stem in een dag vir Pretoria-naam
Skaars ʼn dag nadat AfriForum ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen het om ʼn SMS te stuur as hulle wil hê Pretoria se naam moet Pretoria bly, het die organisasie meer as 100 000 SMSe ontvang ter ondersteuning van dié naam.
Video: Motorfietsryers val man voor vrou en kind aan
ʼn Man en sy gesin is Sondag deur ʼn groep motorfietsryers aangeval na ‘n ligte ongeluk op ʼn hoofweg in Manhattan, Amerika.
“Gevangenes raak gefrustreerd met swak toestande in tronke”
Toestande in Suid-Afrikaanse tronke verswak en gevangenes raak al hoe meer gefrustreerd met hoe hulle behandel word, het die 2012/13 algemene verslag van die geregtelike inspektoraat vir die gevangenisdiens bevind.
Man klits kampterrein-rowers met kettie
Herman Engelbrecht, ʼn inwoner van Pretoria, het verlede week probeer om rowers met ‘n kettie van sy kampterrein weg te dryf tydens ʼn kamp-uitstappie by die Bon Accorddam, noord van Pretoria.
AfriForum-aansoek stuit R4 miljoen-betaling aan omstrede sakeman
Die Noord-Kaapse Hooggeregshof het gister ʼn tussentydse bevel aan AfriForum toegestaan waarin die betaling van R4,25 miljoen deur die Ga-Segonyana Munisipaliteit aan die omstrede sakeman, Wandile Bozwana, gekeer is.