Die Vryheidsfront Plus het Dinsdag gesê Tina Joemat-Pettersson, die minister van landbou, se uitlatings is skadelik vir landbou en sy verdien nie om ná die verkiesing weer aangestel te word nie.
Alles vir die maand April 2014
Huis in LA verkoop vir meer as $100 miljoen
Die bekende Fleur de Lys-landgoed in Bell Air, Los Angeles is pas vir meer as $100 miljoen (meer as R1 miljard) verkoop.
VSA-egpaar wen lotery drie keer in een maand
Calvin en Zatera Spencer van Portsmouth, VSA,kan hul geluk nie glo nie na hulle in een maand meer as $2 miljoen in loteryspeletjies gewen het.
Bus ry jong man dood
ʼn 19-jarige voetganger is dood nadat ʼn bus hom Dinsdag in Bloubergweg in Tafelsig, Kaapstad, raakgery het.
Vinnige reaksie red ma van kaping
Vinnige reaksie van ʼn ma van drie kinders het tot gevolg gehad dat sy Vrydag ʼn kapingspoging oorleef het.
Resep: Klapper-melktert
Een van Maroela Media se lesers, Annemarie Venter, het dié maklike resep vir ‘n klapper-melktert ingestuur.
Montecasino-lyk: Saak uitgestel
Jean-Pierre Malan en Maruschka Robinson wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn man vermoor en sy liggaam in die kattebak van ʼn motor by Montecasino gelos het, het Dinsdagoggend vlugtig in die Randburgse landdroshof verskyn.
Fietsryer sterf na bakkie hom tref
ʼn Middeljarige man is dood nadat hy Maandagmiddag in Vaalpark, naby Sasolburg in die Vrystaat, deur ʼn dubbelkajuitbakkie van sy fiets afgestamp is.
Nkandla word toeriste-aantreklikheid
Pres. Jacob Zuma se privaatwoning in Nkandla, KwaZulu-Natal, gaan binnekort as ʼn toeriste-aantreklikheid gebruik word.
Japan vasgevat oor walvisjag
Die internasionale strafhof in Den Haag het bevind dat Japan veel meer walvisse vang as wat vir wetenskaplike navorsing benodig word, en is daarom onwettig.
Video: Springbokke dalk binnekort Rooibokke?
ABSA, die amptelike borg van die Springbokke, het Dinsdag in ʼn verklaring gesê die Springbokke gaan binnekort in rooi en goud op die veld uitdraf.
Krejcir se vierde borgtogaansoek
Die Tsjeggiese voortvlugtende Radovan Krejcir het vir die vierde keer in die Palm Ridge-landdroshof aansoek gedoen om borgtog, het The Star Dinsdag berig.
Nuuskommentaar: Mediaverbod op slegte nuus kan boemerang
Pres. Jacob Zuma se uitvaardiging van ‘n proklamasie wat die media belet om slegte nuus tot na die verkiesing te dra, kan boemerang. Zuma het ‘n omstrede bepaling in die kieswet gebruik om die proklamasie uit te vaardig, wat net na middernag vanoggend in werking getree het.
Vergadering bring dalk einde aan busstaking
Piotrans en die Suid-Afrikaanse munisipalewerkersunie (Samwu) vergader Dinsdag in ʼn poging om ʼn einde te bring aan die staking van Rea Vaya-busbestuurders.
Uitdrukking: Die knoop deurhak
Lees vandag se Taaltoffie om uit te vind waar die uitdrukking “die knoop deurhak” vandaan kom.
Montecasino-lyk: Hof hoor dalk vandag vrou se belydenis
Jean-Pierre Malan en Maruschka Robinson wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn man vermoor en sy liggaam in die kattebak van ʼn motor by Montecasino gelos het, verskyn na verwagting Dinsdag weer in die Randburgse landdroshof.
Beurtkrag: Nuwe tydsones in Suid-Afrika ingestel
Werknemers van internasionale maatskappye in Suid-Afrika gaan binnekort hul werksure moet aanpas om seker te maak dat beurtkrag hulle nie kniehalter nie.
Laaste oorblywende renosters geskuif om stropery te verhoed
Die laaste groep oorblywende renosters gaan binnekort na een enkele terrein verskuif word om hulle veiligheid te verseker en hulle van stropers te beskerm.
Video: Kapers gefnuik
Die gebruiker Deon Vereb het ʼn video van ʼn kapingspoging op Facebook gelaai.
Een verdagte doodgeskiet, drie vas oor sakeroof
Een verdagte is doodgeskiet en drie in hegtenis geneem tydens ‘n sakeroof Maandag by ʼn winkel in Tongaat, KwaZulu-Natal.