In 1965 is die Afrikaanse rolprent Debbie vrygestel; Gert Potgieter het hierdie lied daarin gesing. https://www.youtube.com/watch?v=0wLZDF2Dqe0
Alles vir Woensdag 6 Augustus 2014
Soos ‘n Boss – Snotkop
Sedert hy drie jaar gelede na een van die grootste platemaatskappye in die land oorgegaan het, het Snotkop se gewildheid geweldig toegeneem.
Herdenkingsdiens vir boereorkeslegende
ʼn Herdenkingsdiens word Donderdag in Mellville in Johannesburg gehou vir die boereorkeslegende, Hennie van Loggerenberg wat Sondag ná ʼn lang siekbed oorlede is.
Video: Skikking kom 18 jaar ná slaggat-ongeluk
Annemarie Jacobs is al sedert 1996 in ‘n regsgeding met die Tshwane-metroraad gewikkel, nadat sy deur ‘n slaggat gery het wat oor die breedte van een motorbaan gestrek het.
Vliegramp laat Nederlandse polisie noustrop trek
Die polisie in Nederland trek volgens polisievakbonde noustrop weens dié land se leiding in die ondersoek na die vliegramp van die Maleisiese vlug MH17 oor Oekraïne.
Mitsubishi Mirage – oulike nuweling
Bernard K Hellberg het die nuwe Mitsubishi Mirage vir ‘n toetsrit geneem en reken dié nuweling behoort goed te doen in die mark. Boonop is die 3-jaar/100 000 km waarborg en ‘n 2-jaar/30 000 km diensplan ‘n bewys van die invoerder se vertroue in hulle produk.
Baba Juan: “Hy is rond en gesond”
Baba Juan Venter, die seuntjie wat glo erge brandwonde in die Bertha Goxwa-hospitaal in Germiston opgedoen het toe hy twee dae oud was, is nou “lekker rond en gesond” en sy dokter is tevrede met sy vordering.
Tugstappe teen studente oor ‘swart gesigte’
Die Universiteit van Pretoria (UP) gaan tugstappe neem teen twee vrouestudente oor ‘n foto van hulle wat op sosiale netwerke versprei word waarin hulle gesigte swart gesmeer is.
Matieland- Groep 2
In 1969 het Sias Reinecke weggebreek van Groep 2 en Eddie Trautman het Gert van Tonder se sangmaat geword. Hier is een van die snitte…
Om en om die braaivleisvuur- Jim Reeves
Verlede week was dit 50 jaar sedert Jim Reeves in ‘n vliegongeluk oorlede is. Hy het in 1963 in die rolprent Kimberley Jim gespeel en…
Storm op Jupiter- Lukas de Beer
Hier is die titelsnit van Lukas de Beer se album, Storm op Jupiter.
Gedig: Die bokser
“…vier donker oë blits fel en woes, wyl twee gedaantes mik en koes…” Lees gerus Ernst van Heerden se gedig, “Die bokser”
Man oorleef taxi-stamp én 10m val
ʼn Man is in ʼn kritieke toestand nadat hy Woensdagoggend in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal deur ʼn taxi getref, én 10 meter ver van ʼn brug afgeval het.
Nuuskommentaar: Wanneer Suid-Afrika deur aardbewings geskud word
Hoe vergelyk gister se aardbewing met skuddings in die res van die wêreld? Hoe gereeld kom aardbewings voor? Wat is die verskil tussen die Richterskaal en momentmagnitudeskaal? Wat het die aardbewing veroorsaak? Kan Suid-Afrika nog aardbewings verwag? Herman Toerien beantwoord al jou vrae.
Aardbewing: Drie klinieke in NW beskadig
Drie klinieke in Klerksdorp in Noordwes is Dinsdag tydens die aardbewing beskadig.
Man erken skuld ná verkragting
ʼn 27-jarige man van Mpumalanga het Dinsdag skuld erken op aanklag dat hy sy 15-jarige meisie in 2013 verkrag het.
Man in hof oor Westbury-skietery
Lindray Khakhu (24) het Dinsdag in die Newlands-landdroshof, wat ook as die Sophiatown-hof bekend staan, verskyn in verband met ʼn skietery in Westbury, Gauteng, waartydens ʼn driejarige kritiek beseer is.
Aardbewing: Minstens 400 huise in Orkney beskadig
Minstens 400 huise is Dinsdag tydens die aardbewing in Orkney in Noordwes beskadig.
Gedagte vir die dag: Bring lof aan die Vader
1 Timoteus1:15 – Dit is ‘n betroubare woord en kan sonder voorbehoud aanvaar word: Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te verlos….