Hierdie video’s was in 2014 die gewildste in die kategorie “vreemd en fantasties” op Maroela Media.
Alles vir die maand Desember 2014
Meeste gelees: Nuusstories
Hier is die nuusstories wat in 2014 die meeste gelees is op Maroela Media.
Maroela Media Top 20 vir 2014
Hier is die algehele Maroela Media Top 20 vir 2014. Die eerste tien was almal 20 weke of langer op die Top 20.
Maroela Media Top 20 29 Desember 2014
Hier is die laaste Maroela Media Top 20 vir 2014.
Musiek 2014: Hier is die beste albums
Maroela Media het die beste Afrikaanse musiekalbums saamgestel vir 2014. Baie geluk aan al die wenners!
Presidensie glo stomgeslaan oor meningstuk
Die presidensie het Dinsdag in ʼn verklaring gesê hy is besorg oor die persoonlike aanval op pres. Jacob Zuma deur Max du Preez in ʼn artikel wat vandag in die Independent News verskyn het en dat die stuk “feitefoute” bevat.
Dramat glo nooit vir lêers gevra nie
Riah Phiyega, die nasionale polisiekommissaris, het glo nooit enige gesprekke gehad met Anwa Dramat, geskorste hoof van die Valke, oor hoëprofielondersoeke nie.
Ruimtehoogtepunte vir 2015
Herman vertel jou waarna jy op die ruimtekalender kan uitsien in 2015.
Gestremde Mpuma-boer aangerand
Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die aanval op Johan Lange (70), ʼn gestremde boer van Mpumalanga, en sy gesin nie, het Beeld Dinsdag berig.
‘Ouers moet moedertaalonderrig eis’ – AfriForum
Op die vooraand van ʼn nuwe skooljaar het AfriForum ʼn beroep op ouers gedoen om toe te sien dat hulle kinders in 2015 in hulle moedertaal onderrig word.
Video: IS stel baie tereg
Sedert die IS sowat nege maande gelede skielik met sy groot opmars begin en ’n “kalifaat” uitgeroep het, het dié terreurorganisasie minstens 1 878 mense in Sirië tereg gestel.
Vlug QZ8501: Minstens 40 liggame, wrakstukke gevind
Minstens 40 liggame en wrakstukke is in die see gevind nadat AirAsia Vlug QZ8501 Sondag tussen Surabaya in Indonesië en Singapoer verdwyn het.
Ondersoek ná dooie muis in bevrore boontjies
McCain Foods SA het bevestig dat hulle ondersoek sal instel ná ʼn dooie muis glo in ʼn pak bevrore boontjies gevind is.
Jaaroorsig Deel 3: 2014 – Die jaar toe die aarde geskud het
Herman Toerien neem die nuusgebeure van die afgelope jaar in oënskou. In hierdie uitgawe bespreek hy die aanslag teen Afrikaans, die PUK-debakel en ‘n paar gebeure waarin moeder natuur haar rol vervul het.
Video: Aanranding by Brits-hospitaal
Chantelle Dreyer van Brits in Noordwes is glo op Oukersdag by die staatshospitaal in Brits aangerand.
6000 kinders by Zuma se Nkandla-partytjie
Meer as 6 000 kinders en jongmense het pres. Jacob Zuma se onderwystrustpartytjie in Nkandla, KwaZulu-Natal bygewoon.
Geen beurtkrag verwag nie
Eskom het Maandag gesê die risiko vir beurtkrag is tans laag, aangesien talle bedrywe nog gesluit is vir die vakansie.
Ses verdrink in Rustenburg
Ses mense het in verskillende voorvalle in Rustenburg, Noordwes, verdrink.
Gedagte vir die dag: Die jaar wat verby is
Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is. (Ps 16:5, 11)
Video: Dansende hond in sy noppies
ʼn Video van ʼn hondjie wat baie opgewonde is om sy eienaar te sien, is baie gewild op YouTube – en hy gaan verseker jou ook laat glimlag!