Ken jy dié oulike Afrikaanse woord? Lees vandag se Taaltoffie om meer te leer oor “snoepseltjie”.
Alles vir Vrydag 27 Maart 2015
Nuuskommentaar: Selfmoord-moorde van vlieëniers nie heeltemal onbekend
Die medevlieënier van Germanwings wat ‘n passasierstraler met 150 mense aan boord in die Franse Alpe laat val het, is nie die eerste vlieënier wat dit gedoen het nie. Daar rus ‘n onus op elkeen van ons om te let op mense om ons wat probleme ervaar dat dit reg, en sonder stigma, aangespreek kan word.
Despatch-man lieg glo oor roof by werkplek
ʼn 55-jarige man verskyn Vrydag in die Uitenhage-landdroshof in die Oos-Kaap nadat hy glo gelieg het oor ʼn onlangse rooftog by sy werkplek.
Foto’s: Tafelberg-praatjies
Een keer per jaar kan elke Suid-Afrikaner gratis opgaan met Tafelberg! Vier Marianne se verjaarsdag saam met haar op Tafelberg.
Luister: Hannes van Wyk praat oor pantomime en die KKNK
Hannes van Wyk sal van April af verantwoordelik wees vir die skep van programinhoud vir die Klein-Karoo Nasionale Kunstefees, asook die Klein Karoo Klassique.
Luister: Kenners gee wenke vir die voorbereiding vir ʼn hoenderskou
Ben Janse van Rensburg van die Vrystaat Pluimveeklub gesels oor die soort voorbereiding wat vir ‘n hoenderskou gedoen moet word.
Man doodgeskiet tydens ‘rooftog’
ʼn Man is deur die polisie doodgeskiet nadat hy glo betrap is waar hy skape in Schweizer-Reneke in Noordwes wou steel.
Vyf vas oor gesteelde motors
Drie mans en twee vroue is in Brits in Noordwes in hegtenis geneem nadat hulle glo twee motors in Rustenburg gesteel het.
Vrou (62) in huis vermoor
ʼn Bejaarde vrou is in haar huis in Lenasia, suid van Johannesburg, vermoor.
Gedagte vir die dag: Arresteer die indringer!
Laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. (Matt 6:10)