ʼn Bejaarde vrou van Dan Pienaar in Bloemfontein wat Saterdag in haar slaapkamer oorval en met ʼn hamer aangerand is, is steeds in ʼn kritieke toestand in die hospitaal.
Alles vir Maandag 29 Junie 2015
Drie vas ná kaping waarin polisieman sterf
Drie verdagtes sal na verwagting vandag in die Temba-landdroshof naby Hammanskraal verskyn op aanklag van moord, kaping en gewapende roof.
Man sterf ná kar trompop met bus bots
ʼn Man is Maandagoggend dood nadat die ligte voertuig waarin hy gery het, reg van voor teen ʼn bus naby Nelspruit gebots het.
Beurtkrag Maandag ʼn moontlikheid
Eskom het aangekondig dat die kragnetwerk moontlik Maandagaand tydens piektyd onder druk sal wees.
Nuuskommentaar: As kommissies eers struikel
Teen alle verwagting in het daar in baie kringe ʼn onverkwiklikheid oor die Marikana-verslag ontstaan. Dit lyk of die howe nou sal moet beslis of alle politici werklik met skoon hande daarvan afgekom het.
‘Bokverkragter’ uit hospitaal ontslaan
Die Gautengse man wat daarvan verdink word dat hy ʼn bokooi verkrag en doodgemaak het, sal vandeesweek die eerste keer in die Vereeniging-landdroshof verskyn nadat hy onlangs uit die hospitaal ontslaan is.
Die trotse geskiedenis van Pretoria se oudste leeskring
Mabel Malberbe het in 1912 die Afrikaans-Hollandse Leesunie in Pretoria gestig, en in 1940 het die Mabel Malherbe Leeskring ontstaan omdat die Leesunie nie meer lede kon aanvaar nie.
DA vra fonds vir Marikana-slagoffers se gesinne
Die DA wil wetgewing in die parlement deurvoer om te verseker dat die gesinne van diegene wat tydens die geweld by Lonmin se Marikana-myn dood is, vergoed word.
Stukkende trapreling en ongeluk eis agt in Kaapstad
Die polisie het ʼn geregtelike doodsondersoek geopen om te bepaal of enigiemand verantwoordelik gehou kan word vir die ineenstorting van die trapreling.
Oorsaak van twee SA mans se dood in VSA-hotel bekend
Die twee Suid-Afrikaanse mans wie se liggame verlede maand in verskillende kamers gevind is in ʼn hotel in Springfield, in die Amerikaanse deelstaat Missouri, se oorsaak van dood is bekend gemaak.
Gedagte vir die dag: Jý mag deel in God se heerlikheid!
God het julle hiertoe geroep deur die evangelie wat ons aan julle verkondig het, sodat julle deel kan kry aan die heerlikheid van ons Here Jesus Christus. (2 Tess 2:14)