Die reddingspan is omstreeks 20:00 na die strand by Summerstrand geroep nadat lede van die publiek glo noodfakkels oor die see gesien het.
Alles vir Vrydag 13 November 2015
Jasmin se moordenaar sit lank
Die vierjarige Jasmin Lee Pretorius se moordenaar en verkragter, haar oom, Sarel du Toit (25), is Vrydag in die hooggeregshof in Pretoria gevonnis.
Jasmin se moordenaar gevonnis: ‘Niks kan haar terugbring nie’
Die vierjarige Jasmin Lee Pretorius se moordenaar en verkragter, haar oom, Sarel du Toit (25), word Vrydag in die hooggeregshof in Pretoria gevonnis. Jasmin se ma, Sasha Bam, het intussen ʼn ope brief oor haar dogter op sosiale media gedeel.
Luister: Jou kultuurkoerant vir 16 tot 20 November 2015
Charlie Smidt van die FAK is terug om te gesels oor wat in jou kontrei op die kultuurfront gebeur.
Busbestuurder geskors oor gebede
Die Stad Kaapstad het gesê hulle het van die probleem bewus geraak nadat passasiers op sosiale media daaroor gekla het.
Vrou van ‘kinderslagter-pa’ staan borgtog teen
Die vrou van Lesiba Kekana (36), die pa van Limpopo wat daarvan beskuldig word dat hy sy vier seuns se kele afgesny het, het Donderdag in die rondgaande hof in Magatle, suid van Polokwane, sy borgtog teengestaan.
Woord: suisel
Gebruik jy nog die woord “suisel”? Taaltoffie stel ondersoek in.
Geheime tienpuntplan om universiteite te verwoes
“Kaders en kamerade,” sê die voorsitter amptelik voordat hy vervolg: “Ek het skokkende nuus.” Die kaders en kamerade spits hul ore en skuif tot op die punt van hul sagte stoele.
M1 tydelik gesluit vir reinigingseremonie
ʼn Gedeelte van die M1-snelweg naby die Grayston-afrit waar ʼn voetgangerbrug, wat nog in aanbou was, verlede maand ineengestort het, sal Vrydag vir ʼn kort rukkie gesluit wees vir ʼn reinigingseremonie.
Luister: Manie Jackson sê dankie vir die goeie én slegte in sy lewe
Manie Jackson voel hy het baie om voor dankbaar te wees. Selfs die slegter dinge wat in sy lewe gebeur het, want dit maak hom op die einde ʼn sterker mens.
Resensie: Die tyd is nou – Dewald Gouws
Soos wat ʼn mens met sy vorige albums al kon agterkom, is Dewald Gouws ʼn aanwins vir die Suid-Afrikaanse musiekbedryf, veral vir Christelike musiek. Hy het nie net ʼn baie goeie tenoorstem nie, sy boodskap is suiwer en hy sing beslis nie vir eersug nie, maar eerder omdat hy die Here met ʼn opregte hart wil loof en aanbid.
Taalbeleid by US: Só sê studentevereniging
Adam Tas, die studentevereniging vir die behoud van Afrikaans as onderrigtaal aan die Universiteit van Stellenbosch, het gesê Afrikaans is ‘n ‘geweldige, verraderlike hou toegedien’ by dié instansie.
Taalbeleid by US: ‘Streep in die sand getrek vir Afrikaans’
Die president van die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch het gesê die rektor se bestuurspan het met die jongste voorstelle oor taalbeleid by dié instansie ʼn “streep in die sand getrek”.
‘Taal mag nie toegang tot leergeleenthede beperk nie’ – US-bestuur
Volgens die Universiteit Stellenbosch is die status van die verklaring wat die bestuurspan van die rektor Donderdag oor taalbeleid en -implementering by die universiteit uitgereik het, dié van ʼn besprekingsdokument.
Lasbrief vir Ramaphosa oor Marikana-skietery
ʼn Lasbrief is op adjunkpresident Cyril Ramaphosa bedien wat spruit uit die Marikana-tragedie, het die presidensie bevestig.
Nigeriër in hof oor mensehandel
ʼn Man van Nigerië wat drie jaar lank ʼn voortvlugtige was, verskyn Vrydag in die streekshof in Oos-Londen in die Oos-Kaap op aanklag van mensehandel.
Gedagte vir die dag: God se langtermynbeplanning
My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here; soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes. (Jesaja 55:8-9)