‘n Hawelose man van Kaapstad se goeie daad het sy lewe handomkeer verander.
Alles vir Woensdag 18 November 2015
Sakeman deur rowers in hysbak aangehou
Lede van die polisie se taktiese reaksie-eenheid is Dinsdagmiddag na die 1 Sixty-gebou in Rosebank, Johannesburg, ontbied ná berigte dat ʼn sakeman in ʼn hysbak as gyselaar aangehou word.
Boek: Ek wens ek was… dink die meerkat
Wanneer daar skielik ʼn gevaarlike skaduwee te voorskyn kom, kruip die meerkat die vinnigste weg. Het dié klein vent maar geweet hoeveel hy daarvoor deur die ander diere bewonder word, sou hy van verassing bollemakiesie slaan!
Boek: Toe pappa klein was, was daar dinosourusse
Die skrywer neem die leser terug na prehistoriese tye waar die wêreld baie meer primitief en gevaarlik was. Groot illustrasies in waterverf en bruin potlood word telkens met ʼn gepaste skreeusnaakse kort sin vergesel.
Nuuskommentaar: Bruin man quo vadis?
Vandag se saak voor die grondwetlike hof waar Solidariteit namens bruin DKD-lede ’n erge onreg probeer regstel, handel oor veel meer as suiwer regsbeginsels. Benewens die feit dat die uitspraak moet voorkom dat die reg absurd word, neem dit ’n groot gemeenskap se reg tot volwaardige burgerskap, sosio-ekonomiese deelname, selfrespek en minderheidsregte onder die loep; ook met die doel om die ANC se blatante invoer van neo-apartheid in die bek te probeer ruk.
Wéér ʼn moontlikheid vir hewige donderstorms
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Woensdag gewaarsku dat daar ʼn moontlikheid is vir hewige donderstorms in vyf provinsies wat kan gepaard gaan met swaar reën asook hael en wind wat kan skade aanrig.
[Video] Wit Kasteel bou meer as net lugkastele
Wit kasteel is ʼn rockgroep van Pretoria met ʼn passie vir musiek. Dié groep se lede, Waldemar Behr, Clemond Dartnall and Reinhard Kruger, sê hoewel elkeen van hulle ʼn eie agtergrond in musiek het, werk hulle baie goed saam as ʼn groep.
Talle lyke by myn gevind
Elf lyke is by die Gold One-myn in Benoni aan die Oos-Rand gevind, het die Gautengse departement van gemeenskapsveiligheid gesê.
[Video] Regstellendeaksie-saak vandag in konstitusionele hof
ʼn Drie jaar lange hofgeding tussen Solidariteit en die departement van korrektiewe dienste (DKD), , wat as die grootste regstellendeaksie-saak nóg in Suid-Afrika beskou word, word Woensdag in die konstitusionele hof in Johannesburg aangehoor.
Geen borgtog vir pa wat glo seuns keelaf sny
Lesiba Kekana (36), die pa van Limpopo wat daarvan beskuldig word dat hy sy vier seuns se kele afgesny het, het Dinsdag in die rondgaande hof in Magatle, suid van Polokwane, verskyn.
Resep: Lamskerrie met klappermelk en vars gemmer
(Uit: Braaitreffers deur Hannetjie Joubert)
My Maandag in Atlantis
Dit was vroegdag op Blouberg se strand. Ek moes seker geweet het dat ’n spesiale dag op my wag, toe ek vroegoggend onverwags die bloedrooi maan deur die gastehuis se venster oor die see sien hang het.
Krejcir en kie hoor eers volgende jaar hul lot
Die Tsjeggiese voortvlugtige Radovan Krejcir en sy vyf medebeskuldigdes se vonnisoplegging is Dinsdag in die Johannesburgse hooggeregshof uitgestel tot 2016.
Het ons God verloën?
Terwyl Suid Afrika brand, verval witmense toenemend in selfbeskerming en selfbeskikking ten gunste van hulself en ten koste van Jesus se opdragte. Sy opdragte is om Sy dissipels te wees, om in liefde en eenheid te wandel, om nie te oordeel en veroordeel nie, om selfopofferend te leef, om sout en lig te wees, om versorgend en genesend op te tree, asook om dissipels te maak.
Jonah Lomu oorlede
Die Nieu-Seelandse rugbylegende Jonah Lomu is in die ouderdom van 40 oorlede.
Moord op Limpopo-wildboer: Nog vyf verdagtes in hof
Vyf van die ses persone wat in verband met die moord op Piet Venter (51), die wildboer van die Rooiberg-omgewing, in hegtenis geneem is, het Dinsdag in die Bela Bela-landdroshof in Limpopo verskyn.
Gedagte vir die dag: Jy het God nodig
Ek soek U, o God, my God, ek dors na U; ek smag na U soos in ’n dor en droë land, ’n land sonder water. U troue liefde is meer werd as die lewe; daarom sal ek U prys. (Psalm 63:2, 4)