ʼn Man is doodgeskiet en sy bejaarde ma verkrag tydens ʼn rooftog Maandag in Malvern in Johannesburg.
Alles vir Woensdag 9 Desember 2015
Vloedwater sleur kar mee; vier vermis
Vier mense word vermis nadat hulle voertuig naby Weenen in KwaZulu-Natal deur ʼn sterk stroom op ʼn laagwaterbrug meegesleur is.
[Foto’s] Derick en Karlien hou partytjie vir tweeling
Die gewilde Afrikaanse sangeres Karlien van Jaarsveld het foto’s van haar en Derick Hougaard se skattige tweeling se tweede verjaardagpartytjie op Facebook gedeel.
Gedig: Sproeireën
My nooi is in ʼn nartjie, my ouma in kaneel… Lees “Sproeireën” deur DJ Opperman (1914 – 1985)
Man gevonnis vir Bfn-tiener se gru-moord
Die man wat die 15-jarige Noeline Koekemoer op 7 April in haar ouerhuis in Bloemfontein wreed verkrag en vermoor het, is Dinsdag in die plaaslike hooggeregshof gevonnis.
Verdagte in hof vir moord op dosent
Die 29-jarige verdagte wat in hegtenis geneem is vir die moord op ʼn dosent van die Universiteit van Limpopo, verskyn Woensdag in die Mankweng-landdroshof in Limpopo.
[Video] TBF: Rina Nienaber se skreeusnaakse wenke vir die feesseisoen
Die veteraan aktrise Rina Nienaber stel voor dat jy hierdie Kersfees seker maak jy pos jou geskenkpakkies betyds. “Sodat die poskantoor dit betyds kan verloor,” vertel sy.
Begrond: Deel 3
Luister nou saam na die volgende voorlesing uit die boek ‘Begrond’.”Ek besef, as jy twyfel oor die toekoms – bou dit. As jy iets wil nalaat – plant dit. Hierdie is die begin van my storie. Ek is Faan Venter van Staan Op! se grond – in Afrika is ek geplant, in Christus is ek begrond.”
[Resep] Spoggerige pavlova
Die grootste geheim is om die suiker net bietjie vir bietjie by te voeg sodat dit fluweelglad in die meringue ingeklits word, anders gaan die meringue “nat trek en trane huil”, soos my ma altyd gesê het.
Nuuskommentaar: Trekpas vir Zuma om SA te red
Die gesiene ekonoom Dawie Roodt se stelling dat die vinnigste manier waarop Suid-Afrika uit die kake van rommelstatus kan ontsnap is om pres. Jacob Zuma te vervang, beteken die oproepe dat Zuma die trekpas moet kry het nou ’n nuwe vlak van noodsaak en gesofistikeerdheid bereik.
Resensie: ‘Vuurbestand’- Suzanne
Tot dusver het Suzanne nog nie heeltemal met haar musiek die hoogtes bereik waartoe sy in staat is nie, maar hierdie album is haar beste sover en daar is geen twyfel dat sy groot sukses daarmee gaan behaal nie.
Tien topwenke vir veilige vakansieritte
Vakansietye gaan dikwels gepaard met ʼn hoë aantal padongelukke, sê ER24-woordvoerder Pieter Rossouw. Daar is egter nuttige wenke wat bestuurders in gedagte kan hou wanneer hulle die langpad aandurf
Familie ‘gebroke’ ná Kaapstad-kunstenaar se moord
Die hof het gehoor hoe Rosemary Theron se suster net twee weke na haar begrafnis selfmoord gepleeg het.
Luister: Kansa verduidelik waarom verwerkte vleis ongesond is
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het onlangs amptelik verwerkte vleis as karsinogenies vir mense geklassifiseer. Verwerkte vleis word nou net so gevaarlik as tabakrook, asbes en lugbesoedeling beskou.
Nóg ʼn persoon in KZN deur weerlig doodgeslaan
ʼn Man is Dinsdag deur weerlig doodgeslaan naby Dundee in KwaZulu-Natal.
Kleuter van verdrinking gered
ʼn Vyfjarige kleuter is in ʼn ernstige toestand in ʼn Kaapstadse hospitaal nadat hy Dinsdagaand amper in ʼn openbare swembad verdrink het.
As ouers Eli word
Ons bekommer ons oor jeug wat grense verskuif, gesag uitdaag, anders optree en vreemd kyk na dissipline – lê die fout dalk in ons Eli-ouers? As ouers Eli word, is ons samelewing in ʼn gemors.
Gedagte vir die dag: Die wonder van God se teenwoordigheid
Mag God julle lewens met sy teenwoordigheid oorspoel sodat daar nie ’n stukkie van julle lewens is wat nie deur God se teenwoordigheid geraak word nie. (Efesiërs 3:19, Die Boodskap)