Pres. Jacob Zuma het Nhlanhla Nene, minister van finansies, Woensdag uit sy pos verwyder nadat die rand ʼn rekordlaagtepunt bereik het te midde van ʼn kredietafgradering.
Lees meerAlles vir Woensdag 9 Desember 2015
Trollienael help diere in nood
Twee joernaliste, twee kruidenierstrollies en twee minute. Dié kombinasie tesame met die Kersfeesgees van Centurion Lifestyle Centre se bestuur het Woensdagoggend gesorg dat die Tshwane-DBV in Pretoria ʼn ruim skenking van nagenoeg R5 000 se hondekos en ander broodnodige items kry.
Lugdienslisensiëringsraad sê oor Skywise
Die lugdienslisensiëringsraad (ASLC) het Woensdag met die bestuur van die laekostelugdiens Skywise vergader om die operasionele uitdagings wat die sukkelende lugdiens ervaar, te evalueer.
Stiefseun in hof vir Limpopo-dosent se moord
Die 29-jarige verdagte wat in hegtenis geneem is vir die moord op ʼn dosent van die Universiteit van Limpopo, het Woensdag in die hof verskyn.
Bozwana-moord: ‘Moordenaars’ beweer hulle is gemartel
Die twee mans wat van die moord op ʼn bekende sakeman van Noordwes, Wandile Bozwana, beskuldig word, het Woensdag in die hof beweer hulle is gemartel om skuld te beken.
Groot dwelmvonds op OR Tambo-lughawe
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Woensdag beslag gelê op 8.5kg kokaïen, met ʼn straatwaarde van R2.5 miljoen, op die OR Tambo-lughawe.
ToekomsVenster: Betekenis as God se verteenwoordiger
Stiltetyd saam met God nie iets wat jy moet doen omdat dit ‘n goeie ding is nie. dit is iets wat jy mag en kan doen wanneer jy ontdek jou lewe het geen betekenis sonder gemeenskap met Christus nie.
Vermiste pa se lyk in hotel gevind
ʼn Soektog na ʼn vermiste pa van Durban het tragies geëindig toe sy liggaam in ʼn hotelkamer in South Beach gevind is.
Man gevonnis ná hy en meisie haar ma vermoor
Kyle Maspero (20) is Woensdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof gevonnis vir die moord op Rosemary Theron, sy voormalige vriendin se ma.
Twee gevonnis ná plaasaanval: ‘Ons hoop dit bring vertroosting’
Twee berugte huisrowers is vandeesweek tot gesamentlik 40 jaar tronkstraf gevonnis in verband met ʼn plaasaanval verlede jaar op Groot Marico in Noordwes.
Honger spelers huil by agente oor vernedering
Die Oostelike Provinsie se rugbysirkus het in ʼn volskaalse tragedie ontaard. Die jongste toevoeging tot die rits hartseersake is rugby-agente wat nie betaal word nie, en spelers wat weens die wanbetaling letterlik moet bedel en selfs sekwestrasie in die gesig staar.
Durban-man vas vir kinderporno
ʼn Durbanse man is Woensdag in hegtenis geneem vir die besit en verspreiding van kinderpornografie.
Vermiste ‘rower’ in krokodil se maag gevind
Die soektog na ʼn vermeende rower in die VSA het op ʼn verbysterende wyse tot ʼn einde gekom toe sy oorskot in die maag van ʼn krokodil gevind is.
[Video] ‘Idees Vol Vrees’ se Kobus Galloway kuier by Maroela Media
Kobus Galloway, befaamde strokiesprentkunstenaar van Idees Vol Vrees, het onlangs by Maroela Media kom kuier om te gesels oor sy werk, die Kaap en ʼn nuwe boek.
Fonds gestig om boere te help
Agri SA het Woensdag aangekondig dat hy kragte met ʼn toonaangewende maatskappy gesnoer het om ʼn fonds te stig om boere by te staan in die huidige droogte wat as een van die ergste natuurrampe die afgelope 20 jaar beskou word.
Rowers slaan op bekende veiligheidsmaatskappy toe
Die bekende veiligheidsmaatskappy G4S se tak in Marble Hall is Woensdagoggend van ʼn onbekende bedrag geld beroof.
[Video] ‘Rooi waarskuwing’ vir Beijing weens rookmis
ʼn Rooi-waarskuwing is vir die eerste keer in die Chinese hoofstad, Beijing, weens digte rookmis afgekondig.
[Wen] Liewe Heksie en haar Blommeland-maats besoek Pretoria
Hierdie kompetisie is gesluit: Twee lesers kan elkeen ‘n gesinskaartjie (vier kaartjies) wen om Liewe Heksie in die Pierneefteater in Villieria op Saterdag 19 Desember om 10:00 te sien.
[Foto’s] Paramedikus help katjie red
ʼn Paramedikus van Rescue Care Paramedics het Maandagaand tydens sy aandskof gehelp om ʼn ongewone pasiëntjie uit ʼn moeilike situasie te red by ʼn kruising in Durban.
Het Mandela die revolusie ‘verraai’?
Vlak voor die tweede herdenking van wyle oudpres. Nelson Mandela se dood het die jonge heer Julius Malema in ’n toespraak in Londen ’n yslike klip in die hoenderhok gegooi. En sedertdien fladder die hoenders dat dit ’n narigheid is.