Anglo American plc het Donderdag aangekondig dat hy sy 83.33% aandeel in die Dartbrook-steenkoolmyn in Australië gaan verkoop vir A$50 miljoen (meer as R550 miljoen).
Alles vir die maand Desember 2015
Afrikaanse boeke wat jy moet lees: Die Groot Trek romans
Theresa Papenfus is van mening dat jy gerus ook van Hans du Plessis se eie boeke op jou Afrikaanse moet-lees- lysie kan sit.
Strand-walvis glo aan natuurlike oorsake dood
Edna Molewa, minister van omgewingsake, het Donderdag die span gelukgewens wat ʼn 13.5 meter lange walviskarkas van 25 ton van Strand in Kaapstad verwyder het.
Ongeluk met Mahlobo-blouligmotor ondersoek
Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag nadat ʼn man dood is in ʼn trompop botsing met die minister van staatsveiligheid se ampsmotor.
Stapper op Tafelberg gered
ʼn Stapper wat Donderdag ongeveer 10 meter ver geval het in die Gewelberge (Twaalf Apostels)-gebied naby Kampsbaai in Kaapstad, is in ʼn kritieke toestand.
Luister: Kyk verby die skitterliggies, vra Carike Keuzenkamp
Desember is ʼn tyd vir ʼn Christusfees, sê Carike Keuzenkamp. Sy hoop dat almal in Suid-Afrika vrede en vreugde sal ervaar.
Gedig: Somerkersfees
‘n Klankgreep van “Afrikaans Herlaai” se weergawe van “Somerkersfees” volg onderaan die gedig.
Begrond: Deel 15
Kom luister nou saam na deel 15 van die boek ‘Begrond’.
Gedagte vir die dag: Sien God raak met Kersfees
Josef moes vanaf die dorp Nasaret in Galilea na Judea gaan, na Betlehem, Dawid se tuisdorp. Hy het sy verloofde, Maria, wat swanger was, saamgeneem om te gaan registreer. Terwyl hulle daar was, het die tyd aangebreek dat haar kind gebore moes word. Sy het geboorte gegee aan haar eerste Kind, ’n seun. Sy het Hom in doeke toegedraai en Hom in ’n krip neergelê omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie. (Lukas 2:4-7, NLV)
[Video] Die Kersfees-avonture van Simon se kat
Enigiemand wat al ooit ʼn kat gehad het, of lief is vir katte, kan baie maklik identifiseer met die avonture in die strokiesprentreeks, “Simon’s Cat”.
ToekomsVenster: Simeon sterf nie voordat sy oë die Verlosser sien nie
Nuwe-Testamenties het ons reeds saam met Jesus gesterf toe Hy aan die kruis vasgenael is. God roep ons daarom veel eerder om vir Hom te lewe, noudat ons die verlossing beleef het.
VSA-wette vir leeujag in SA
Suid-Afrika se leeujagbedryf sal binnekort aan nuwe regulasies moet voldoen ná ʼn besluit deur die Amerikaanse regering om Afrika-leeus onder die Wet op Bedreigde Spesies te beskerm.
Een dood toe kar deur koffiewinkel bars
Een persoon is dood en vyf persone beseer toe ʼn motor deur ʼn Costa-koffiewinkel in Engeland gebars het.
Brande het Vrystaat-weiding vernietig
Die burgerlike organisasie Sanco het ʼn beroep op owerhede gedoen om boere in die Vrystaat by te staan nadat wegholveldbrand weiding in die Vrystaat vernietig het.
Geen vullisverwydering in Jhb op Kersdag nie
Stakende Pikitup-werkers het hul staking opgehef, maar gaan nie op Kersdag vullis verwyder in Johannesburg nie.
Nóg ʼn polisiebeampte sterf aan diens
ʼn Polisiebeampte en ʼn veiligheidswag is in Mbazwana in die noorde van KwaZulu-Natal dood toe hulle ʼn verdagte, wat in verband met ʼn reeks kapings gesoek word, gekonfronteer het.
Kleuter (4) in Kaapstad doodgeskiet
ʼn Vierjarige kleuter is Woensdagaand in Hanover Park in Kaapstad doodgeskiet.
[Video] Geseënde Kersfees-fliek: Vyf mense, een kitaar
ʼn Musiekvideo uit ʼn fliek waar vyf mense Kersfeesliedjies, waaronder “Feliz Navidad” met een kitaar sing, word weer wyd op sosiale media gedeel nadat dié fliek onlangs vrygestel is.
‘Dief’ vas ná skietery met polisie
Een persoon is in hegtenis geneem en ʼn paar verdagtes het te voet gevlug ná ʼn skietgeveg met die polisie in Westville, Durban.
Kokaïen in motor se stuurwiel versteek
ʼn Man sal na verwagting Donderdag in die Lephalale (Ellisras)-landdroshof in Limpopo verskyn nadat sakkies kokaïen glo in sy motor se stuurwiel versteek is.