Twee nuuspole van 2015 gaan ’n beduidende impak op 2016 hê, naamlik pres. Jacob Zuma wat wyd met die negatiewe geassosieer word, en die Solidariteit Beweging se Plan B wat wyd met ’n positiewe baken van hoop geassosieer word. Voeg hierby Oscar Pistorius se skuldigbevinding aan moord onder appèl, Steve Hofmeyr se uitsluiting van die KKNK sonder dat hy beplan het om deel te neem, die droogte, voortgesette plaasaanvalle, en ons het ’n propvol nuusjaar.
Alles vir die maand Desember 2015
Geen betaling vir onderwysers, eksaminators in KZN
Administratiewe probleme is glo die rede hoekom verskeie graad R-onderwysers in KwaZulu-Natal nie ʼn gedeelte van hul beloofde salarisverhogings ontvang het nie, het Muzi Mahlambi, woordvoerder van die onderwysdepartement, Woensdagoggend gesê.
Afrikaanse boeke wat jy moet lees: Los Donkies
Theresa Papenfus en Hans du Plessis gesels nou oor HS van Blerk se boek, Los Donkies. As jy nog nooit van die boek gehoor het nie, hoef jy nie alleen te voel nie.
Herverhoor van AbaThembu-koning van die hand gewys
Michael Masutha, minister van justisie, het Dinsdag ʼn aansoek deur die AbaThembu-koning Buyelekhaya Dalindyebo om sy verhoor te laat heropen, van die hand gewys.
IEB-matrieks haal 98,3% slaagsyfer
Matrikulante wat vanjaar die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) se eksamens geskryf het, het ʼn slaagsyfer van 98.3% behaal.
Luister: Hoe gemaak met geënte bome?
Kry ʼn mens iets soos ʼn palmroos of ʼn sierden? En hoe gemaak as ʼn roos-pappa en sy sierpalm-dogtertjie mekaar heeltyd verkeerd verstaan? Susan Lombaard het met Hettie gesels.
Begrond: Deel 18
Luister nou saam na die volgende voorlesing uit die boek ‘Begrond’.”Ek besef, as jy twyfel oor die toekoms – bou dit. As jy iets wil nalaat – plant dit. Hierdie is die begin van my storie. Ek is Faan Venter van Staan Op! se grond – in Afrika is ek geplant, in Christus is ek begrond.”
Luister: Die bemarking van ʼn spesialiteitskoffie
Lani Snyman bespreek ook volhoubaarheid in die koffiebedryf en vertel ons meer van die projekte wat daarop gerig is om om te sien na die mens en die natuur in dié bedryf.
Gedagte vir die dag: ’n Jaar saam met Jesus
’n Kind is vir ons gebore, ’n Seun is aan ons gegee. Hy sal die heerser wees met die koninklike titels: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. Sy heerskappy en vrede sal voortdurend uitbrei en nooit ophou nie. (Jesaja 9:5-6, NLV)
Oulap se rooi maak (Super)rugby mooi
`n Oulap se rooi maak mooi, lui die spreekwoord, en dis ewe waar wat rugby, en dalk veral Superrugby, betref.
Blouligongeluk: Gesin vergader nie met staatsveiligheidbeamptes
Herman van Schalkwyk (68) wat dood is in ʼn ongeluk met ʼn ampsmotor van die minister van staatsveiligheid, se gesin weier om met beamptes van sy departement te vergader nadat hulle regsadvies ingewin het.
Drie in hof oor polisiekaptein se moord
Drie mans wat in hegtenis geneem is in verband met polisiekaptein Kenneth Poortman se moord, sal tereg staan op ʼn reeks aanklagte waaronder moord, ontvoering, roof met verswarende omstandighede en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, het die Pretoriase landdroshof Dinsdag gesê.
ToekomsVenster: Sondebelydenis is terapeuties
Sondebelydenis is terapeuties. Dis ʼn geleentheid om afskeid te neem van die verkeerde dinge in jou lewe.
Man kritiek beseer toe motor rol
ʼn Bejaarde man is Dinsdagoggend tussen sy motor en ʼn muur in Umhlanga, KwaZulu-Natal vasgekeer.
Soektog na vermiste seuntjie eindig tragies
Die soektog na die vermiste Matthew Ryan Olivier is Dinsdag afgelas nadat sy liggaam in ʼn leivoor gevind is.
[Meeste gelees] Die top 10 video’s van 2015
Talle video’s het Maroela Media-lesers vanjaar in totale skok of verwondering gelaat. Sommige van dié video’s is wyd op sosiale media versprei. Hiermee die gewildste video’s wat in 2015 op Maroela Media verskyn het.
Toiletpapier: bo-oor of onderdeur?
Die debat duur voort: moet toiletpapier se los stukkie bo-oor of onderdeur hang? Volgens ʼn Amerikaanse sielkundige het jou keuse dalk iets oor jou persoonlikheid te sê.
Halfmiljoen op Durban-strande oor Kersfees
Byna ʼn halfmiljoen mense besoek Durban se strande oor Kerstyd, het Tozi Mthethwa, woordvoerder van die eThekwini munisipaliteit in KwaZulu-Natal, Maandagoggend gesê.
Vyf ontsnapte verdagtes gou weer vas
Vier van die verdagtes wat oor die naweek uit wettige aanhouding ontsnap het, het Maandag reeds in die Mmabatho-landdroshof in Noordwes verskyn.
Kaapstad vra skenkings ná IY-brande
Die stad Kaapstad het Maandag skenkings van klere, kos, meubels en toiletware vir slagoffers van brande in die informele nedersetting, Imizamo Yethu in Houtbaai, gevra.