Die ANC het Dinsdag gemaklik ʼn mosie van wantroue teen president Jacob Zuma in die parlement uitgestem.
Alles vir die maand Maart 2016
Eskom ontevrede oor Nersa-verhoging
Eskom het Dinsdag gesê die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) se besluit om elektrisiteitspryse met slegs 9,4% te verhoog, sal “bedryfsgevolge” vir die kragvoorsiener inhou.
EFF neem nie deel aan mosie van wantroue teen Zuma
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Dinsdag gesê hy gaan nie aan ʼn debat oor ʼn mosie van wantroue in president Jacob Zuma deelneem nie.
Telkom wil 6 000 poste teen einde 2016 sny
Die vakbond Solidariteit sê hy sal nie skroom om regsaksie teen Telkom te neem oor sy planne om sy werksmag teen die einde van 2016 met sowat 6 000 te sny nie.
ToekomsVenster: Dit gaan oor die liggaam
Jou gawe is nie joune nie. Jy het dit gekry om dit met die liggaam te deel. Miskien kom dit as ’n verrassing as ek vir jou sê: jy het ook die ander mense nodig! As jy geestelik en emosioneel gesond wil wees, hou op individualisties wees. Dien met die gawes wat God jou gegee het.
Onwettige aborsies: Saak hervat
Twee vroue wat daarvan beskuldig word dat hulle 25 onwettige aborsies uitgevoer en van die fetusse in ʼn vrieskas versteek het, sal na verwagting Vrydag in die Port Elizabeth-landdroshof om borgtog aansoek doen.
Nersa-aankondiging verwelkom
AfriSake het Dinsdag gesê die organisasie verwelkom die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) se aankondiging dat slegs ʼn algemene tariefverhoging van 9,4% in die elektrisiteitsprys toegelaat word.
[Foto’s] Die beste uitsig in ʼn borreltent
Het jy al ooit gewens jy kan in die aand buite onder die sterre slaap, maar die idee van muskiete en ander goggas laat jou telkens van plan verander?
DStv-gebruikers gaan meer opdok
MultiChoice het Dinsdag aangekondig die pryse van al sy DStv-pakkette word vanaf April verhoog.
[Foto’s] Dis net melktert waar jy kyk
Leerders van die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria het behoorlik aan melktert gesmul op Nasionale Melktertdag met meer as 600 melkterte wat die skool se leerders en ouers gebring het.
Kragprys gaan styg
Dit is ongelukkig geen April-gek grap nie: verbruikers kan hulself staal om van 1 April af meer vir elektrisiteit op te dok.
Saamstaan kan kampusgeweld stop
Sondag het iets egter gebeur wat ʼn onverwagse lig op die saak gewerp het. Die leiers van die ANC en Solidariteit het koppe bymekaargesit oor die gevaar dat die kampusgeweld die belangrikste Suid-Afrikaanse universiteite uitmekaar kan skeur. En … hulle het mekaar gevind!
Smul aan die Melktert-meester se resep!
Smul nou aan die lekkerste melktertresep – sopas deur Maroela Media aangewys as die beste vir 2016!
[Foto’s] Die vinnigste kar in die wêreld
Bugatti se nuwe Chiron is met sy 1 500 perdekrag, 16 silinder-enjin tans die vinnigste motor in die wêreld – dit kan joune wees, maar teen ʼn stywe bedrag.
Neil Sandilands maak deurbraak in Amerika
Die veelsydige akteur, Neil Sandilands, wat Los Angeles in 2014 sy permanente tuiste gemaak het, het onlangs ‘n internasionale deurbraak gemaak in die televisiebedryf.
Mafikeng-kampus heropen dán, sê NWU
Die Noordwes-Universiteit (NWU) het Dinsdag aangekondig wanneer sy Mafikeng-kampus sal heropen nadat ʼn plundertog deur betogers verlede week veroorsaak het dat die kampus noodgedwonge gesluit moes word.
Unisa-werkers staak weer
Kontrakwerkers van Unisa in Pretoria het Dinsdag opnuut begin staak oor ʼn loondispuut en die uitkontraktering van dienste.
Só hanteer jy gevoelens van teleurstelling as hoop faal
Menige Suid-Afrikaanse ouer se vrese rondom die toekoms lê juis by hul kinders: “Wat gaan van my kinders word?” Dit is ʼn geldige vraag. Donker wolke bedreig ʼn rooskleurige toekoms in Suid-Afrika. Sal ons kinders die teleurstelling kan hanteer?
Regstellende aksie: Reuse-regsaksie teen polisie
Die vakbond Solidariteit het Dinsdag gesê hy gaan eersdaags met ʼn reuse-regsproses teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) begin.
Watter kleur is die baadjie?
Nóg ʼn kledingstuk het sosialemediagebruikers in rep en roer: lyk die baadjie vir jou swart en goud of blou en wit?