“Dit is egter nie te betwyfel dat hy ʼn wonderwerk is nie.”
Alles vir Vrydag 22 April 2016
Anti-apartheidsaktivis nuwe OVK-hoof
Pres. Jacob Zuma het Vrydag die aanstelling van ʼn nuwe kommissaris vir die Onafhanklike Verkiesingskomissie (OVK) aangekondig.
[Luister] ‘Sneeuwitjie’ ʼn produksie vir die hele gesin
Die immergewilde verhaal van Sneeuwitjie is binnekort op die planke by Emperors Palace met Nádine in die rol van Sneeuwitjie en Reynard Slabbert as die prins.
Man gevonnis na ontvoering, moord op non
ʼn Man wat in Junie verlede jaar ʼn geliefde non van Mthatha in die Oos-Kaap, Suster Mary Paul Tacke, ontvoer en beroof het voordat sy later vermoor is, is Donderdag in die stad se hooggeregshof gevonnis.
‘Seksrabbi’ in hof: ‘Ek het nooit gevlug nie’
Die borgtogaansoek van die internasionale voorvlugtige rabbi, Eliezer Berland, het Vrydag in die Randburg-landdroshof voortgegaan.
Jy sterk verslaafdes in hul kwaad, wys dokumentêr
In “Bedwelmd” word met verslaafdes en gerehabiliteerde verslaafdes gesels om te hoor hoe hulle in dié web beland het. Elkeen vertel dat hulle hul verslawing aan die gang gehou het met die geld wat hulle van mense gekry het.
Boek: Olifant se vraag
Leen van den Berg Illustrasies deur Kaatje Vermeire Vertaal deur Shané Kleyn Soos elke jaar klim al die diere en skepsels teen die heuwel op vir ’n…
[Luister] Gretha Wiid gesels prontuit oor die huwelik in nuwe boek
Die verhoudingskenner en gewilde spreker, Gretha Wiid, het vandeesweek haar jongste boek in samewerking met Troukoors bekendgestel.
[Resep] Bloubessiemuffins
Gluten is ʼn proteïen wat voorkom in koring, rog, gars en hawermout. Om verskeie redes, onder meer geneties van aard, asook weens ʼn immuunreaksie en leefstylfaktore, word heelwat mense geraak deur glutenverwante siektes.
Roodepoort-kaping: Seun se herstel ‘ongelooflik’
Marilize Bright (34) en haar seun, Damian (7), se toestand verbeter daagliks waar hulle in onderskeie hospitale in Johannesburg behandel word, ná die mislukte kaping waarin hulle ernstig beseer is.
Woord: kannibaal
Die moderne betekenis van die woord “kannibaal” het niks met die oorspronklike te make nie. Taaltoffie stel ondersoek in.
Ou vlag, Malema en ape: Onnie ook weg by nuwe skool
Die Trompsburg Primêre Skool het bevestig ʼn onderwyser by dié skool, Leonard Mackay, se dienste is beëindig nadat die skool dreigemente ontvang het.
Nuuskommentaar: Zuma laat “molshope” berge word
Die uitslag van die Seriti-kommissie van ondersoek na die wapenskandaal sou vir net die mees oningeligtes enigsins as ʼn verrassing gekom het. Die lys van die regering se enorme moeite en koste om verdagte handelinge onder die mat in te vee, soos die Nkandla-kwessie, word net al hoe langer. Intussen broei nog een op die oog af, met die Menseregtekommissie wat nou moet verduidelik waarom nie een van die klagtes teen pres. Jacob Zuma afgehandel word nie.
Jay en Lianie doen dit weer
Jay en Lianie is terug met ’n splinternuwe opvolg-duetalbum getiteld Vir Liefde. Die CD is uitgereik deur Inhoud Huis Musiek, Johan Vorster se nuwe maatskappy. Die album is ’n tipiese opvolg van Jay en Lianie se eerste duetalbum Bonny en Clyde.
MRK moet sê oor klagtes teen Zuma
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) het nou dertig dae tyd om te antwoord op ʼn vraag oor wat van klagtes word wat teen onder meer pres. Jacob Zuma ingedien word, wat onder meer klagtes van beweerde haatspraak insluit.
Klipkouers: Jacques gesels met Cerita Nagy
Vandag gesels ek met Cerita, entrepreneur en eienaar van Cerita Nagy Dezigns. Sy het haar sakeonderneming ongeveer 16 jaar gelede geopen en is tans ook die nasionale president van die Suid-Afrikaanse raad vir sakevroue.
Resensie: ‘Hoofletters’ – Sorina
As jy na hierdie album luister, kom jy agter daar kan hoegenaamd geen twyfel meer oor Sorina se talent wees nie. Dit is beslis haar beste album tot dusver.
Wapentransaksie: ‘Nutteloos om verder te krap’
Die Seriti-kommissie sê in sy verslag oor die wapentransaksie dit sal nutteloos wees om verdere bewyse te soek wat tot strafregtelike klagte sal lei.
SA kan nie gratis universiteite bekostig
Die minister van hoër onderwys het gesê dit is onwaarskynlik dat universiteite in Suid-Afrika gratis opleiding kan verskaf.
Waarskuwing oor gevaarlike seetoestande aan kus
Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het mense versoek om uiters versigtig te wees die naweek weens gevaarlike seetoestande aan die kuslyn.