Gaan struggle-veteraan Ahmed Kathrada se begrafnis, waarvan pres. Jacob Zuma uitgesluit was, en die jongste Gordhan-debakel as katalisators dien wat uiteindelik tot die ANC se skeuring kan lei?
Alles vir Donderdag 30 Maart 2017
Vermiste man in slang gevind
Die slang is doodgemaak en oopgesny waarna hulle op die man se liggaam afgekom het.
Nog ʼn Ford-model herroep
“Die veiligheid van ons klante is ons eerste prioriteit.”
Ford SA se hoof teruggeroep na VSA
Jeffery Nemeth, die uitvoerende hoof van Ford SA, is laat Dinsdagmiddag na die VSA teruggeroep.
Vandag se sportnuus
Die Proteas is tans eerste, tweede en derde op die IKR se wêreldranglyste vir die verskillende formate van die spel. Op die Eendagranglys is SA eerste en op die T20-ranglys derde.
Tragedie op rugbyveld
ʼn Tienerseun is Woensdagmiddag tydens ʼn rugbyoefening dood.
Fanie Viljoen kry matrikulante weer aan die lees met “Onderwêreld”
Terwyl onderwyskenners en skrywers mekaar verlede jaar gepak het oor die geskiktheid van Fanie Viljoen se jeugroman Onderwêreld as voorgeskrewe leesboek vir gr. 12 Afrikaans Huistaal, lyk dit asof matrikulante die laaste woord oor dié boek het.
Vyf vas ná gewelddadige betogings, MP-skole afgebrand
Vyf mense is in hegtenis geneem in verband met gewelddadige diensleweringsbetogings wat reeds daartoe gelei het dat geboue by minstens twee skole in die Bosbokrand-omgewing van Mpumalanga aan die brand gesteek is.
Kaapstad-tiener met vuurwapen betrap
ʼn 18-jarige seun is Woensdag in Kaapstad in hegtenis geneem nadat ʼn ongelisensieerde vuurwapen in sy besit gevind is.
Ou spore maar nuwe weë
As jy vandag hier loop op die ou spore van ons voorouers, onthou dan voordat hulle hier by Majuba oorwin het, het hulle eers by Paardekraal teruggekeer na die Here toe. En toe hulle terugkeer na die ou spore wat hulle verlaat het, kon hulle nuwe weë baan, selfs teen die steil kranse uit.
Gedagte vir die dag: Maak dissipels vir Jesus
Gaan dan, maak al die nasies my dissipels, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees. Leer hulle om alles te gehoorsaam wat Ek aan julle opgedra het. En weet vir seker: Ek is vir altyd by julle, tot aan die einde van die wêreldgeskiedenis. (Matteus 28:19, 20)